SA Graan Junie 2014 - page 81

79
June 2014
Vuilspeler:Mercedes-BenzGLA
m
ercedes-Benz bemark hulle nuwe toevoeging tot
dieMercedes-Benz-stal, dieGLA, as ‘n kompakte,
sportiewenutsvoertuig (SNV).
‘n SNV word geassosieer met voertuie soos die
Prado, die Santa Fe, die Sportage en die Touareg
– almal voertuie wat hoog staan. Dit moet juis hoog wees omdat
dit vir rowwer padtoestande moet kan kans sien en darem op ‘n
sypaadjie sal kanparkeer as dieparkeergrondeom Loftus vol is.
DieGLAhet ‘ngrondvryhoogtevan185mm.Ditmagwel effenshoër
as die standaard passasiersvoertuig wees, maar nie hoog genoeg
om sommer rowwe paaie te hanteer nie. Dit beteken nie die ding
het nie meriete as ‘n kompakte stasiewa wat gemaklik gewone
grondpaaie kan kafdraf nie.
Diemotorvervaardigers vermy egter deesdae diewoord “stasiewa”
soos die plaag en het nuwe woorde vir ou konsepte uitgedink. Die
woord
estate
was nogal gewild, maar dit word ook deesdae opsy
geskuif. Nou word die benaming
multi purpose
vehicle
of te wel
“veeldoelvoertuig” al hoe meer gebruik en selfs
cross over
kom te
voorskyn.
Kyk byvoorbeeld na Audi se A4 Allroad en die Volvo V40 Cross
Country. Hulle is basies stasiewaens wat met ekstra beskerming
toegerus is om vlieënde klippertjies op ‘n grondpad se skade te
neutraliseer.Hierdiemodellehetgroterbuffersendiemodderskerms
is met dik plastieklae oorgetrek en die Audi Allroad is selfs met ‘n
vlekvryestaalplaat onder toegerus om syonderstel tebeskerm.
Dít is die klas waar die Mercedes Benz GLA hom eintlik bevind. ‘n
Stasiewa met al die gemak van ‘n passasiersmotor, maar wat ook
die vermoë het om redelike rowwe terrein te hanteer. Dit is nie ‘n
voertuig vir slote en rotsagtige terrein nie, maar sien wel kans vir
‘n matige tweespoor-veldpad. Die GLA is gebou om sterk te wees
en die geskud van ongelyke padoppervlaktes te weerstaan. Die
struktuur van die bakwerk is juis daarom versterk en vergelyk met
die gehardheid van duur SNV’s. Die GLA is 4,4m lank x 1,8mwyd
en 1,4 m hoog. Dit is kompak, maar nie klein nie. Die GLA is
beskikbaarmet ‘n keusevan: Tweevier-silinder 2143ccdiesel-enjins
(die 200 CDI en die 220 CDI 4MATIC) asook twee petrolenjins ‘n
(1,6 liter en ‘n 2 liter).
‘n Verdere variant is Mercedes-Benz permanente vierwielaandry-
wing, genoem die “4MATIC” wat tans net beskikbaar is in die
dieselaangedrewe GLA 220 CDI. Hierdie vlagskip in die GLA-reeks
het ook as standaard die sewespoed DCT outomatiese ratkas. Die
ander modelle kan met hierdie ratkas óf met ‘n sesspoed handrat
bestel word.
Die 200 CDI ontwikkel ‘n kraglewering van 100 kW tussen
3 400 - 4 000 omwentelinge en het ‘nwringkrag van 300Nm tussen
1400 - 3000omwentelinge. Sy topsnelheid isongeveer 205 km/uur.
Amptelikebrandstofverbruik vir hierdiemodel is 4,5 liters/100 km.
Die 220CDI 4MATIContwikkel 125 kW tussen 3 400 - 4 000 omwen-
telinge en het ‘n wringkrag van 350 Nm tussen 1 400 - 3 400 om-
wentelinge. Sy topsnelheid is 215 km/uur en brandstofverbruik is
tussen 4,9 en 5,1 liters/100 km afhangende of jy in outomaties ry
of oorskakel na die handrat-opsie. Modellemet die 4MATIC het ook
downhill speed regulation
(DSR) of te wel afwaartse spoedregule-
ring. Hierdie funksieverseker dat dievoertuig stadiger as loopspoed
teen steil, ongelyke afdraandes kan kruip, sonder dat dit stotter
en stol.
Die GLA-modelle is luuks en van die beste wat motortegnologie
kan bied. Dit is uiters sterk gebou en binnemet alles wat van ‘n top
luuksemotor verwagword toegerus. DieGLA is deftig,maar dit kan
ook gaan vuilsmeer as ditmoet.
Behalwe die gewone Mercedes Benz waarborge, word die GLA-
koper ook ‘n sesjaar of 100 000 km-onderhoudskontrak gebied.
Die GLA 200 CDI kos R422 700 en die GLA 220 CDI 4MATIC kos
R489 000.
GERRIE SMIT,
lid van die SAMotorskrywersgilde
WIELE
vir die plaas
DieGLA 220CDI 4MATIC is deftig,maar kanook
gaan vuilsmeer as ditmoet.
1...,71,72,73,74,75,76,77,78,79,80 82,83,84
Powered by FlippingBook