SA Graan Junie 2014 - page 78

Hou dieAugustus-uitgawe van
SAGraan/Grain
dop vir ons spesiale
fokus op trekkers enwerktuie.
Belangstellende adverteerders kan vir
Jurgen vanOnselen kontak by
082 417 3874 of 021 976 4482.
76
Goeiearbeidspraktykeen
-verhoudinge indie kollig
D
it is die klein dingetjies wat saak
maak, so glo mnr Dirk van Rens-
burg van Pauciflora Boerdery.
Dirk en sy seun, Herman, boer
saam indieArlington-distrik enwas verlede
jaar finaliste in die Graan SA/Syngenta
Graanprodusent vandie Jaar-toekenning.
“Ek glo ‘n mens moet streng met jou
werkers wees, maar ook regverdig. Dit is
my vertrekpunt as ‘nmens begingesels oor
arbeidsverhoudinge.Daarmoet dissipline in
enige sisteemwees,” vertel Dirk.
“Jy moet daagliks vir jou werkers die
voorbeeld stel en hulle moet weet hulle
kan nie slap lê nie. ’n Mens moet egter
ook menslik wees en jou werkers menslik
behandel.”
Erkenning
“Ek glo dat personeel gereeld erkenning
moet kry. Die minimum loon is vir ons
irrelevant – ons betaal in elk geval baie
meer as dit. Ons betaal volgens meriete
en verdienste – ons kom al jare met ons
mense saam.
“Ons het ook ‘n bonusstelsel waarvolgens
die werkers met Kersfees ‘nmeriete bonus
ontvang. Verder gee ons twee maal ‘n jaar
vir elke werker ‘n oorpak en skoene. Almal
het dan eenvormige oorpakke enMaandae,
nadat onsmet Skriflesing en gebed geopen
het, hou ons inspeksies. Die werkers weet
hulle moet skoon en netjies wees en hulle
skoene moet gepolitoer wees. Ons het
gevind dat dit produktiwiteit verhoog. Die
Maandagoggendvergadering isdaarombaie
belangrik. Ek glo dit is die klein dingetjies
wat saakmaak.”
Werkerskomitee
Pauciflora Boerdery het ‘n werkerskomitee
wat die oë en ore van die plaas is. Die
komitee word jaarliks self deur die werkers
verkies. As die werkers ‘n probleem of ‘n
versoek het, gesels hullemet dié komitee.
“Ek enmy seun het op ‘nweeklikse basis ‘n
vergadering met die werkerskomitee waar
arbeidsaangeleenthede bespreek word.
Sou daar ‘n dissiplinêre verhoor wees, sal
die komitee insette kan lewer. Ons is egter
gelukkig en het nog net nodig gehad om
‘n waarskuwing te gee sou ‘n oortreding
begaanword.
“Ten spyte van die feit dat ons boerdery
aangrensend tot die woonbuurt is, poog
ons deur goeie samewerking, hulpverlening
en ondersteuning om ‘n goeie gesindheid
enmenseverhoudingdaar te stel, wat op sy
beurtwedersydse respekenagtingvirmens
en eiendomdaarstel,” het hygesê.
Opleiding
Dirk-hulle glo dat ‘n mens jou werkers
moet oplei en Graan SA se Graanprodu-
sentontwikkelingsprogram bied gereeld
opleidingskursusse op die plaas aan.
“Mense moet hulself kan bekwaam,” bena-
drukDirk.
Wenke virmedeprodusente
Dirk gee ‘n paar wenke vir goeie arbeids-
verhoudingeopdieplaas:
Wees streng;
Wees regverdig;
Weesmenslik;
Stel die voorbeeld vir jouwerkers; en
Toon belangstelling in jouwerkers – vra
vir hullehoeditmet hullegaan.
AKTUEEL
ESTIEDEVILLIERS,
redakteur:
SAGraan/Grain
Dirk en Herman van Rensburg saammet hullewerkers – Dirk glo ‘nmens
moet die voorbeeld vir jouwerkers stel.
Dirk-hulle se werkerskomitee. Die komitee word jaarliks self deur die
werkers verkies.
–PaucifloraBoerdery
Reeks
1...,68,69,70,71,72,73,74,75,76,77 79,80,81,82,83,84
Powered by FlippingBook