Background Image
Previous Page  54 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 54 / 116 Next Page
Page Background

Cut losses with

PRECISION

Plant with

VISION

Process Monitor

for Air Seeders

‡

Area

‡

Speed

‡

Tacho up to 4 axles

‡

Alarm on each function

‡

Easy to install

‡

Bin / Tank full

‡

Bin / Tank empty

Proudly Made

in South Africa

Tel: 012 345 3193

Fax: 012 345 6763

Web:

www.electrolee.co.za

Email:

info@electrolee.co.za

Sales:

sales@electrolee.co.za

Planter Monitor

‡

Seed per 100m per row, seed population

‡

Hectares worked and much more

‡

Easy to install and maintain

‡

Fertiliser and turning of axles

‡

Can be applied to most planters

‡

Real tough, rust and water resistant

Maak jouself reg vir nuwe

saad-

“spelveranderinge”

FOKUS

Saad

Spesiale

E

lke produk gaan deur ‘n lewensiklus en maatskappye moet

sorg dat hulle voortdurend produkte in die pyplyn sit om hul

mark te behou en kliënte te diens.

Monsanto is een van dié maatskappye wat seker maak dat hulle

op die voorgrond van produkverbetering bly. “Ons is baie trots

op die nuwe Dekalb-kultivars wat ons vanjaar bekendstel, omdat

dit ‘n hele paar gapings vul wat ons in dié reeks gehad het,” het

mnr Gert Heyns (bemarkingsbestuurder: Saad en Biotegnologie,

Monsanto SA) tydens ‘n Monsanto-mediadag in November verlede

jaar gesê.

Die wêreld is vandag meer afhanklik as ooit van gewasse wat die

mens meer as 10 000 jaar terug veredel het. “Veredeling van die

plante en gewasse het belangrike tegnologiese vooruitgang ge-

bring. Tesame met veredeling het ‘n vermindering in genetiese

diversiteit gevolg, wat groot verbeterings bemoeilik het, maar deur

gevorderde teeltegnieke soos molekulêre teling en biotegnologie is

gewasverbeterings moontlik. Met 32 plantteelstasies wêreldwyd, is

Monsanto in die beste posisie om vordering te maak op hierdie

gebied,” het Heyns gesê. Monsanto het hul Dekalb-reeks verder ver-

beter deur die volgende nuwe 2016-“spelveranderinge” aan te bring:

Voorry: DKC74-74BR en DKC74-26R

Hierdie robuuste, hoë-opbrengsgeelmieliebasters is aanpasbaar

by ‘n wye reeks van droëlandtoestande. Dit beskik oor uitstekende

graankwaliteit en is baie sterk meerkoppig. As jy dit vergelyk met die

73-reeks, is hierdie ‘n korter groeier, wat jou die kans sal gee om vin-

niger in die mark te kom. Vinniger groeiers is korter op die land, dit

het minder water nodig, jou risiko is kleiner en die omset is vinniger.

Flanke: DKC71-44B en DKC71-42

Stabiele, meerkoppige, veelsydige kultivars wat oor die behendig-

heid en nodige uithouvermoë en spoed beskik. Dié basters is nie

noodwendig korter in groeiperiode nie, maar die tydperk vanaf ryp-

wording tot afdroging is kort. Daar is nog ‘n redelike groot segment in

die mark wat verkies om GMO-vrye mielies te produseer. Styselver-

werkers vir die uitvoermark benodig spesifiek hierdie produkte.

Senters: DKC68-58BR en DKC68-56R

Die “manne” sal vir jou “opbrengspunte” aanteken. Dié top-preste-

rende geelbasters pas in die medium- tot kortgroeiermark. Om jou

risiko te versprei tydens droë jare, is hierdie die ideale basters om

deel te maak van jou pakket.

Vleuels: DKC62-52BR en DKC64-54BR

Geen omdraaikans wanneer jy hierdie vinnige, enkelkop-geelbasters

plant nie. Met hul hoë-opbrengspotensiaal en uitstekende siektever-

draagsaamheid en graankwaliteit, is dié basters ideaal vir besproei-

ingsareas.

Skrumskakel: DKC63-53 (Witmielie)

‘n Vinnige, top-presterende witmieliebaster wat onder die regte

praktyke en omstandighede die beste in die mark sal kan aanvat.

Dit beskik oor spoed en behendigheid wanneer veral besproeiings-

produsente dit die nodigste het. Die biotegnologie-weergawe van

hierdie baster is nog in die pyplyn en sal in die toekoms in die mark

beskikbaar wees.

RUTH SCHULTZ,

SA Graan/Grain

medewerker

Graan SA

/

Sasol Base Chemicals fotokompetisie