Background Image
Previous Page  37 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 37 / 116 Next Page
Page Background

HANS LOMBARD,

namens Monsanto

Die unieke agt-ry Almaco-presisieplanter wat deur Monsanto ingevoer

is om mielieproewe vinniger en akkurater te plant. Dié planter is enig in

sy soort in Afrika.

Foto: Hans Lombard

Onder gunstige omstandighede bly die stuifmeelkorrels gewoonlik

tussen 18 en 24 uur lewendig. Daarteenoor kan die tydperk wat die

stuifmeel bly leef, verkort tot ‘n paar uur wanneer die temperatuur

uitermatig hoog is. By temperature van bo 37

o

C kan die stuifmeel

uitdroog, wat daartoe sal lei dat bestuiwing ook nie plaasvind nie.

Opsommend

Pitvorming in die koppe kan swak wees wanneer baardvorming en

stuifmeelstorting nie terselfdertyd plaasvind nie. Dit gebeur meer

algemeen wanneer die plante tegelyk hitte- en droogtestremming

ervaar. Indien die plant egter genoeg vog tot sy beskikking het, kan

bestuiwing normaalweg plaasvind – selfs tydens hoë temperature.

Koeler nagtemperature, gunstige grondtoestande, voldoende vog

en basters waarvan die uitstoot van baarde en pluime goed gesin-

chroniseerd is, dra by tot goeie bestuiwing.

Bronne

How high temperatures and stress affect corn pollination.

Iowa State University.

http://www.agronext.iastate.edu

.

Schoper, JB.

et al

. Plant factors controlling seed set in maize

.

Plant Physiology

(1983) Vol. 83, p. 121 - 125.

Hoegemeyer, T. 2011.

How extended high heat disrupts corn pollination.

University

of Nebraska-Lincoln.

https://cropwatch.unl.edu.

Nielson, RL. 2010.

Tassel emergence and pollen shed

. Corn News Network. Purdue

University Extension.

Thomison, P.

Corn pollination – an overview

. The Ohio State University.

AGF-128-95.

6

7

8

Revolusionêre

nuwe mielieproewe-planter

‘n

Unieke revolusionêre agt-ry teg-

nologies-gevorderde presisie-

planter – die eerste van sy soort

in Suid-Afrika – is deur Monsanto

ingevoer om mielieproewe vinniger en ak-

kurater te plant om opbrengste te verhoog

en beter gehalte data te verkry.

Die projek is in Februarie 2011 geïnisieer

en finaal in Augustus 2014 geïmplemen-

teer met die aflewering van die planter. Die

Almaco-planter beskik oor gesofistikeerde

ingenieurswese-eienskappe en spog met

van die wêreld se voorste plantertegnolo-

gie. ‘n John Deere 8245R-trekker met outo-

matiese stuurfasiliteit is ook aangeskaf om

die planter te hanteer.

Die planter kan geprogrammeer word vir

die hantering van plantestand per hektaar,

tempo van bemestingtoediening, lengte van

plotte en rywydtes. “Plantestand per hek-

taar kan met plant verander word van 20 000

plante/ha na 130 000 plante/ha. Kunsmis-

bakke word elektronies beheer om te verse-

ker dat elke plantjie dieselfde hoeveelheid

kry. Tot vier verskillende toepassings kan

in een eksperimentele

plot hanteer word in-

dien nodig,” sê mnr

Mauritz

Lombaard

van Monsanto se

mielietelingspan.

Eksperimentele plotte

van verskeie lengtes

word in rywydtes van

75 cm, 91 cm, 1,5 m

of 2,3 m geplant, af-

hangende van die

neerslagvlakke

van

die betrokke area.

Die planter word deur

twee persone beman

wat bo-op die planter in stoele sit. Hulle

voer die plantbuise met vooraf-verpakte

saad in koeverte wat verskillende eksperi-

mentele basters bevat.

Elke plot word volgens GPS-koördinate

gekarteer. Dit word gestroop met spesiale

omgeboude New Holland-stropers om op-

brengsdata te versamel. Proewe word in

vyf provinsies deur geskoolde toetsspanne

geplant: Gauteng, Vrystaat, Mpumalanga,

Noordwes Provinsie en Noord-Kaap.

Alle proewe word op grond geplant wat van

kommersiële produsente gehuur word. Pro-

dusente speel ‘n kritieke rol in die gehalte

van die proewe. Proewe word aangepas

volgens die produsent se praktyke, be-

mestingsaanbevelings, insek- en onkruidbe-

heermaatreëls.

35

March 2016

Produk-inligting