Background Image
Previous Page  45 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 45 / 116 Next Page
Page Background

43

Lees hier meer oor

verantwoordelike

plantriglyne.

Meer oor die

BeeCare-program.

Bydrae tot presisieboerdery

Die assosiasie met saadbehandelings en plantestand is ‘n kern-

element vir presisieboerdery. Daarom word die insekdoders soos

Poncho

®

Votivo (Reg. Nr. L 9363) met die polimeer Peridiam

®

EV26001

(Reg. Nr. L 8669 [Wet 36 van 1947]) aanbeveel.

Dit verseker dat die aktiewe bestanddeel beter aan die saad kleef

en vir die plant beskikbaar is om optimale beheer te verseker. Stof-

vlakke word verlaag, wat bydra tot die verbeterde plantbaarheid en

plantakkuraatheid van saad.

Die innovasie in die ontwikkeling van toedieningstegnologie maak

‘n groot bydrae om te verseker dat groot volumes saad meer

akkuraat behandel kan word. Dit is belangrik om te verseker dat elke

saad presies dieselfde behandel word.

Dit word nou as ‘n waardevolle diens deur die leidende saadmaat-

skappye gebied. In Suid-Afrika word die Gustafson “CBT Batch

Treaters” gebruik om dit te verseker.

Komplementering van bestaande genetiese

eienskappe

Die navorsingsfokus word al hoe wyer gestel om meer omvatten-

de oplossings wat saad komplementeer, te bied. As eienskappe

nie geneties beskikbaar is nie, kan dit deur saadbehandelings aan-

gevul word.

Voorbeelde hiervan is die geruik van swamdoders soos Galmano

(Reg. Nr. L 9363 [Wet 36 van 1947]) op kanola, wat swartstam

verminder. Die ontwikkeling van biologiese middels soos Bacillus

firmus, ‘n bestanddeel van Poncho Votivo (Reg. Nr. L 9250 [Wet 36

van 1947]), is ‘n voorbeeld hiervan.

Hierdie bakterieë ondersteun tradisionele chemie deur ‘n biologiese

sone om die wortel te produseer, wat mielies beskerm teen aal-

wurmaanvalle in die vroeë ontwikkelingstadium.

Daar word ook klem gelê op watter nuwe bydraes saadbehande-

ling aan die plant kan bied. ‘n Voorbeeld hiervan is die groei-

voordeel wat die Poncho-reeks het op mielies wat dikwels ‘n

opbrengsvoordeel tot gevolg het.

Om saam te vat is dit belangrik om te beklemtoon dat saadbehande-

ling ‘n unieke metode bied om teikenpeste en -plae te beheer

– wat saailingstand optimaliseer. Dit is krities dat die produkte se

effek op die omgewing geminimaliseer word deur die gebruik van

innovasies soos saadbedekkingspolimere en presisietoedienings-

gereedskap.

Galmano bevat fluquinazole (Reg. Nr. L 9363 [Wet 36 of 1947]) (skadelik).

Peridiam (Reg. Nr. 8669 [Wet 36 of 1947]) van Bayer is ‘n vloeibare konsentraat

saadbehandelingsbeskermingslaag.

Poncho Votivo (Reg. Nr. L 9363 [Wet 36 of 1947]) Bayer bevat Clothianidin en

Bacillus firmus (versigtig).

Maak op PANNAR se besproeiingsbasters staat

vir buitengewone resultate. Ons ondersteun

jou met nuttige boerdery oplossings en praktiese

advies vir optimale produksie. Gebruik ons

kundige advies tot jou voordeel.

® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2016 PANNAR BPK

2016/IMAIZE/A/05A

www.pannar.com infoserve@pannar.co.za

Saam boer ons

vir die toekoms

BESPROEIINGSBASTERS

BIED JOU ’N

HELPENDE HAND.

UITSONDERLIKEPRODUKTE

ENGEWASPAKKETTE

ULTRAMODERNE

NAVORSINGEN

ONTWIKKELINGSTEGNOLOGIE

GEWASVOORSORG

OPTIMALISEER

PRODUKSIE

GEWASBESKERMINGS-

BESTUURSPRAKTYKE