Background Image
Previous Page  38 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 38 / 116 Next Page
Page Background

Produk-inligting

Lusernplantpraktyke bepaal verbouingsukses

L

usern is die beste kwaliteit ruvoer wat beskikbaar is.

Ruvoerkwaliteit word bepaal deur drie faktore: Voeding-

stofsamestelling, voedingstofbeskikbaarheid en smaaklik-

heid (vrywillige inname deur diere).

Die vestiging van ‘n digte stand lusern vorm die basis van wins-

gewende voerproduksie. Dit is die hoofrede waarom produsente

hul lusern teen baie hoë saaidigthede

(>30kg/ha) plant.

Die gebruik van bestrykte teenoor skoon

saad moet ook in ag geneem word wanneer

lusern gevestig word. Bestrykte saad bevat

minder saad per kilogram en gevolglik word

dit teen ‘n laer digtheid gevestig – as die

kilogramme per hektaar dieselfde is.

Daar moet ten minste 270 saailinge/m² tot

320 saailinge/m² direk na vestiging wees om

as suksesvol beskou te word. Plante dun oor

tyd uit en ‘n minder digte stand se individu-

ele plante kompenseer daarvoor deur meer

spruite per plant te vorm. Spruitdigtheid

is ‘n beter aanduiding van die potensiaal

van ‘n stand op enige gegewe tyd. Spruitdigthede onder 420/m²

is te laag, maar onder goeie bestuur kan 35 gesonde plante/m² tot

45 gesonde plante/m² wel hierdie hoeveelheid spruite vorm,

alhoewel 65 plante/m² tot 75 plante/m² meer ideaal is.

Gesels gerus met jou Advance Seed-landboukundige vir meer

inligting oor lusernplant- en vestigingspraktyke.

DIRK COETZEE,

landboukundige: Advance Seed, Bloemfontein

Grafiek 1: Vestigingspraktyke speel ‘n groter rol in die uiteindelike standdigtheid wat behaal word,

as die hoeveelheid saad wat geplant word.

FOKUS

Saad

Spesiale