Background Image
Previous Page  59 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 59 / 116 Next Page
Page Background

57

March 2016

uitbroei van die insekte, wat skemeraande

en snags aktief is en in groot getalle in laag-

liggende dele in vleie en rondom panne en

damme waargeneem word.

Gedurende die droër winter, vernaam-

lik in gebiede waar strawwe koue en ryp

voorkom, verdwyn die muggies en gevolg-

lik kom gevalle van perdesiekte nie voor nie,

totdat klimaatstoestande wat dit begunstig,

die volgende somer weer intree.

Anaplasmose toon gewoonlik ‘n sterk sei-

soenale voorkoms en uitbreke van die

siekte kom meer dikwels tydens die warmer

nat somer- en herfsmaande voor. Die hoër

voorkoms van die siekte hou verband met

die hoër voorkoms en aktiwiteit van bos-

luise en bloedsuiende vlieë gedurende

hierdie tydperk. Klimaat, veral reënval en

bosluisbeheermaatreëls (soos dip) sal dus

ook ‘n invloed op die voorkoms van anaplas-

mose in ‘n gebied se beeskuddes hê.

In langdurige droë toestande is daar ge-

woonlik ‘n afname in die kwaliteit (byvoor-

beeld voedingswaarde) en volume van gras

en ander ruvoer (en soms kragvoer) wat

die dier se immuniteit en kondisie ernstig

benadeel. Alhoewel baie van die siektetoe-

stande, soos reeds genoem, baie minder is

in droë toestande, is die probleem dat die

kos of voer wat die diere kry, te min is en die

kwaliteit daarvan swak is. Dit kan nadelige

gevolge vir die dier hê.

Lamsiekte

Die voorkoms van lamsiekte (botulisme)-

vergiftiging by beeste en skape kan ver-

meerder tydens droogtetye.

Gedurende droogtes verminder ou graswei-

ding se fosfaatinhoud en kan tot só ‘n mate

afneem dat beeste wat daarop wei, pika

(dringende lus om aan bene te kou, been-

honger of osteofagie) ontwikkel indien die

tekort nie met fosfaat in ‘n lek of in die water

aangevul word nie.

‘n Tekort aan fosfaat by diere word geken-

merk deur swak groei, algemene swakheid

van die bene, ‘n stywe gang en pika.

Sulke diere kou en lek ou bene van verrotte

karkasmateriaal van enige diere wat alreeds

gevrek het. Indien hierdie bene of karkasse

met die

Clostriduim botulinum

-bakterieë se

botulismegifstof (senuweegifstof/neurotok-

sien) besmet is en gesonde diere dit deur

die bek inneem, ontwikkel hulle lamsiekte.

Die bakterieë kan ook in ontbinde organiese

plantmateriaal (byvoorbeeld lusern) hulle

gifstof produseer. Botulismegifstof is een

van die giftigste en mees dodelike orga-

4: Afhangende van watter bestuurstelsel die melkprodusent het, kan melkbeeste se kondisie goed

wees gedurende droë tye.

Foto: T. Botha

5: Hierdie uiters swak kondisie van die vermaerde bees is as gevolg van ouderdom en nie die

heersende droogte nie.

6: Bloubosluise op ‘n bees. Hierdie bosluise dra die rooiwater en bosluisgedraagde galsiekte

parasiete oor. Met erge droogtes verlaag die voorkoms van hierdie siektes gewoonlik.

7: Gewoonlik is daar ‘n afname in die voorkoms van knopvelsiekte in droë tye.

8: Droogte is die oorsaak dat hierdie beeste so vermaer het.

9: Gedurende droë tye kan plantvergiftiging (byvoorbeeld gifblaar) baie vrektes veroorsaak as

daar nie goeie bestuur op die plaas is nie.

Foto: OVI

niese gifstowwe, indien nie dié giftigste op

aarde nie.

Lamsiekte kan doeltreffend deur jaarlikse

inenting voorkom en beheer word – dit is

die veeprodusent se versekeringspolis teen

die siekte. Indien hoendermis in die droogte

aan beeste gevoer word, moet diere verse-

ker teen lamsiekte ingeënt word, want die

botulismegifstof kan ook daarin voorkom.

Raadpleeg jou veearts oor die voorkoming

van lamsiekte en moontlike ander siektes

wat veral in droogtetye kan voorkom.

Die verskuiwing van diere wat nie teen

hartwater geïmmuniseer is nie na hartwa-

tergebiede weens ‘n tekort aan weiding, kan

erge vrektes veroorsaak. Dieselfde beginsel

geld vir rooiwater en bosluisoorgedraagde

galsiekte.

Die voorkoms van

lamsiekte (botulisme)-

vergiftiging by

beeste en skape kan

vermeerder tydens

droogtetye.

6

4

5

7

9

8