Background Image
Previous Page  58 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 58 / 116 Next Page
Page Background

FOKUS

Grondbone

Spesiale

56

Maart 2016

Dieregesondheid

Die effek van die droë toestande

op dieresiektes

JAN DU PREEZ,

besturende direkteur: Instituut van Lewendehawe Tegnologie

D

ie effek en voorkoms van sekere

belangrike dieresiektes gedurende

droë toestande word kortliks be-

spreek. Dit is belangrik om die

holistiese omstandighede en uitwerking

van droë toestande op dieresiektes met jou

veearts te bespreek.

Abnormale langdurige droë toestande kan

die voorkoms van sekere dieresiektes ver-

minder soos insekgedraagde virussiek-

tes (byvoorbeeld drie-dae-strywesiekte

by beeste; bloutong by skape, bokke en

beeste; slenkdalkoors by skape en beeste;

knopvelsiekte by beeste en perdesiekte).

Bosluisoordraagbare siektes soos rooiwater

(babesiose), bosluisoorgedraagde galsiekte

(anaplasmose) en hartwater se voorkoms

kan ook verminder in droë toestande. Die

voorkoms van vrotpootjie by vee asook

mastitis by melkbeeste toon meestal ‘n af-

name in droë toestande.

By voerkrale sal daar gewoonlik ‘n afname

wees in van die bogenoemde beessiek-

tes – en veral vrotpootjie. Gedurende droë

toestande is die reënval baie minder en die

gevolg daarvan is dat die voorkoms van

bosluise en insekte wat siektes oordra,

baie minder is. Siekteveroorsakende mi-

kroörganismes (byvoorbeeld bakterieë) se

voorkoms en verspreiding is ook minder in

droë toestande.

Voorkoms van siektes in

droë toestande

Drie-dae-stywesiekte het ‘n seisoenale

voorkoms. Dit kom veral gedurende die

somer (veral die tweede helfte van die

somer) en herfs (Maart tot Mei) voor.

Gevalle is al aangeteken waar dit gedurende

die winter voorgekom het.

Uitbreke van drie-dae-strywesiekte kom

gewoonlik met goeie, bogemiddelde reën-

val voor. Indien die reënval swak is, word

gewoonlik net sporadiese gevalle van drie-

dae-strywesiekte gesien. Die siekte ver-

dwyn gewoonlik na die eerste ryp. Hoe en

waar die virus oorwinter, is nog nie volledig

nagevors nie.

Bloutong is seisoensgebonde en kom in

die middelsomer en -herfs voor totdat die

eerste ryp val. Die bloutongvirus oorwinter

veral in beeste. Inheemse skaaprasse soos

die Namakwa-Afrikaner, swartkoppersie en

die karakoel, is minder vatbaar vir bloutong.

Europese skaaprasse soos die merino is

weer baie vatbaar.

Warm en vogtige weersomstandighede

bevorder die uitbroei van die

Culicoides

-

muggies (wat die bloutongvirus oordra)

in hulle natuurlike blyplek (habitat) – veral

laagliggende gebiede soos vleie, om panne,

damme en riviere.

Skape wat in sulke gebiede wei, se risiko om

bloutong te kry, is baie groot. In sekere dele

in Suid-Afrika waar strawwe ryp voorkom,

verdwyn bloutong tussen Junie en Desem-

ber. In langdurige droë tye is daar gewoonlik

‘n afname in die voorkoms van bloutong.

Knopvelsiekte kom gewoonlik gedurende

nat somer- en herfsmaande voor, by veral

diere wat in laagliggende en waterryke ge-

biede wei, maar uitbreke kan ook gedurende

‘n droë seisoen voorkom. Gewoonlik is daar

‘n afname in die voorkoms van knopvelsiek-

te in droë tye.

Slenkdalkoors kom gewoonlik in die laat-

somer voor as dit warm is en die lugvogtig-

heid hoog is as gevolg van baie reën. Die

muskiete wat slenkdalkoors oordra, broei

dan goed uit. Diere wat in die somer in laag-

liggende dele by panne, vleie en damme

wei, loop die grootste risiko om slenk-

dalkoors te kry, want muskiete is baie aktief

in daardie gebiede.

Hartwater kom heeljaar voor. Die voorkoms

wissel na gelang van die bosluisbevolking

en hulle aktiwiteit en is gevolglik minder

straf in die droër wintermaande. Die verskui-

wing van diere wat besmette bosluise dra

na of deur gebiede wat vry van hartwater is,

kan tot verliese onder vatbare vee lei, indien

hulle besmet raak deur bosluise wat van die

diere afgeval het.

Die bosluise oorleef egter selde langer as

een seisoen in ‘n gebied waar die klimaat nie

vir hulle geskik is nie. Erge droogte vermin-

der gewoonlik die voorkoms van dié siekte.

Rooiwater het dikwels ‘n duidelike seisoe-

nale voorkoms en uitbreke kom meer

dikwels gedurende die nat somer- en herfs-

maande voor. Met erge droogtes verlaag die

voorkoms van die siekte gewoonlik.

Die

Culicoides

-muggie dra die virus wat

perdesiekte veroorsaak, oor. Die siekte kom

hoofsaaklik in die laat nat somer en herfs,

wanneer muggies volop is, voor. Warm,

vogtige klimaatstoestande begunstig die

1: Die voorkoms van lamsiekte (botulisme)-

vergiftiging by beeste kan vermeerder tydens

droogtetye.

Foto: OVI

1

2: Mastitis is wêreldwyd die belangrikste siekte

by melkbeeste. Gewoonlik verlaag die voorkoms

van mastitis in droë tye by melkbeeste.

2

3: Die voorkoms van perdesiekte is minder in

droë tye.

Foto: OVI

3