Background Image
Previous Page  88 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 88 / 116 Next Page
Page Background

Die produksie word saam met ‘n span landboukundiges van GWK

beplan, gemonitor en bestuur. Watertoediening word beplan en

volgens behoeftes bestuur, bemesting word beplan en deur gereelde

blaarmonsters bestuur. Satellietbeelde word gereeld geneem en

ontleed om sodoende die produksie sinvol te kan monitor en ver-

anderinge aan te bring.

Na afloop van elke seisoen voorsien GWK aan die boerdery ‘n

dokument wat die meeste van die produksie-inligting bevat en wat

die boerdery met medeprodusente vergelyk. Hierdie inligting en die

swart boek se inligting vorm die basis vir die volgende seisoen se

beplanning.

Wisselbou

Wisselbou is ‘n baie belangrike komponent van hierdie boerdery,

wat aangewend word om die volhoubaarheid van die boerdery

te verseker. Lusern word aangeplant om die gewassiektes onder

beheer te kry en te hou.

Sodra die lusern na drie jaar vervang word, lewer die mielies on-

gelooflike opbrengste. Verder word die mielies ook met katoen,

grondbone, aartappels en sonneblom afgewissel. In die winter

word koring aangeplant, wat weer met ‘n somergewas opge-

volg word. Die beskikbare water bepaal hoeveel gewasse verbou

kan word.

Gerhard noem dat hulle alles in hul vermoë doen om effektiwiteit

en doeltreffendheid op die plaas te verhoog. Moeite word

gedoen om die kritiese take so effektief en doeltreffend moontlik

te doen.

Die toediening van water en bemestingstowwe word krities ge-

monitor en daar word seker gemaak dat die regte bemesting op

die regte dele van ‘n land toegedien word. Om goeie produksie te

verseker, is tydigheid ‘n vereiste en daarom doen die bestuur alles

in hul vermoë om te sorg dat alles op die regte tyd kan gebeur en

wel plaasvind.

‘n Goeie voorbeeld is die stroop van koring. Stropers word op ‘n

gereelde basis vervang. Die nuwe stroper arriveer voor die koring

gestroop moet word en die stroper wat verkoop moet word, sal

nadat die koring gestroop is, verkoop word.

Vloeibare bemestingstowwe word gebruik om die gewasse se

jaarlikse behoeftes te bevredig. Die mikro-elemente word baie

interessant bestuur. Volgens Gerhard word elke mikro-element

afsonderlik gemeng en dan deur die spilpunt toegedien. Gereelde

grondmonsters word getrek, ontleed en speel ‘n baie belangrike

rol in die beplanning van die boerdery.

Wat die bewerking betref, is ‘n direkte plant-planter aangeskaf en die

mielies word in 75 cm-rye teen ongeveer 95 000 plante per hektaar

geplant. Die grondbone word in 30 cm-rye geplant en die planter

plant net genoeg rye om by die uithalers te pas.

Die las-ry van die grondbone is ook ‘n bietjie wyer as die ander

rye. Die grond word voor die koringoes geplant word, ongeveer

500 mm diep met ‘n tandimplement bewerk. Na die koring word

die lande net so met ‘n direkte plant-planter geplant. Die grond

word egter voor die grondboonaanplanting goed bewerk sodat die

meeste stoppels onder die grond ingewerk word.

Winsgewendheid

Om volhoubaar te bly voortbestaan, is winsgewendheid ‘n ver-

eiste. Om net te produseer, sal nie noodwendig die skip op die water

hou nie. Prysbestuur is daarom van kardinale belang. Die boerdery

doen moeite om die gelykbreekprys vir die komende seisoen te

bereken en dié prys vorm die basis vanwaar die pryse bestuur word.

Ten einde gelukkig te wees, moet jy jou passie uitleef, aldus Vickie.

“Daar moet gereeld vir jou tyd wees om te droom en daardie droom

moet jy aktief najaag. Dit is ook belangrik dat jou ingesteldheid by

jou menswees pas. Jy is ‘n rentmeester met ‘n verantwoordelik-

heid teenoor die Skepper, jou gesin en jou werkers. So, doen alles

voluit en as jy kan 110%. Pasop om te stagneer. Bly aktief groei en

streef daarna om alles beter te doen,” sluit Vickie af.

Vir enige navrae oor hierdie artikel kan Vickie Bruwer by

082 896 0418 of Pietman Botha by 082 759 2991 gekontak word.

6a tot 6d: Arbeiders word die krediet gegee vir

innoverende beplanning en word betrek by die

meeste aspekte van die boerdery. Sodoende

word die arbeiders se kennis verbreed en ver-

troue ingeboesem. ‘n Paar geslagte van die

werkers se families is al werksaam op die plaas,

met die langste diensrekord wat reeds by

40 jaar draai.

GENADE BOERDERY

6a

6b

6d

6c

Maart 2016

86

OP PLAASVLAK

Bestuurspraktyke