Background Image
Previous Page  52 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 52 / 116 Next Page
Page Background

50

Maart 2016

FOKUS

Saad

Spesiale

Kies kultivars volgens grond

se potensiaal

P

resisieboerdery is ‘n beginsel wat al

algemeen in omgang en in gebruik

is. Die variasie van bemesting is

‘n algemene praktyk by sommige

produsente en daarom begin verskeie

produsente al kyk na die gebruik van ver-

skillende kultivars om die potensiaal van die

hulpbron te komplementeer en uit te brei.

Met die keuse van hierdie kultivars is dit

baie belangrik dat elke produsent presies

weet hoe om die kultivar te kies wat by elke

produksiepotensiaal sal pas.

Dit is ongelukkig só dat ‘n spesifieke kultivar

nie noodwendig die beste keuse vir beide

die laer- sowel as die hoërpotensiaalgronde

is nie. Dit sal soms sin maak om verskillende

kultivarpakkette aan te koop en op verskil-

lende potensiaal-gronde aan te plant.

Ten einde te kan besluit watter kultivars

waar geplant moet word, is daar inligting

by onder andere die LNR, saadmaatskappye

en talle ander instansies beskikbaar. Van

die inligting wat die besluit vergemaklik,

sal die oessekerheidswaardes by verskil-

lende potensiaaltoestande, die gemiddelde

opbrengste, die opbrengsgeneigdheid en

die opbrengsstabiliteit insluit. Hoe langer

‘n kultivar in die proewe is, hoe beter sal sy

inligting wees en hoe makliker kan hierdie

inligting geïnterpreteer word.

Indien jy nie presisieboerdery wil toepas

nie, kan hierdie inligting netsowel gebruik

word om kultivars vir jou boerdery te kies.

Dit is nie noodwendig dat die kultivar wat

die beste opbrengste in die studiegroep se

kultivarproewe gelewer het die beste vir jou

boerdery is nie. Dit is dus van kardinale

belang dat jy as produsent weet hoe om ‘n

kultivar vir jou boerdery te kies.

Oessekerheidswaardes

Die oessekerheidswaardes is ‘n afleiding

van die inligting wat deur die regressie-

grafiek van ‘n kultivar uitgebeeld word. Hier-

die oessekerheidswaardes word verkry van

die regressiegrafiek by ‘n 90%-waarskyn-

likheidspeil.

Dit beteken dat die oessekerheidswaardes

van ‘n kultivar by ‘n sekere potensiaal die

minimum opbrengs is wat daardie kultivar

in nege uit tien gevalle kan behaal. By die

berekening van oessekerheidswaardes (wat

in opbrengste aangedui word) moet die op-

brengsgeneigdheid, gemiddelde opbrengs

en stabiliteit ook in ag geneem word.

Die opbrengsgeneigdheid, wat die poten-

siaal van ‘n kultivar aandui, kan van die hel-

ling van die regressielyn wat die kultivar

uitbeeld, afgelei word. Indien die helling

groter as 1 is, dui dit op ‘n hoërpotensiaal-

kultivar; kleiner as 1 dui dit op ‘n laerpoten-

siaalkultivar, terwyl ‘n waarde naby of gelyk

aan 1 dui op ‘n wydaangepaste kultivar met

‘n regressielyn ewewydig aan die gemid-

delde lyn.

Opbrengsstabiliteit word deur die D

2

-waarde

aangedui. Hoe meer die D

2

-waarde neig na

nul, hoe meer stabiel en voorspelbaar is die

kultivar in terme van opbrengs. Hoe groter

die D

2

-waarde is, hoe meer sal opbrengs

tussen seisoene wissel.

In die oessekerheidstabelle in die

Mielie

-inligtingsgids

(MIG), wat jaarliks deur die

LNR-Instituut vir Graangewasse (LNR-IGG)

saamgestel is, word die volgende inlig-

ting verskaf:

Eerstens word die oessekerheids-

waardes by verskillende poten-

siaaltoestande aangetoon.

Tweedens volg die gemiddelde op-

brengs van die kultivar vir die stel

proewe wat gebruik is.

Dan volg die helling wat die opbrengs-

geneigdheid aandui.

Laastens volg die opbrengsstabiliteit

wat deur die D

2

-waarde aangedui word.

Indien die inligting in

Tabel 1

as voorbeeld

geneem word, dan is kultivar A die kultivar

met die hoogste gemiddelde opbrengs oor

al die proewe heen. As jou plaas 6 t/ha-

potensiaal het, sal dit wys wees om kultivar

A te kies. Maar as jou plaas ‘n 3 ton-poten-

siaal het, sal kultivar D dalk ‘n beter keuse

wees om aan te plant.

Keuse van kultivars

Die prosedure wat gevolg word vir die keuse

van kultivars, is kortliks soos volg:

Eerstens moet vasgestel word vir watter

opbrengspotensiaal aanbevelings ge-

maak word. Die produsent moet hom-

self vergewis van die potensiaal wat ter

sprake is.

Die tweede stap is om die oesseker-

heidstabel by die vasgestelde poten-

siaal te raadpleeg. Selekteer by die

gekose potensiaal daardie kultivars met

die hoogste oessekerheidswaardes.

Die kultivars met die hoogste waardes

behoort vir jou die beste kans op ‘n sta-

biele, suksesvolle opbrengs te verseker.

Indien verdere verfyning in die keuse

nodig is, kan die opbrengsgeneigdheid

en -stabiliteit gebruik word. Dieselfde

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

medewerker,

SAKKIE KOSTER,

Pioneer en

NICO BARNARD,

Pannar

KULTIVAR

3 TON

4 TON

5 TON

6 TON

GEMIDDELD HELLING

D

2

A

3,12

4,22

5,31

6,41

5,45

1,10

0,371

B

3,05

4,13

5,20

6,28

5,34

1,08

0,322

C

3,05

4,09

5,12

6,15

5,25

1,03

0,335

D

3,26

4,15

5,04

5,93

5,12

0,89

0,344

E

2,96

3,99

5,01

6,04

5,14

1,03

0,306

F

2,62

3,69

4,79

5,83

4,90

1,07

0,538

TABEL 1: OPBRENGSPOTENSIAAL VAN MIELIEKULTIVARS.