SA Graan Junie 2014 - page 82

80
Junie 2014
BesteGrootneef
d
ie rook hang vanaand laag in
die vlei, met ‘n suidewind wat
effe roer in die grassade se
buig. Teen die westerkim lê ‘n
bank vlieswolke met die nuwe
front se voorlopers. Met so
laaste kyk oor die werf word die agterdeur
toegetrek. Vannag gaan dit kliphard ryp in
dieVrystaat.
In die voorhuis word die kaggel met nog ‘n
bloekomstompie gevoer en spat die vonke
in die skoorsteen op. Die winterstilte is
anders op ‘n plaas. Die veld praat met ‘n
enkele korhaan of die troppie tarentale in
die bos. Die dakbalke kraak met elke graad
wat die kwik sak.
Ou Neef, met ‘n glasie muskadel uit die
Kolonie en Vroulief wie potte rondskuif vir
aandete, is dit ‘n saligewinterstilteomons.
Maar dit smaakmy of ons so half in ‘n stilte
voor ‘n storm is. Dit lykookof elk seKanaän
op ‘n ander plek lê. Dit hangmos nou net af
vanwat joumoeilikheid is. As jou kraan nie
water het nie, is ‘n pyp vol water jou Kanaän. As jy onder die sterre
slaap, is ‘n eenslaapkamerhuis jouKanaän. En as jy niewerk het nie,
is die vol busse en treine na fabrieke enmyne jou Kanaän. Sowerk
ditmosmet diemensdom indie lewensreis, altydop trek nawat lyk
soos die volgende trappie op die Kanaän-pad na waar dit beter sal
gaan. Al vat dit 40 jaar...
Ou Neef, ek weet nie in jou geweste nie, maar hier by ons is al wat
vandieverkiesingoor is, ‘nklompiekandidate seplakkatewat verlep
aan die pale hang. Buurman sê vanoggend hy mis die verkiesing,
want die klompwas so besig om beloftes temaak, dat hulle nie kon
kwaaddoennie...
As ek nou terugdink, is dit nie eintlikmoeilik om ‘n politikus tewees
nie. Al wat jy nodig het, is een blink pak van Maandag tot Vrydag,
want nawekewordT-hemdeuitgedeel. Die tweededingwat jynodig
het, is ‘n sak vol niksoor die skouer enhierdie sak vol niks,worddan
met almal gedeel.
Dit is eintlik die moeilikheid met die verkiesing, dat beloftes links
en regs aan die stemvolk gemaak word. Nou sit algar en wag vir
hul stukkie Kanaän om op te daag. Dit is soos iemand wat belowe
die tjek is in die pos, maar niks daag op nie. Dit is dánwanneer die
verwagting in mense se harte vir ‘n stukkie Kanaän in moerigheid
omsit, wanneer daar steeds nie water in die pyp is nie en die
pad vol gate bly. Dít, terwyl die blinkmeneer nou in ‘n groter swart
kar rondry.
Ou Neef, die verkiesing het gekom en die verkiesing het gegaan.
Al wat ek vanaand hier opmy eie in die vlaktesweet, is dat daar nie
nog 40 jaar oor is om ‘nKanaänmet water indiepype te vindnie.
GroeteopdieOosgrens.
Kleinneef
E-POSSE
aanGrootneef
ElkseKanaän lêop
‘nanderplek
Lesers iswelkom om ‘n e-pos aanKleinneef te stuur by
1...,72,73,74,75,76,77,78,79,80,81 83,84
Powered by FlippingBook