Background Image
Previous Page  44 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 44 / 116 Next Page
Page Background

Innovasie en tendense in

saadbehandeling

Maart 2016

42

S

aadbehandeling het ‘n lang geskiedenis sedert die gebruik

van plantresidu’s meer as 2000 v.C. Tans bied die ont-

wikkelings rondom saadbehandelingsprodukte, saadbe-

dekkings en toedieningstegnologie aan die produsent die

vermoë om ontkiemende saailinge met baie klein hoeveelhede

aktiewe bestanddele op ‘n hoogs geteikende metode te beskerm

teen insekte, swamme, aalwurms en ander omgewingsinvloede.

Terselfdertyd verminder dit die behoefte vir kapitaalintensiewe

spuittoerusting.

Daar is opwindende tendense in die saadbehandelingsgebied ge-

koppel aan beide produkinnovasie sowel as toedieningstegnologie.

Dit sluit in die verbeterde effek op die veiligheid van die mens, plant

en omgewing asook die komplementering van genetika sowel as

presisieboerderybestuurstegnieke.

Veiliger saadbehandelings

Wanneer saadbehandelingsprodukte ontwikkel word deur navor-

singsgebaseerde maatskappye soos Bayer, word daar deurgaans

gefokus op produkte wat die maksimum effek op die indikasie en

die minste moontlike effek op die omgewing, hetsy voordelige

organismes soos erdwurms en bye, het.

Daarom word rentmeesterskapprogramme soos Bayer se verant-

woordelike plantriglyne en die BeeCare-program ondersteun.

‘n Belangrike fokus is die bestuur van stof en daarom word insek-

doders met saadpolimeerbedekkings aanbeveel wat eerstens ver-

seker dat die aktiewe bestanddeel geteiken word waar dit nodig is

en tweedens die blootstelling aan die omgewing verminder word.

Terselfdertyd optimaliseer dit ook die plantproses in terme van die

vloeibaarheid van saad deur gereedskap omdat die wrywing wat

deur stof veroorsaak word, dramaties beperk word. ‘n 3% toename

in plantakkuraatheid kan behaal word met goeie stofbestuur.

Die derde kritiese aspek is die belangrikheid van saadveiligheid.

Baie navorsingsfokus word daarop geplaas om saadbehandelings-

produkte te ontwikkel wat nie ontkieming benadeel nie. Dit is ook

krities dat saadbehandelings nie nadelige effekte het waar saad

strestoestande soos koue ervaar of waar saad vir langer periodes

opgeberg word nie.

DIRK UYS,

Bayer

Saadbehandelingshoogtepunte

2000 v.C. Olyfresidu’s, uiesap en as word as oppervlakkige saad-

behandelings gebruik.

1660

Soutwater, koper en arseen is die nuutste ontwikkeling

in saadbehandeling.

1914

Bayer stel Uspulun op koring bekend.

1970

Die eerste triasool, Baytan, word bekendgestel vir

beide mielies en wintergrane.

1990

Gaucho word as insekdoder op mielies bekendgestel.

2010

Verskeidenheid swam- en insekmiddels word gekom-

plementeer met die nuutste toedieningstegnologie.

1: ‘n Voorbeeld van ‘n industriële saadbehandelingseenheid.

2: ‘n Voorbeeld van saadontkiemingskade (links) en veilige saadbehandeling (regs).

1

2

FOKUS

Saad

Spesiale

Produk-inligting