

Junie 2015
30
Rovic Leers aan die voorpunt
met die mees gevorderde
landbou-implemente
R
ovic Leers is bekend daarvoor dat hulle by alle fasette van die
landbou betrokke is en dat hulle die produsent van vandag vir
elke seisoen van die jaar kan ondersteun met ‘n volledige reeks
implemente vir die produksie van winter- en somergewasse. Met
die reeks werktuie wat by die Graan SA NAMPO Oesdag ten toon
gestel is, was hierdie beginsel weer duidelik sigbaar.
Hierdie jaar is die nuutste grondbewerkingstoerusting aan NAMPO-
gangers vertoon. Kuhn (‘n Franse maatskappy) is die grootste ver-
vaardiger van landbou-implemente in die wêreld en Rovic Leers
het vanjaar hul Dominator, Excelerator en In-line-ripper bekend
gestel – ‘n groot trekpleister vir produsente wat hul produksiekoste
wil verminder en die optimale herwinning van materiaalreste
wil verkry.
Die volledige reeks Krone-balers (Bellima, Fortima, Comprima en
Big Pack) is ook onder andere op gefokus, wat al vir meer as 15 jaar
‘n groter as 30%-markaandeel in Suid-Afrika het. Verder is toerus-
ting vir hooimaak, plant, spuit, grondbewerking en die hantering van
materiaal, deur Rovic Leers uitgestal.
PROMOSIE-ARTIKEL
JURGEN VAN ONSELEN,
namens Rovic Leers
1: Carel Steyn (tegniese bestuurder: Rovic Leers), Pieter en
Tinus Burger (albei van Burger Boerdery, Hartswater) by
die Krone BigPack 1290 HDPXC. Dit is die enigste baler wat
baalgewigte kan produseer wat sodanig is dat lusern direk
in ‘n houer gelaai kan word en ‘n volle vragkapasiteit bied
vir uitvoer.
2: Willem Engelbrecht (Thabazimbi) by die Excelerator 8000.
Willem kyk spesifiek na die verstelbaarheid waar die invals-
hoek verander kan word om meer aggressief te werk.
3: Henk Kuperus (Nelspruit), Johannes Fourie (Groblers-
hoop), Wimpie du Preez (bemarker: Rovic Leers), Pieter van
Biljon (bemarker: Rovic Leers) en Rossouw Olivier (Prieska)
by die Rovic MP12R900/5300L 12-ry-mielieplanter. Hierdie
alles-in-een minimumbewerkingsplanter berei die grond
voor, kan bemesting plaas en plant.
4: Dimitriy Vakulenko (internasionale verkoopspesialis: Kuhn
Krause), Horst Kaiser (KwaZulu-Natal) en Erich Hillerman
(KwaZulu-Natal) by die Dominator 4850. Suid-Afrika se veel-
eisende kondisies vereis soms saadbedvoorbereiding waar
daar deur dik oesreste gesny moet word, die grond bewerk
moet word en die grond egalig gemaak moet word om die
beste moontlike oes te verseker. Die nuwe, allesomvattende
Kuhn Krause Dominator doen al hierdie goed tegelyk sodat
jy tyd spaar, jou opbrengste kan verhoog en ‘n goeie oes
kan verseker.
5: Johan, Marie-Louise en Jos Hoffman by die driepunt
Super 32 diep skeurploeg/ripper. Die implement is ongeveer
7,5 m breed met 15 tande. Die Super 25 het ‘n werksdiepte
van 650 mm, terwyl die Super 32 ‘n werksdiepte het van
800 mm. Die tande is gemonteer op dubbele bladvere met
‘n uitbreek van 1 500 kg.
6: Marius Moolman (Volksrust), Henry Morkel (logistieke
bestuurder: Rovic Leers) en Hans Moolman (Volksrust)
gesels oor laaigrawe om kuilvoer te hanteer. Rovic Leers
versprei die Quicke-reeks, wat ‘n goeie opsie blyk te wees
vir die Moolman’s se boerdery.
7: William Hendriks, Gielie Jacobsz en Mark Daugherty
(almal van Bergville, KwaZulu-Natal) by die Kuhn Knight
Prospread PS160. Hierdie masjien lewer ‘n egalige, konstante
vloei van droë, vloeibare materiaal van 12,2 m - 15,2 m.
8: Fanus le Roux (bemarker: Rovic Leers), John en Klaas
Eksteen en Carel Steyn by die 2 m driepunt gemonteerde
Kuhn-snyer. Hierdie nuwegenerasie-snyer van Kuhn het ‘n
unieke beskermingsisteem op die snybalk.
9: Rovic Leers het hierdie jaar by NAMPO die Kuhn
Dominator, Excelerator en In-line-ripper uitgestal.
André en Le Roy van der Merwe (albei van Ellisras) by die
Dominator 4850.
1
3
4
5
6
7
8
9
2