Background Image
Previous Page  47 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 47 / 116 Next Page
Page Background

45

Product information

March 2016

‘n Kykie na wintergraan- en kanolasaad-

pryse vir 2016

CORNÉ LOUW,

senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA

INSET

-oorsig

k

euse van kultivar is krities om produksierisiko tot ‘n mini-

mum te beperk. In die artikel word die jongste saadpryse

beskikbaar in die mark met produsente gedeel, sowel as

wenke om seker te maak die saad se kapasiteit word ten

volle benut. Dit is egter opvallend hoe min nuwe kultivars

in totaal die mark betree. Saad as produksie-inset vir win-

tergraanproduksie is nie noodwendig produsente se duurste inset

nie, maar dit kan wel moontlik die belangrikste inset wees. Die ko-

ringbedryf in Suid-Afrika is onder druk. Hektare onder koring, veral

in die noorde van die land, is besig om te kwyn en veral nuwe hoë-

opbrengskultivars is nodig om die bedryf weer kompeterend te kry.

Saadpryse

Graan SA het ‘n verskeidenheid van saad- en landboumaatskap-

pye genader om hul wintergraanpryslyste vir die 2016-seisoen in

SA Graan/Grain

te publiseer (

Tabel 1

tot

Tabel 8

). Koringsaadpryse

het sedert verlede jaar met gemiddeld 7% gestyg. Vir die noordelike

produksiegebiede het saadpryse met gemiddeld 2% gestyg, terwyl

pryse in die Wes-Kaap met 13% toegeneem het. Kanolasaadpryse

het gemiddeld met 7% teenoor verlede jaar toegeneem. Daar is kul-

tivars wat tot soveel soos 14% gedaal het, terwyl ander met 28%

gestyg het. Garssaadpryse het ook gemiddeld met 7% toegeneem.

Die inligting in Tabel 1 tot Tabel 8 neem nie kortings vir vroeë bestel-

lings en grootmaataankope in aanmerking nie. Dit is belangrik om

navrae aan die saadmaatskappye self te rig om te verseker dat die

beste moontlike prys beding word.

Kultivarkeuse

Belangrike riglyne wat gevolg behoort te word wanneer kultivarkeu-

ses uitgeoefen word, is die volgende:

Plant ‘n pakket van kultivars om risiko’s ten opsigte van agrono-

miese eienskappe, plaag- en siekteweerstand, valgetal en grade-

ring te versprei.

Moenie ‘n staatmaker-kultivar summier met ‘n nuwe en on-

bekende kultivar vervang nie. Plant die nuwe/onbekende kultivar

eers op ‘n kleiner skaal aan en maak seker dat dit aan persoonlike

vereistes voldoen.

Raadpleeg die LNR-Kleingraaninstituut (LNR-KGI) se handlei-

dings vir wintergraanverbouing en verseker dat die kultivar on-

afhanklik geëvalueer en volgens eienskappe wat op die plaas

belangrik is, presteer. (

Sien ook die invoegsel in die tydskrif

waarin die resultate van die nasionale kultivarevaluasieprogram

deur die LNR-KGI gepubliseer is.

)

Raadpleeg die betrokke kundiges indien inligting ontbreek of

onsekerheid bestaan.

Waak daarteen om ‘n ongetoetste kultivar aan te plant.

Saadkwaliteit is krities

Goeie kwaliteit saad verbeter die kans op die suksesvolle vestiging

van die gewas en ‘n goeie oes. Koringsaad kan in drie kategorieë

volgens kwaliteit verdeel word, naamlik:

Gesertifiseerde saad

Hoëkwaliteit saad waarvan belangrike eienskappe soos kiemkragtig-

heid en suiwerheid teen relatief streng norme deur saadmaatskap-

pye gewaarborg word.

Indien produsente probleme met gesertifiseerde saad ondervind,

kan ‘n saak aanhangig gemaak word wanneer ‘n eis ter sprake kom.

Die tipe saad word deur erkende saad- en landboumaatskappye

verskaf.

(

Lees ook die artikel op bladsy 14 oor gesertifiseerde saad.

)

KORINGKULTIVARS

2015

2016

%

PER 25 KG PER 25 KG VERANDERING

PAN 3118

390

415

6,4

PAN 3120

390

415

6,4

PAN 3368

380

415

9,2

PAN 3379

390

415

6,4

PAN 3471 (Galmano)

365

390

6,8

PAN 3478 (Galmano)

360

PAN 3161

390

415

6,4

PAN 3195

390

415

6,4

PAN 3400 (Galmano)

365

390

6,8

PAN 3497 (Galmano)

365

390

6,8

Gemiddeld

379

407

6,9

KORINGKULTIVARS

– BESPROEIING

2015

2016

%

PER 25 KG PER 25 KG VERANDERING

SST 835

280

330

17,9

SST 843

280

330

17,9

SST 806

280

330

17,9

SST 877

280

330

17,9

SST 884 (lisensie)

300

330

10,0

SST 875 (lisensie)

300

330

10,0

SST 895 (lisensie)

300

330

10,0

SST 866 (lisensie)

300

330

10,0

SST 867 (lisensie)

300

330

10,0

Gemiddeld

279

330

13,5

TABEL 1: PANNAR.

TABEL 2: VKB.

FOKUS

Saad

Spesiale

NOORDELIKE PRODUKSIEGEBIEDE