Background Image
Previous Page  73 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 73 / 116 Next Page
Page Background

71

March 2016

OP PLAASVLAK

Bewaringslandbou

Onlangse studies wys egter dat tussen 46% (Swanepoel

et al

.,

2015), 50% (Du Preez, 2003) en 65% (Lobe

et al

., 2001) van

grondorganiese materiaal in Suid-Afrika se bewerkte gronde

verlore is. In gronde wat vir ongeveer 90 jaar bewerk is, is koolstof-

konsentrasies verlaag tot 34% van die konsentrasies in die natuur-

like grasveld (Lobe

et al

., 2001). Grondkoolstofvlakke het egter

steeds nie gestabiliseer nie as gevolg van die voortdurende verlies

van slikdeeltjies en grondorganiese materiaal, wat veral veroorsaak

word deur winderosie.

Wiggs en Holmes (2011) se studie van winderosie in die sentrale

Wes-Vrystaat toon dat die uiters kwesbare sandgronde, gekombi-

neer met hoë windspoed en kaal grond, uitermatige hoë vlakke

van grondverlies veroorsaak, veral vanaf September tot Oktober.

Dit is baie duidelik sigbaar in die stofstorms wat die gebied gereeld

teister en vanjaar selfs tot so onlangs soos in Januarie steeds ge-

woed het (sien

Foto 1

). Soos reeds genoem is, is hierdie winderosie

(stofstorms) geweldig skadelik vir die grond, omdat dit die mees

vrugbare deeltjies (slik en grondorganiese materiaal) verwyder en

verder bydra tot die afwaartse spiraal van grondagteruitgang.

Tipies sal geërodeerde grond (stof) drie maal meer voedingstow-

we en tot vyf keer meer grondorganiese materiaal bevat as grond

wat agterbly.

Erosie verlaag ook die diversiteit en hoeveelheid grondorganismes,

wat dus die algehele grondbiomassa en produktiwiteit verlaag en

uiteindelik ‘n wesenlike invloed het op die diversiteit van plante,

diere en mikrobes teenwoordig in die hele ekosisteem (Pimentel,

2006). Verder verlaag dit gewasopkoms en beskadig dit saailinge

wat produsente in baie gevalle noodsaak om oor te plant.

Dit hou ook ‘n gevaar in vir motoriste (as gevolg van swak sig)

(sien

Foto 2

) en hou gesondheidsgevare in vir mense en diere.

Gronddeeltjies wat oor lang afstande deur winderosie weggevoer

word, kan die draers wees van besoedeling, terwyl Griffin

et al

.

(2001) wys dat omtrent 20 menslik-aansteeklike siekte-organismes,

soos antraks (miltsiekte) en tuberkulose, maklik met gronddeeltjies

deur winderosie vervoer word.

Stof wat ingeasem word, kan ook die respiratoriese stelsel irriteer

en gepaardgaande skadelike stowwe kan die effek vererger.

Ten laaste dra erosie direk by tot aardverwarming deurdat CO

2

aan die atmosfeer vrygestel word wanneer groot hoeveelhede

grondorganiese materiaal aan die lug blootgestel word en oksideer.

In bogemelde verband is daar ‘n paar onrusbarende tendense wat

hierdie seisoen in die land waargeneem is. Eerstens het die intense

sandstorms omtrent oor die hele somersaaigebied voorgekom. In

baie gevalle is massiewe skade in kort periodes aangerig en word

beraam dat selfs honderde tonne grond per hektaar só verloor is

(sien

Foto 3

waar waaisand ‘n draadheining binne twee maande

bykans kan verberg). Tweedens dui Wiggs en Holmes (2011) se

navorsing daarop dat aardverwarming toenemend meer en sterker

winde, uitermatige hoë temperature en hewige donderstorms gaan

veroorsaak.

Lees in die volgende uitgawe Deel 2 oor bewaringslandbou – die

bondgenoot van die produsent, grond en klimaat.

Verwysings

Department of Environmental Affairs (DEA). 2015.

Strategic climate policy fund:

Improvement of the greenhouse gas emissions inventory for the agricultural sector

.

Document 1 of SCPF003.

Du Preez, CC. 2003.

Volhoubare landgebruik en grondkwaliteit: organiese materiaal

as indikator

. SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 22, no. 4. ISSN 0254-

3486.

Du Preez, CC, Van Huyssteen, CW and Mnkeni, PNS. 2011.

Land use and soil organic

matter in South Africa 2: A review on the influence of arable crop production.

S Afr J Sci. 107(5/6), Art. #358, 8 pages. doi:10.4102/sajs. v107i5/6.358.

Griffin, DW, Kellogg, CA and Shinn, EA. 2001.

Dust in the wind: Long range transport

of dust in the atmosphere and its implications for global public and ecosystem

health.

Glob. Change Hum. Health 2, 20 - 33.

Intergovernmental Panel on Climate Change (IPCC). 2014.

Fifth assessment report:

Climate change 2014 synthetic report

. Available at:

https://www.ipcc.ch/report/ar5/

(accessed 20 August 2015).

Jones, C. 2007.

Building soil carbon with yearlong green farming.

Evergreen

Farming Newsletter 08.

Lal, R, Negassa, W and Lorenz, K. 2015.

Carbon sequestration in soil.

Current

Opinion in Environmental Sustainability 15, 79 - 86.

Lobe, I, Amelung, W and Du Preez, CC. 2001.

Losses of carbon and nitrogen

with prolonged arable cropping from sandy soils of the South African Highveld.

European Journal of Soil Science 52, 93 - 101.

Pimentel, D. 2006.

Soil Erosion: A food and environmental threat

. Environment,

Development and Sustainability 8, 119 - 137.

Swanepoel CM, Van der Laan, M, Weepener, HL, Du Preez, CC and Annandale,

JG. 2015.

Review and meta-analysis of organic matter dynamics and associated

greenhouse gas emissions in cultivated soils in southern Africa.

Presentation at

the Sustainable Soil Management Symposium 5 - 6 November 2015: Stellenbosch,

South Africa.

Wiggs, G and Holmes, P. 2011.

Dynamic controls on wind erosion and dust

generation on west-central Free State agricultural land, South Africa.

Earth Surf.

Process. Landforms 36, 827 - 838.

Omgekrapte weerpatrone en verwoestende stofstorms

3: Draadheinings wat erg beskadig is deur winderosie.

Foto: Jannie de Villiers

3