SA Graan Junie 2014 - page 75

Rusperbandewen veld
T
ien jaar gelede is geglo dat rusperbandtrekkers slegs
in die plat sandgrond van die Wes-Vrystaat wesenlike
voordele bo wieltrekkers bied. Vandag help Challenger-
rusperbandtrekkers produsente regdeur die land ommeer
doeltreffend temeganiseer enwinsgewender tewees.
Afgesien vandieWes-Vrystaat, loopChallenger-rusperbandtrekkers
nou feitlikoral – vandieNoordwesProvinsie,Mpumalanga, dieOos-
Vrystaat en KwaZulu-Natal tot in die Noord- en Suid-Kaap. Hulle
werk onder spilpunte, teen kontoere en skuinstes, inmodder en op
klipharde lande – en oral is die storie dieselfde: Ongeëwenaarde
produktiwiteit en brandstofekonomie en minder grondverdigting,
wat uiteindelik jouoesopbrengs verhoog.
Barloworld Agriculture, wat Challenger-trekkers, -stropers en
-selfaangedrewe spuite versprei, is verlede jaar geherstruktureer
vir groei. “As deel hiervanword Challenger noumet ‘n afsonderlike
fokus bemark en deur ‘n groter span ondersteun,” sê mnr Willie
Stander, Challenger hoofbestuurder by BarloworldAgriculture. “Die
voordeel vir die eindgebruiker is beter ondersteuning; die voordeel
vir ons, is die lewendigegroei in verkope.”
Vier rusperbandmodelle van 261 kW tot 383 kW is beskikbaar.
Challenger is die enigste trekker in landbou wat spesiaal vir
rusperbande ontwerp is en sy gepatenteerde Mobil Trac-onderstel
verseker onoortreflike vastrapkrag en lae grondverdigting. Hul
hysvermoë van tot 14 ton is diehoogste in landbou.
Danksy die langer voetspoor en groter vastrapkrag as ‘n ooreen-
stemmende wieltrekker word heelwat meer krag na die grond
verplaas. Challenger-toetse toon ‘n toename in trekkrag van 10%
tot 20%. “As jy 1 000 uur werk, wen jy dus 100 tot 200 uur. Jy kan
wyer implemente sleep,metminder grondverdigtingen teen ‘nhoër
werkspoed, of dieselfde implement trek met minder moeite en ‘n
besparingopbrandstof,” aldusStander.
Wielglip
“Wieltrekkers onder vragwerk teen ‘nwielglip van tot 15% teenoor
dieChallengerse4% tot5% indieselfdeomstandighede,”sêStander.
Vir elkeduisenduur gewerk, sal ‘nwieltrekker dushonderduurméér
op eenplek staan endiesel verbrand sonder om regtig tewerk.
Ander voordele sluit in beter flottasie, die rygerief wanneer op
ongelyke lande of oor rye gewerk word, groter stabiliteit teen
skuinstes en die feit dat kraghop uitgeskakel word. Kraglewering
blydieselfdeondanks veranderings inwielglip enbanddruk hoef nie
gewysig tewordnie.
Die trekkers is toegerusmet rusperbande vir ekstreme toestande en
Stander meen dat Challenger-rusperbande, per hektaar gewerk, ‘n
leeftydvergelykbaarmetwielbande indieselfdeomstandighedegee.
Sirkels en skuinstes
Plaaslike ervaring toon dat rusperbandtrekkersmet groot sukses in
besproeiingsirkels aangewendword. Danksy ‘n unieke korrigerende
driepunt op sekeremodelle, tesamemet diegebruikvandie korrekte
implement en die regte instelling daarvan, bied Challengers ook
goeiebeheer oor driepunt-implemente teen skuinstes en kontoere.
Daar isChallenger-rusperbandtrekkerswat reeds tot 14000uur agter
die blad het. Vanweë hulle gewildheid is daar ‘n groot aanvraag vir
gebruikte Challengers, wat goeie nuus is as jy ná 14 000 uur jou
Challenger op ‘nnuwe eenwil inruil.
Virmeer inligting, kontak jounaasteChallenger-handelaar.
73
June 2014
OPPLAASVLAK
Werktuieen toerusting
Produk-inligting
ANITAVAN ZYL,
namens BarloworldAgriculture
Willie Stander (links) en Gary Halvorsen – onderskeidelik Challenger
hoofbestuurder en verkoopsbestuurder byBarloworldAgriculture.
1...,65,66,67,68,69,70,71,72,73,74 76,77,78,79,80,81,82,83,84
Powered by FlippingBook