Background Image
Previous Page  54 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 54 / 84 Next Page
Page Background

Oliesade: Gebruik tendense vir die

neem van bemarkingsbesluite

o

liesade word in Suid-Afrika beskou as ‘n goeie opsie vir

produsente in die somersaaig biede om hul prysrisiko

in die mark te versprei. Oliesade dien meestal as alter-

natief vir mielies en derhalwe word produsente se risiko

tussen die verskillende gewasse versprei – wat voordelig

kan wees vir die winsgewendheid van die boerdery.

Die oliesademark het die afgelope paar jaar ‘n positiewe groei ge-

toon en die produksiesyfers vir die seisoen lyk weer gunstig. Volgens

die Nasionale Oesskattingskomitee se derde produksieskatting van

somergrane vir die seisoen, word die sojaboon- en sonneblompro-

duksie op onderskeidelik 1,233 miljoen ton en 853 470 ton geskat.

Die verwagte oppervlakte gekoppel aan hierdie geskatte produk-

siesyfers is 573 950 ha vir sojabone en 635 750 ha vir sonneblomme.

Gegewe die hektare, is die verwagte gemiddelde opbrengste vir

hierdie twee gewasse vir die seisoen 2,15 t/ha en 1,34 t/ha onder-

skeidelik.

Hoe lyk die marksamestelling?

Sojabone en sonneblomsaad wat plaaslik verwerk word, gaan

meestal deur die olieperse waar die olie onttrek word. Hierdie olie

word hoofsaaklik vir industriële doeleindes en as kookolie gebruik.

Die byproduk wat verkry word wanneer die oliesade gepers word,

is sojaboon- en sonneblomoliekoek. Dit word hoofsaaklik in die vee-

voermark opgeneem en dien as ‘n proteïenbron in voerrantsoene.

Die mark verder af in die ketting gebruik dus hierdie twee hoof-

produkte afkomstig uit oliesade. Hierdie produkte speel ook ‘n

belangrike rol in die prysvorming van die primêre kommoditeit.

Oor die algemeen verhandel die pryse in die Suid-Afrikaanse land-

boukommoditeitsmarkte tussen ‘n in- en ‘n uitvoerpariteitsprys.

Die pariteitspryse is internasionaal-vergelykende pryse, wat ‘n aan-

duiding gee van wat die plaaslike pryse min of meer sal wees in

situasies waar daar ‘n tekort en/of oorskot in die plaaslike mark is.

Wanneer daar in die plaaslike mark ‘n tekort aan ‘n produk is, sal die

pryse nader aan die invoerpariteitsprys verhandel. Tydens tye van

oorskot sal die pryse nader aan die uitvoerpariteitspryse verhandel.

Die oliesademark het egter ‘n derde komponent, wat grootliks deel

van die prysstrukture vorm. Hierdie komponent word die afge-

leide prys genoem. Die afgeleide prys verwys na die prys om die

produkte wat van die persproses van die oliesade afkomstig is (met

ander woorde die olie en die oliekoek), apart in te voer.

Hierdie prys word grootliks deur die internasionale kommoditeits-

pryse, die internasionale olie- en oliekoekprys en die wisselkoers

bepaal. In tye wanneer die plaaslike prys sterk bo die afgeleide prys

verhandel, sal dit goedkoper wees om die olie en die oliekoek apart

in te voer as om dit plaaslik te pers.

Dit sal veroorsaak dat die persaktiwiteit plaaslik (hoeveelheid ge-

pers plaaslik) sal daal. Die daling in die persaktiwiteit kan die plaas-

like pryse negatief beïnvloed. Die vraag na die kommoditeit sal

effens afneem en die plaaslike pryse behoort weer nader aan die

afgeleide pryse te verhandel.

Wanneer die plaaslike pryse laer as die afgeleide pryse verhandel,

is dit vir die verwerkers meer winsgewend om die kommoditeite

plaaslik te verwerk. Persaktiwiteite neig om weer toe te neem tydens

hierdie tydperk. Dit kan dien as ‘n ondersteunende faktor vir die

plaaslike kommoditeitsprys, met die verwagting dat die vraag na

oliesade moontlik kan toeneem met die hoër persaktiwiteit.

Vraag en aanbod bly egter die hoofbepaler van die pryse en speel

ook ‘n groot rol in hoeveel persaktiwiteit plaasvind.

Bemarkingsoorwegings

Die bemarking van oliesade speel ‘n belangrike rol in die winsge-

wendheid daarvan met dié dat oliesaadpryse in sommige gevalle

uiters volatiel is. Dit is egter belangrik om die seisoenale prysbewe-

gings in ag te neem wanneer bemarkingsbesluite geneem word.

Grafiek 1

en

Grafiek 2

toon die seisoenale Safex-spotprysbewe-

gings, sowel as die afgeleide prys en die prys vir die pers van soja-

bone en sonneblomsaad onderskeidelik. Die seisoenale indekse is

‘n aanduiding van die moontlikheid dat die maandelikse gemiddel-

de syfer (prys en/of pers) hoër of laer as die gemiddelde syfer

van die tipiese normale jaar sal wees. Die seisoenale indekse is ‘n

goeie aanduiding van die siklisiteit in die mark en hoe die verskil-

lende komponente teenoor mekaar reageer.

Uit Grafiek 1 kan ons aflei dat die sojaboonprys oor die algemeen

gedurende Maart, April en Mei teen die laagste vlakke verhandel,

vanwaar dit weer ondersteuning begin vind. Dit is gewoonlik ook

wanneer die plaaslike pryse laer as die jaarlikse gemiddelde en

afgeleide pryse verhandel. Die persaktiwiteit is ook aansienlik hoër

as die jaarlikse gemiddeld gedurende hierdie tydperk.

Sodra die mark weer ondersteuning begin vind en die pryse weer

sterker verhandel en bo die jaarlikse gemiddelde en afgeleide prys

inbeweeg, neig die persaktiwiteit om laer te wees.

LUAN VAN DER WALT,

landbou-ekonoom: Graan SA

GRAANMARK

-oorsig

– 10 Mei 2017

OP PLAASVLAK

Junie 2017

52