Hoe lyk die koringmark?
Kyk híérna vir bemarking
d
ie afgelope twee bemarkingseisoene (vorige en hui-
dige seisoen) van koring is gekenmerk deur uitdagen-
de omstandighede vir plaaslike koringprodusente. In
die plaaslike perspektief was daar heelwat onseker-
hede – van knellende droogtes tot en m t onseker-
hede en onenighede as gevolg van tariewe.
Internasionaal het die koringpryse tot laagtepunte gedaal, terwyl
die wisselkoers ook oor die afgelope twee jaar uitermate volatiel
was. Die onsekerhede in die mark het verskeie nadraaie tot gevolg
gehad. Die mark het onder druk gekom met die pryse wat vir ‘n
geruime tyd in ‘n meer sywaartse rigting beweeg het, met relatie-
we min verhandelingsaktiwiteite wat in die mark gesien is. Dit het
die verskansing van koring ‘n uitdaging gemaak en produsente se
winsgewendheid was onder druk.
Ten spyte van die verskeie onsekerhede, asook die algemene
droë klimaatstoestande wat in die land geheers het, is uitstaande
produksie vir die huidige seisoen gerealiseer.
Weersomstandighede wat op kritieke tye in die groeiseisoen guns-
tig was, asook laat reën wat in die Vrystaat voorgekom het, het
LUAN VAN DER WALT,
landbou-ekonoom, Graan SA
GRAANMARK
-oorsig
– 6 Junie 2017
OP PLAASVLAK
BEMARKINGSJAAR
2015/2016
2016/2017*
SAGIS
Graan SA-projeksie
Oppervlakte aangeplant (x 1 000 ha)
482
508
Opbrengs (t/ha)
2,99
3,76
Produksie (x 1 000 ton)
1 440
1 910
('000 ton)
('000 ton)
KOMMERSIËLE AANBOD
Beginvoorraad
597
832
Kommersiële lewerings
1 406
1 875
Invoere
2 067
1 260
Totale kommersiële aanbod
4 079
3 967
KOMMERSIËLE VRAAG
– Menslike verbruik
3 141
3 130
– Veevoer
2
2
Totale plaaslike kommersiële vraag
3 178
3 171
Uitvoere
69
110
Totale kommersiële vraag
3 247
3 281
EINDVOORRAAD (30 SEPTEMBER 2017)
832
685
Pyplyn benodig (1,5 maande)
689
686
Surplus bo/onder pyplyn
144
-1
Eindvoorraad as persentasie van Suid-Afrikaanse verbruik
26,2%
21,6%
Invoere as persentasie van plaaslike verbruik
65,0%
39,74%
* Graan SA-projeksie
Bron: Graan SA
TABEL 1: VRAAG NA EN AANBOD VAN KORING IN SUID-AFRIKA
.
64
Julie 2017