Background Image
Previous Page  53 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 53 / 116 Next Page
Page Background

prosedure kan met potensiaalgebiede

aan weerskante van die gekose poten-

siaal gevolg word vir ‘n meer betrou-

bare keuse.

As produsent moet jy aan die einde van elke

seisoen ‘n baie belangrike besluit neem,

naamlik: Watter kultivars gaan die volgende

jaar geplant word? ‘n Korrek beplande kul-

tivarkeuse kan beslis ‘n belangrike bydrae

lewer om risiko te verminder en moet ‘n

belangrike onderdeel van ‘n produsent se

produksiebeplanning uitmaak.

Kultivarbeplanning

Kultivars verskil van mekaar in een of meer

van ‘n verskeidenheid eienskappe en elkeen

het dus ‘n eiesoortige aanpasbaarheid en

opbrengspotensiaal. Hierdie kultivarver-

skeidenheid stel alternatiewe beskikbaar

wat goed benut kan word en die volgende is

belangrike riglyne wat oorweeg moet word

by kultivarbeplanning:

Moet nooit ‘n staatmakerkultivar binne

een seisoen met ‘n nuwe of onbekende

kultivar vervang nie.

Kultivarverskeidenheid versprei risiko.

Plant ‘n reeks kultivars wat verskil in

groeiseisoenlengte en eienskappe.

Kultivars moet aanpas by ‘n spesifieke

opbrengspotensiaal, maar moet in staat

wees om hoërpotensiaaltoestande te

benut en ‘n aanvaarbare opbrengs by

laerpotensiaaltoestande te lewer. Kul-

tivars met ‘n wye aanpassingsvermoë

kan daarin ‘n rol speel.

Hersien kultivarkeuse jaarliks.

Die meerderheid van kultivars word jaarliks

onder leiding van mnr Thinus Prinsloo en sy

span by die LNR-IGG (met finansiële onder-

steuning van die Mielietrust) getoets om

die bogemelde eienskappe te kan bepaal.

Die verskillende saadmaatskappye doen

ook proewe om hierdie inligting te verkry.

Jy as produsent moet hierdie inligting by jou

verskaffer aanvra. Hulle sal jou vir seker kan

adviseer oor watter kultivar op watter poten-

siaal gronde aangeplant moet word.

Graan SA

/

Sasol Base Chemicals fotokompetisie

Kwaliteit en Diens

Hoofkantoor

+27 (0)33 417 1494 / 6

E-Pos

linkseed@linkseed.co.za www.linkseed.co.za

Verminder u Risiko, Plant LinkSeed Kultivars

*YieldGard ® en Roundup Ready ® is geregistreerde handelsmerke en gelisensieer deur Monsanto Tegnologie LLC

LS 6240 R*

LS 6146 R*

LS 6248 R*

LS 6261 R*

LS 6161 R*

LS 6164 R*

LS 6150 R*

LS 6466 R*

Navrae

Vir enige navrae oor die artikel, kontak

Pietman Botha by 082 759 2991 of

pietmanbotha@gmail.com.