Background Image
Previous Page  36 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 36 / 116 Next Page
Page Background

FOKUS

Saad

Spesiale

Hoë temperature se invloed

op mielies tydens bestuiwing

LEONARD OBERHOLZER,

tegniese ontwikkelingsbestuurder: Monsanto SA

D

ie ongewone warm temperature wat die afgelope tyd

ondervind is saam met min of laat reën, het uiteenlopende

gevolge op mielieproduksie. Een aspek wat geraak word,

is bestuiwing.

Bestuiwing in mielies kan negatief beïnvloed word deur lang tyd-

perke van hoë temperature. Baie warm temperature het nie net ‘n

negatiewe uitwerking op die produksie van stuifmeel nie, maar ook

op die vrugbaarheid en vrystelling van stuifmeel.

Verder kan buitengewone hittetoestande ook baardvorming op die

koppe vertraag wat veroorsaak dat die stort van die stuifmeel en die

baardvorming nie gesinchroniseerd is nie.

Droogtestremming teenoor

hittestremming

Wanneer daar genoeg grondvog beskikbaar is, sal hittestremming

nie noodwendig groot skade by mielies veroorsaak nie, maar wan-

neer droogtestremming met hoë temperature gepaardgaan, sal ‘n

mens ‘n meer nadelige uitwerking op bestuiwing waarneem.

Die invloed van hoë temperature op die

vorming van baarde

Baardvorming moet aanhoudend en terselfdertyd plaasvind ter-

wyl die stuifmeel vrygestel word om goeie bestuiwing te verseker.

Baarde wat minder vatbaar raak vir stuifmeel en wat sterf tydens

bestuiwing, kan lei tot swak bestuiwing.

Wanneer die temperatuur bo 35

o

C is en die humiditeit laag is, kan dit

veroorsaak dat baarde vroeg doodgaan.

Baard groei teen ‘n tempo van 2,5 cm tot 4 cm per dag wanneer dit

begin verskyn totdat dit bestuif word. Warm weer vertraag nie die

tempo waarteen baard verleng nie, maar wel die hoeveelheid nuwe

baarde wat uit die kop se skutblare groei.

Swak bestuiwing is gewoonlik as gevolg van die baarde wat ophou

groei tydens hitte- en droogtestremmingstydperke, maar stuifmeel

wat steeds gestort word ongeag die groei van die baard. Wanneer

die baarde dan weer normaal begin groei (sodra daar weer genoeg

vog beskikbaar is), is daar dikwels nie meer stuifmeel beskikbaar nie.

Hitte se invloed op stuifmeelstorting

Stuifmeelstorting by mielies vind plaas wanneer daar gelyktydig ‘n

verhoging in temperatuur en ‘n verlaging in humiditeit is. Stuifmeel-

storting vind gewoonlik vroegoggend plaas, wanneer temperature

nie te warm is nie, met nog ‘n storting wat laatmiddag kan plaasvind,

wanneer dit weer koeler is.

Hoë humiditeit en temperature kan stuifmeelstorting dus negatief

beïnvloed en by temperature bo 30

o

C kan die hoeveelheid stuifmeel

wat gestort word, verminder.

‘n Enkele pluim kan vir ‘n week lank stuifmeel stort, met die meeste

stuifmeel wat binne twee tot drie dae gestort word. Stuifmeelstor-

ting kan deur hoë temperature en droë weer versnel word. Wan-

neer warm weer ‘n paar dae voor en gedurende stuifmeelstorting

voorkom, word die stuifmeelproduksie van die plant verminder.

Stuifmeel word aanhoudend uit die stuifmeelsakkies vrygestel soos

wat hulle ryp word, totdat al die stuifmeel vrygestel is. Die stuifmeel

het ‘n baie dun buitenste membraan wat veroorsaak dat dit slegs ‘n

kort tyd aan die lewe kan bly.

1: Nuwe baardontwikkeling.

2: Baarde wat aanhou groei as gevolg van ‘n stuifmeeltekort.

3: Blaarontwikkeling by ‘n mieliekop.

4: Stuifmeel.

5: ‘n Baard by ‘n mieliekop.

6: Stuifmeel aan die pluime.

7: ‘n Stuifmeelstortende pluim.

8: Swak bestuiwing as gevolg van droogtestremming.

1

2

5

3

4

Maart 2016

34