Background Image
Previous Page  50 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 50 / 116 Next Page
Page Background

Maart 2016

48

Benut grondvog effektief

met Japannese radys

O

m vandag genoeg voer vir vee te produseer, is nie maklik

nie. Gewasse wat grondvog goed kan benut, is verseker

‘n waardevolle wapen teen die heersende droogte. Die

verlies aan goeie gehalte en volume voer weens die on-

effektiewe benutting van grondvog, laat talle produsente met

gapings in hul voervloeiprogram. Daar is egter ‘n gewas wat be-

langrik is as dit kom by grondvogbenutting.

Japannese radys (

Raphanus sativus

) is ‘n knolgewas wat geen

bekendstelling nodig het nie en die reputasie as ‘n droogtever-

draagsame voergewas wat die toets van tyd goed geslaag het,

geniet. Japannese radys kan die gaping in enige voervloeiprogram

vul en kan met minder grondvog steeds goeie opbrengste lewer.

Hierdie wonder-knolgewas is geskik vir die koel, gematigde dele

van die land. Wat die gewas verder baie geskik maak om te plant,

is die feit dat dit geplant kan word vanaf laat Desember tot middel

Maart. Dit is gewoonlik die periode wanneer dit te vroeg is om

kleingrane te plant en amper te laat is vir sub-tropiese grasse.

Japannese radyse beskik oor die vermoë om laat somerreën te

benut en die beskikbare vog effektief om te skakel in hoogs voed-

same voer vir laat somer- en wintermaande. ‘n Droëmateriaalop-

brengs van soveel soos 10 t/ha kan deur die knolgewas behaal word.

Voedingswaarde

Japannese radyse kan vinniger, vergeleke met ander gewasse,

voer met hoë verteerbaarheid, energie en proteïene produseer.

Ruproteïene in radysblare wissel tussen 15% tot 25% en dié van

knolle tussen 9% tot 16%. Japannese radyse kan uitstekende ge-

wigstoename in vee meebring. Lammers wat Japannese radyse

gevoer word, kan tot en met 250 g per dag groei en jong beeste tot

soveel soos 1,2 kg per dag.

Weidingsbestuur van Japannese radyse

Japannese radyse sal binne tien tot 14 weke nadat dit gesaai word,

volgroeid wees. Let wel dat beweiding voor die tydperk nie aanbe-

veel word nie. Volgroeidheid word herken aan groot, bronskleurige

blare. Herhaaldelike beweiding kan veroorsaak dat goeie gehalte

weimateriaal verlore gaan.

Strookbeweiding met behulp van ‘n elektriese skuifbare heining

sal help om die gewas doeltreffend te bewei. Deur dié metode kan

ernstige vertrapping van knolle en weimateriaal ingeperk word. Dit

sal ook die beweeglikheid van vee beperk en die weimateriaal sal

meer eenvormig benut kan word. Strookbeweiding werk dikwels

baie goed vir melk- en vleisbeeste eerder as vir skape.

Ander voordele van Japannese radyse

Die radyse kan ‘n baie bruikbare element in weidingsverbete-

rings- en dekgewasverbouingsprogramme wees.

Dit kan onder andere ‘n manier wees om onkruid en nematodes

in lande en weidingstelsels te onderdruk.

Japannese radyse beskik oor die vermoë om ‘n redelike wortel-

kanaal in die grond te vorm, wat waterinfiltrasie aansienlik

verhoog.

Die radyse beskik ook die vermoë om stikstof te ontgin.

Organiese koolstof in die grond kan relatief vinnig verhoog word

deur die gewas te gebruik as ‘n dekgewas.

Agricol, wat die leier in voergewasse is, beveel die Japannese radys-

kultivar Nooitgedacht aan om produsente se voervloeiprogramme

hierdie seisoen aan te vul. Kontak gerus jou naaste agent.

Produk-inligting

WÈAN BENADIE,

landboukundige: Agricol

Voorgestelde saaidigtheid

3 - 5 kg/ha

Tyd tot eerste beweiding

12 - 14 weke

Beweiding

1

Potensiële droëmateriaal-

opbrengs

tot 10 t/ha

TABEL 1: ALGEMENE INLIGTING TEN OPSIGTE VAN JAPANNESE

RADYSE.

Japannese radyse in ‘n gevorderde stadium.

FOKUS

Saad

Spesiale