FOKUS
Saad
Spesiale
Geelmielie
-reekse
na weste uitgebrei
ESTIE DE VILLIERS,
redakteur:
SA Graan/Grain
A
s ‘n mens na die tendens in die verdeling tussen wit- en
geelmielies kyk, lê die vraag al meer aan die geel kant. Prys
en opbrengs, veral in die weste, veroorsaak egter dat meer
witmielies aldaar geplant word. Dit blyk dat produsente in
die weste sê dat hulle wel meer geelmielies sal plant as die opbrengs
van geelmielies onder droëlandtoestande by witmielies kan kers
vashou.
SA Graan/Grain
het vir ons fokus op saad-bylaag by DuPont
Pioneer, Monsanto en Pannar gaan aanklop om vir ons produsente ‘n
blik op die geelmieliekultivars van die toekoms te gee.
Is julle geelkultivars vir die weste nog reg?
Wat is die rede dat julle witmieliekultivars
beter in die weste vaar?
DuPont Pioneer
– Rikus Schoeman, bemarkingsbestuurder: DuPont Pioneer
Pioneer-basters word hoofsaaklik in Suid-Afrika ontwikkel vir Suid-
Afrikaanse omstandighede. Een suksesvolle kultivar verander die
totale persepsie van die beskikbaarheid van mededingende op-
sies teenoor witmieliebasters. Voorbeelde van basters wat tans
wyd aangeplant word, is P2432R en Phb 33H54BR. P2432R is on-
langs vrygestel en is absoluut kompeterend met witbasters in die
weste. Beide hierdie basters is uiters hitteverdraagsaam en gebruik
minder vog om meer graan te produseer. Die praktyk van produsen-
te om rywydtes in die afgelope sewe tot agt jaar nouer te maak,
maak nou juis die deur oop vir die benutting van kiemplasma van
verskeie droogtegeteisterde gebiede regoor die wêreld. Basters
met ‘n volwassenheidsindeks van 128 is tradisioneel beskou as die
beste groeiseisoenlengte vir die weste. Korter groeiseisoenbasters
wat steeds relatief meerkoppig is, word egter tans die kenmerk van
Pioneer in die weste. Daardeur word beperkte vog gebalanseer met
oorvloedige hitte-eenhede.
Monsanto
– Pieter Smit, produkbestuurder: Mielies, Monsanto SA
Tradisioneel was die weste hoofsaaklik ‘n witmielieproduksiege-
bied en sou tradisionele teelprogramme in die weste meer gefokus
gewees het op witmieliekultivarontwikkeling. Produsente het ‘n
persepsie dat witmieliekultivars ‘n hoër opbrengspotensiaal as
geelmieliekultivars in die weste het. Oor tyd is geelmieliekultivars
egter ontwikkel wat in die weste net so goed en selfs beter as wit-
mieliekultivars doen. Wat in gedagte gehou moet word, is dat al-
hoewel die opbrengspotensiaal opgesluit is in die genetika van ‘n
kultivar, daardie opbrengspotensiaal slegs deur die regte bestuurs-
praktyke te volg (byvoorbeeld rywydte, plantestand en bemesting),
ontsluit kan word. Dit wil daarom voorkom asof sommige geel-
mieliekultivars beter aangepas is vir die oostelike produksiege-
bied. Sou soortgelyke praktyke in die westelike gebied (volgens die
gebied se opbrengspotensiaal) gevolg word, behoort die geelmie-
liekultivars uitstekend te doen.
Pannar
– AK Geldenhuys, produklandboukundige: Vrystaat en Noordwes
Provinsie, Pannar
Vir baie jare was daar die persepsie dat geelmielies in die weste beter
presteer as witmielies en dat hulle beter bestand is teen droogtes.
Daar was sekerlik waarheid in die stellings, want dit was die erva-
ring van baie produsente. Daarom dat saadtelers daarop gefokus het
om die gaping te verklein of selfs om te keer en hulle het ook daarin
geslaag. Die resultate van die LNR vir die afgelope aantal jare in die
westelike produksiestreek toon dat witmielies gemiddeld beter pre-
steer. Dit beteken egter nie dat geelmielies nie ‘n plek in die weste
het nie. Onder besproeiing word geelmielies feitlik sonder uitson-
dering geplant bloot omdat witmielies in die toestande nog nie die
geelmielies se opbrengste kon troef nie. Die grootste dryfveer vir die
plant van witmielies in die weste is prysgedrewe. Indien daar prys-
verskille voorkom, was die witmielieprys gewoonlik hoër. Meule-
naars verkies ook die witmielies vanaf die weste vir die beter kwaliteit
as gevolg van die stadiger rypwording en dus beter graankwaliteit.
Indien die markneiging verander en daar ‘n behoefte ontstaan vir
die produksie van geelmielies in die weste, is daar geen rede waar-
om produsente nie geelmielies kan plant nie. Daar is op hierdie
stadium verwerkers van geelmielies wat produsente wat naby aan
die aanlegte geleë is, kontrakteer om geelmielies te plant en daardie
produsente is baie tevrede.
Wat is nuut in die pyplyn – nuwe geelmie-
liekultivars wat binne die volgende vyf jaar vir
die westelike droëlandgebiede vrygestel gaan
word?
DuPont Pioneer
Die Pioneer-pyplyn is vol nuwe kandidate. Etlike basters in ‘n finale
toetsstadium behoort die mark van volgende jaar af heeltemal te ver-
ander. Die geelbasters van die volgende vyf jaar gaan anders begin
lyk – net soos wat die geval was vir die oostelike produksiegebiede
in Suid-Afrika. Met die klem op effektiewe vogbenutting, aanpas-
baarheid en hitteverdraagsaamheid reeds in ons teelprogramme
ingewerk, kan verwag word dat nuwe kultivars gaan voortbou op
die sukses van kultivars soos P2432R. Die verhouding van kilogram
graan geproduseer per mm water gebruik, is een van die sterkste
eienskappe van die Pioneer-genepoel en veroorsaak dat produsente
uiteindelik meer graan as in die verlede vanaf vinniger kultivars oes.
Hierdie beginsel is universeel van toepassing vir beide die oostelike
en westelike produksiestreke. Só byvoorbeeld keer niks ons in be-
ginsel om genetika wat in Egipte getoets is te inkorporeer in plaaslike
basters nie. Uiteindelik moet die basters egter die toets in ons weste
kom slaag – vandaar Pioneer se uitbreiding van toetsfasiliteite, met ‘n
nuwe proefplaas wat sopas in die weste gevestig is. Die maatskappy
se filosofie dat die regte produk vir die regte hektaar beskikbaar moet
wees, beteken ook dat die westelike geelmieliemark gekwantifiseer
is en as afsonderlike telingskonsep die aandag kry wat dit verdien.
32
Maart 2016