Background Image
Previous Page  70 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 70 / 108 Next Page
Page Background

Hier

s die nuutste somergraansaadpryse

CORNÉ LOUW,

senior ekonoom, Graan SA en

MICHELLE MOKONE

, landbou-ekonoom, Graan SA

INSET

-oorsig

a

fhangende van die plantestand, maak saad as produksie-

inset tussen 10% en 17% van ‘n mielieprodusent se lo-

pende produksiekosterekening uit. Gegewe uitstekende

navorsing in genetika en tegnologie, bly saad een van die

belangrikste insette om opbrengste en produktiwiteit in die graan-

bedryf te verhoog. Dit is daarom krities dat produsente die regte

kultivars kies, opweeg tussen prys en opbrengspotensiaal sowel

as risikoverspreiding. Vir die 2017/2018-seisoen is dit verblydend

om te kan sê dat heelwat nuwe kultivars die kommersiële saad-

mark betree en vir produsente beskikbaar is om te plant. Daar

is hierdie seisoen altesaam 39 nuwe mieliekultivars, sewe nuwe

sojaboonkultivars, ses nuwe sonneblomsaadkultivars en een nuwe

sorghumkultivar beskikbaar.

Kultivars verskil van mekaar in een of meer van ‘n verskeidenheid

eienskappe en elkeen besit daarom ‘n unieke aanpasbaarheid en

opbrengspotensiaal. Volgens die LNR-Graangewasse stel hierdie

kultivarverskeidenheid alternatiewe beskikbaar wat goed benut kan

word en die volgende is belangrike riglyne wat met die oog op kulti-

varbeplanning oorweeg moet word:

Moet nooit ‘n staatmaker-kultivar binne een seisoen met ‘n nuwe

of onbekende een vervang nie.

Kultivarverskeidenheid versprei risiko. Plant ‘n reeks kultivars

wat verskil in groeiseisoenlengte en eienskappe.

Kultivars moet aanpas by ‘n spesifieke opbrengspotensiaal,

maar moet in staat wees om aan te pas by hoër en laer poten-

siaaltoestande.

Hersien kultivars jaarliks.

Saadpryse

Mieliesaadpryse het vir die 2017/2018-produksieseisoen gemiddeld

met 9,1% gestyg. Op ‘n gemiddelde basis het sonneblomsaadpryse

met 4% gestyg, graansorghumsaadpryse met 7,8% en sojaboon-

saadpryse met 4,5%. ‘n Goeie barometer om prysstygings teen te

meet, is die produsenteprysindeks (PPI). Vir 2017 tot dusver was

die gemiddelde PPI-styging 5,33%. Dit wil sê mielie- en graansorg-

humsaadpryse het op ‘n gemiddelde basis die nasionale produksie-

kosteinflasie oorskry.

Let wel dat Monsanto hierdie seisoen ‘n aanpassing in hul 80 000 pit-

verpakking se pryse gemaak het. Dit is hoofsaaklik die kleiner pitte

(meestal die minder gewilde pit-klasse) wat tans in 80 000 pit-

verpakkings beskikbaar is. Monsanto het hul pryse per eenheid

(koste per pit) dieselfde gemaak, ongeag die verpakking (80 000 pitte

of 60 000 pitte). Dit het meegebring dat hul pryse van 80 000 pit-sak-

kies vir die nuwe seisoen skerp toegeneem het, terwyl die pryse van

hul 60 000 pit-verpakkings slegs gemiddeld 3,6% gestyg het. Sien

Tabel 1

tot

Tabel

4 vir prysvergelykings tussen verskillende maat-

skappye. Let wel dat pryse kan verskil afhangende van pitgroottes

en saadbehandelings.

Riglyne met die aankoop van saad

Met die aankoop van saad is daar ‘n aantal faktore waarop produ-

sente moet ag slaan:

Wees daarop bedag dat pryse vir verskillende verpakkings

geld, naamlik in 15 kg-, 20 kg- en 25 kg-sakkies of in pitverpak-

kings van 60 000 of 80 000 pitte per sakkie. By sonneblomsaad

is daar ook 150 000 en 180 000 pitte per sakkie-verpakkings

en sojabone 140 000 pitte beskikbaar.

Die nuwe kultivars is merendeels die duurder kultivars. Ver-

seker dat die kultivars onafhanklik deur die LNR-Graangewasse

getoets is en dat die prestasie bewese is. Moet nie onnodig

groot risiko’s met ‘n nuwe kultivar neem nie.

Neem kennis van die agronomiese eienskappe, aanpasbaar-

heid, opbrengsprestasie en -stabiliteit, kwaliteitseienskappe,

en siekte- en plaagweerstand van ‘n spesifieke kultivar voor

dit aangekoop word. Raadpleeg die LNR-Graangewasse se 2017

Mielie-inligtingsgids

(MIG) of die betrokke kundiges.

Met aankope, maak seker dat die kwaliteit van die saad aan al

die vereistes, ook aan dit wat op die sakkie staan, voldoen – ver-

al ten opsigte van die eenvormigheid van pitgrootte en pitvorm.

Wanneer GM-kultivars (Bt- of RR- of dubbelgeen-kultivars) aan-

gekoop word, maak seker dat die tegnologiefooi by die pryslys

ingesluit is en dat konvensionele mielies vir die toevlugsarea

bykomend aangekoop word. Maak ook seker dat almal wat die

saad hanteer, GM-eienskappe op saadsakke kan uitken en ook

van konvensionele kultivars kan onderskei.

Sekere saadlotte word met middels behandel wat ‘n verskil

aan die prys maak.

Beding vir kortings waar moontlik. Verskeie maatskappye het

kortingstrukture vir volume aankope, bevestiging van bestel-

ling, vroeë lewering en vroeë betaling.

Ten laaste, kontak saadmaatskappye en hul verteenwoordigers

vir meer volledige besonderhede rakende pryse en verskillende

verpakkings.

Behandeling van saad

Saadmaatskappye staan nie in vir die kwaliteit van saad indien

saadbehandeling nie deur die saadmaatskappy self of deur ‘n

geregistreerde chemiese verskaffer wat toerusting en prosesse

gebruik wat ISO-geakkrediteer is, gedoen word nie. Ingeval ‘n che-

miese verskaffer die behandeling doen, moet hy kan verseker dat

die behandeling nie die kieming beïnvloed nie. Die chemiese mid-

del wat gebruik word, moet ook onder Wet 36 van 1947 geregi-

streer wees en verkieslik deur die saadmaatskappy vir die spesifieke

kultivar aanbeveel word.

Behandeling van Rhizobium is uitgesluit. Daar word dus aanbeveel

dat produsente wat nie saad aankoop wat reeds behandel is nie en

dit later wil laat behandel, dit in samewerking met die saadmaatskap-

py moet doen.

OP PLAASVLAK

68

Julie 2017