Background Image
Previous Page  35 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 35 / 116 Next Page
Page Background

Product information

PLANT JOU SUKSES

®

Kontak ons gerus by:

011 790-8200

of

customercare.sa@monsanto.com www.monsanto.com www.facebook.com/MonsantoCo www.twitter.com/MonsantoCo

DEKALB

®

enMonsanto isgeregistreerdehandelsnamevanMonsantoTechnologyLLC.

MonsantoSuid-Afrika (Edms)Bpk,Posbus69933,Bryanston,2021.

... saam vorm jul

n vennootskap

van kennis wat sal sorg vir die regte

kultivarkeuse wat aan jou behoeftes

sal voldoen.

Met

DEKALB

® as deel van

jou boerdery is dit maklik om trots

te voel op dit wat jy doen. Boonop

weet jy dat Monsanto deurentyd

dáár is vir jou. Ons doen voortdurend

navorsing om ons reeds uitstekende

DEKALB

®-kultivars te verbeter sodat

ons mieliebasters ooreenkomstig jou

behoeftes kan lewer. Ons tegnologie

en navorsing, gerugsteun deur

professionele diens en advies, dra by

tot jou volgehoue sukses. Só oortref

ons jou verwagtinge keer op keer.

Witmielies

Nuwe kultivars

DKC76-61B

DKC63-53

DKC78-27

DKC78-87B

DKC78-83R

DKC78-79BR

DKC77-77BR

CRN3505

DKC78-35R

DKC77-85B GEN

DKC78-17B

DKC78-45BR GEN

Bestaande kultivars

uppemarketingA13602

Monsanto

Monsanto het baie sterk en gevorderde teel- en toetsprogramme

regoor die mielieproduksiegebiede in Suid-Afrika. Ons glo dat

slegs kultivars waarvan die opbrengspotensiaal en agronomiese

eienskappe beter is as beskikbare kultivars kommersieel vrygestel

behoort te word. Kultivars wat vrygestel word, moet ook stabiel

wees onder ‘n reeks van omgewings- en klimaatsomstandighede.

Die maatskappy is verheug om te bevestig dat daar die afgelope

seisoen nuwe geelmielieprodukte uit drie verskillende genetiese

families, wat vir die westelike produksiegebied geskik is, vryge-

stel is. Die kultivars sluit in: DKC71-42, DKC71-44B, DKC74-74BR,

DKC74-26R, DKC68-58BR en DKC68-56R. Die opbrengspotensiaal en

agronomiese eienskappe van die genetika is van so ‘n aard dat dit

baie goed sal kompeteer met witmieliekultivars in die weste. Ons

is ook baie opgewonde oor geel- en witkultivars in ons pyplyn wat

goeie en stabiele opbrengste in die weste sal lewer. Ons is vol moed

dat hierdie produkte binne die volgende paar seisoene kommersieel

beskikbaar kan wees.

Pannar

Navorsers in ons maatskappy is voortdurend besig met die ontwik-

keling van nuwe kultivars. Nuwe geelbasters in die Pannar-stal is die

volgende: PAN 4B-376B: Die nuwe geelbaster in die vinnige groei-

klas beskik oor die tweede generasie MON89034-stronkboorder-

weerstandsgene vir selfs beter beheer van stronkboorders. Dit is

soortgelyk aan PAN 4R-576R en PAN 4R-776BR. Dit is by uitstek ‘n

droëlandbaster wat goed in die produksiegebiede van die sentrale

Hoëveld, Oos-Vrystaat en die koel dele van KwaZulu-Natal aange-

pas is. Dit toon goeie weerstand teen

Phaeosphaeria

-blaarvlek. Dit

beskik oor goeie staanvermoë en toon geen sensitiwiteit teenoor

sulfonielureum nie. Die YieldBoost-swamdoderspuitprogram word

in gebiede waar blaarsiektes gewoonlik verwag word, aanbeveel

vir optimale produksie. PAN 5A-182: Die geelbaster in die medium-

vinnige groeiklas kan op droëland en onder besproeiing aangeplant

word. Dit is ‘n konvensionele baster wat goeie prestasie lewer en vir

al die produksiestreke goed aangepas is. In die Noordwes Provinsie

behoort aanplantings egter slegs op die hoëpotensiaalgronde plaas

te vind. PAN 6B-410B en PAN 6R-710BR: Die nuwe geelbasters in

die mediumgroeiklas beskik oor die tweede generasie MON89034-

stronkboorderweerstandsgene vir selfs beter beheer van stronk-

boorders. Die dubbelaksie van MON89034 behoort insekweerstand

in hierdie basters vir ‘n lang periode te ondersteun. Dit is uitstekend

aangepas vir die westelike gebiede en het goeie weerstand teen

roes en noordelike blaarskroei. Dit beskik oor goeie staanvermoë en

droogteverdraagsaamheid.

Slotsom

Dit wil blyk dat hoewel die weste hoofsaaklik as ‘n witmielieproduksie-

gebied beskou word, die saadmaatskappye wel oor die nodige geel

mieliekultivars beskik om ook hier goeie opbrengste af te haal.

Volgens saadmaatskappye is die grootste dryfveer vir die plant van

witmielies in die weste prysgedrewe. Indien daar prysverskille voor-

kom, was die witmielieprys gewoonlik hoër. Indien die markneiging

verander en daar ‘n behoefte ontstaan vir die produksie van geel-

mielies in die weste, is daar geen rede waarom produsente nie

geelmielies kan plant nie. Wat wel in gedagte gehou moet word

(soos wat Pieter Smit, Monsanto SA, dit ook tereg sê) is dat alhoewel

die opbrengspotensiaal opgesluit is in die genetika van ‘n kultivar,

daardie opbrengspotensiaal slegs deur die regte bestuurspraktyke

te volg, ontsluit kan word.