SA Graan Junie 2014 - page 79

‘n
Boer maak ‘n plan en ‘n boer se vrou maak vele
planne as dit by die skep en instandhouding van ‘n
tuiste kom. Soms is dit uit moedeloosheid wat ‘n
mens enige ding probeer en soms, net soms, werk
iets. Boererate kom al ‘n lang pad saam met ons
– van hulle werk goed, terwyl ander my erg laat
frons en wonder. Onthou dat boererate op eie risiko gebruik moet
word endat daar geenwaarborg is dat dit wel gaanwerk nie.
Ek onthaal dikwels en koördineer ook vele funksies. Deur die jare
heen het ek ‘n paar wenner-boererate raakgeloopwat vele funksies
van ‘n groot verleentheid gered het. Graag deel ek dit met julle.
Ongelukkegebeur so vinnigen veral as jougaste lekker kuier, eindig
‘nmens dikwels opmet kerswas opdie tafeldoek, rooiwynvlekkeop
die tapyt en vragte skottelgoed. Ek het nie raad vir laasgenoemde
nie,maar deel graag ander oplossings.
Om kerswas van materiaal te verwyder, kan ‘n stuk koerantpapier
(of bruinpapier) bo-op die materiaal geplaas word, waarna dit
met ‘n louwarm strykyster gestryk word. Die was sal smelt en in
die papier intrek. As ‘n kragpunt nie in die nabyheid is nie, draai
die tafeldoek onderstebo sodat die kerswas-gedeelte na die vloer
toe wys. Gooi kokende water deur die tafeldoek sodat die kerswas
smelt en uitdrup. ‘nWenk om kerse langer te laat brand, is om die
kersedie aand vantevore indie yskas te laat oornag.
As daar ‘n gas is wat gesukkel het om rooiwyn in hul glas te hou
en ‘n rooi vlek êrens veroorsaak het, gooi dadelik iemand anders se
drankie (wit wyn of sodawater) daarop uit. As niemand hul drankie
met jouwil deel nie, gooi dadelik tafelsout opdiegemorste rooiwyn.
Asdievlek al ietwat droog is, gebruik koeksodaenwater omdie rooi
kleur op te los.
Kougomwat in tapyte ingetrap is, kanmet ys verwyder word of jy
kan gekookte warm asyn op die taaierigheid gooi – dit sal dadelik
loskom. Gebruik ‘n skoonborsel omdit af te vee.
As jy eetgerei mooi skoon wil maak (silwer, goud of vlekvrye staal)
en kommersiële produkte is dalk nie beskikbaar nie, is die volgende
boereraat ‘n maklike, bobaas-oplossing. Ek het selfs vriendinne
wat hul juweliersware so sprankelend skoonmaak. Plaas ‘n stuk
aluminiumfoelie in die onderkant van ‘n klein bakkie en gooi ‘n
koppie kokendewater indiebakkie. Voeg ‘neetlepel sout, ‘neetlepel
koeksodaen ‘neetlepel skottelgoedseepbyenmengdit goed. Plaas
noudiemetaalwarebo-opdie foelieen laat dit indieoplossing staan
vir ongeveer 5 tot 10 minute. Haal uit en droog dit goed af met ‘n
sagte lap of papier. Ander metodes wat werk om juweliersware
skoon temaak, isomvalstande se skoonmaakmiddel tegebruikdeur
die juweliersware daarin teweek. As die nood roep kan tandepasta
op ‘n tandeborsel ook aangewend word om van vuilheid ontslae
te raak. In die rookarea plaas ek gewoonlik bakkies gevul met asyn
om die reuke te absorbeer, veral as daar gestoffeerde meubels of
gordyne indievertrek is. (Doendit sodradaarbegin rookwordennie
voor die tydnie –menswil niehê jougastemoet in ‘n vertrek inloop
wat soos ‘n viswinkel ruikwat sout en asynophul skyfies gooi nie!)
Sout werk ook baie goed in die asbakkies om brandvlekke te
voorkom en ook om reuke te verminder. Sout is goedkoop en
asbakkies kanopdiémanier baiemakliker en vinniger skoongemaak
word. ‘n Romantiese atmosfeer, geskep deur die gebruik van kerse,
is veeldoelig aangesien die vlammetjies ook sal help om van die
rookgeur ontslae te raak.
Die skoonmaak-/ontsmettingsmiddel wat vir materiaalbabadoeke
gebruikword,werknet sogoedomwit tafeldoekeskitterwit temaak.
‘nSoutoplossingwaarinwit tafeldoekegeweekword, voor dit gewas
word, is ook iets nuttigs om te onthou om skoon, wit tafeldoeke te
verseker. Onthou om wit tafeldoeke in plastiese sakke te stoor as
dit nie dikwels gebruik gaan word nie om vergeling te voorkom.
Maak net seker dat die tafeldoek kurkdroog is alvorens dit verpak
gaan word. Ek het al gehoor van mense wat insekdoder (wat in ‘n
spuitkannetjie voorkom) op vetkolle spuit om daarvan ontslae te
raak. Grondboontjiebotterwerk blykbaar net sogoed.
En wat van badkamerhigiëne: Om die krane in ‘n badkamer mooi
blink te kry, kan jy dit met ‘n halwe aartappel skoonvryf. Vloer- en
muurteëls kom vinnig skoon deur ‘n bietjie paraffien in diewater te
gooi waarmeedit gewas gaanword.
Diedonkerswart koeldrankwatmet die letter “C”begin,wordnienet
skoongedrinkofmet brandewyngemengnie,maar isookveeldoelig
as ‘n skoonmaakmiddel. Toilette by ‘n funksie is dikwels gevlek
– gooi ‘n blikkie se koeldrankinhoud in die toilet in en laat dit so
staan vir ‘n uur of langer, waarna dit weggespoel kan word.
Vetkolle kan ook met dieselfde koeldrank verwyder word, deur
dit op die materiaal te gooi. Die koeldrank sal die vette opbreek
as die kledingstuk vir ‘n uur lank daarin geweek word waarna dit
gewoonweg gewas word. (Ek is nie seker hoeveel dit ‘n kledingstuk
kan vlek nie,maar darem is ‘nmens danontslae van ‘n vetkol...)
Om ‘n geroeste skroef los te draai, roes te verwyder of selfs jou
motorbattery-terminale skoon temaak, werk diépopulêre koeldrank
ook. (Ja, ek weet dit het niks met ‘n funksie te doen nie, maar is
tog handige inligting.) Jy weet dalk self ook van ‘n paar wenner-
boererate. Deel dit assebliefmet ons. Komons gesels lekker opons
internetblad “WYSBOEK OP FACEBOOK”. Hier deel ons WYSheid
met ander of vra sommer vir advies. Deel (of WYS) ook sommer
enige iets interessants of watmooi is vir jou!
Spandiébeproefdeboererate in
Vir navrae, skakel DavidViljoen vanMercuryDesigns by 011 894 2430 of
082 468 3142, of stuur vir hom ‘n e-pos na:
.
Gaan hou ook van ons
Facebook
-bladsy “Wysboek op Faceboek”
.
DAVIDVILJOEN,
kreatiewe landskapsontwerper en tuinboukundige
KREATIWITEIT
metDavid
Wysboek op
Facebook
77
June 2014
1...,69,70,71,72,73,74,75,76,77,78 80,81,82,83,84
Powered by FlippingBook