Background Image
Previous Page  68 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 68 / 108 Next Page
Page Background

Kontak: Bethlehem 058 303 4690 | Reitz 087 358 8111

VKB Beleggings (Edms.) Bpk. is ‘n goedgekeurde Finansiële Diensteverskaffer FDV 4813

vir die

LIEFDE

van die

LAND

| www.

vkb

.co.za

Verskaffer

van ‘n wye reeks saad van

uitgesoekte maatskappye

Wintergewasse

• Koring - Droëland & Besproeiing

• Hawer

• Rog

Somergewasse

• Sonneblomme

• Sojabone

• Mielies

• Droëbone

Weidingsgewasse

• Lusern

• Oulandsgras

• Tef

• Akkerbone

• Radyse

beproefde

genetika

Vrywaring

Sover moontlik is alles gedoen om die akkuraatheid van hierdie inligting te verseker. Graan SA aanvaar egter geen

verantwoordelikheid vir enige skade of verliese wat gely word as gevolg van die gebruik van hierdie inligting nie.

Hoe lyk die koringmark?

Volgens die NOK se eerste intensies om te plant vir winter-

grane word die koringoppervlakte vir die komende seisoen op

469 350 ha geskat.

Dit is ongeveer 2,36% minder hektare as die finale aanplantings

vir die 2016/2017-seisoen, wat 508 365 ha was. Hierdie eerste inten-

sies om te plant is gebaseer op toestande gedurende middel April

en daarom kan daar aanpassings in die oppervlakte aangeplant

voorkom wanneer die finale oppervlakte en eerste oesskatting vir

die seisoen bekend gemaak word.

Alhoewel daar die afgelope jaar goeie vordering in verskeie aspekte

van die koringmark gemaak is, soos byvoorbeeld die nuwe meto-

diek rondom die berekening van die prysdiskonto tussen die graad-

verskille op Safex, is daar is steeds ‘n rits onsekerhede wat tans in

die koringmark teenwoordig is, wat weer eens die bemarkingsbe-

sluite van produsente kan bemoeilik.

Daar is steeds geen amptelike korrespondensie in verband met

die hersiening van die koringtarief ontvang nie. Die tarief ver-

handel dus steeds op grond van die huidige metodiek en is tans

R1 190,20/ton nadat dit vanaf R1 591,40/ton laer gesneller is met

die onlangse versterking van die internasionale koringprys. Die

tarief is egter weer opwaarts gesneller na R1 371/ton en daar is

tans nog geen nuus oor wanneer hierdie tarief in die staatskoerant

afgekondig gaan word nie. Faktore wat tans dopgehou word, is

die weerstoestande in die Wes-Kaap. Die produsente het alreeds

die meeste van die koring aangeplant, alhoewel daar min grond-

vog beskikbaar is. Die invoertempo sal ook fyn dopgehou word. Die

huidige tempo is aansienlik laer as die vyfjaar gemiddelde tempo

van invoere op hierdie stadium in die seisoen.

Die invoere as persentasie van die jaarlikse invoerbehoeftes is tans

ongeveer 44% voltooi, terwyl die vyfjaar gemiddelde invoertempo

as persentasie van die behoeftes ongeveer 65% voltooi was op hier-

die stadium in die seisoen (

Grafiek 3

).

Ten slotte

Verskeie uitdagings staar produsente in die komende koringproduk-

sieseisoen in die gesig. Ten spyte van die weersomstandighede in

die Wes-Kaap, wat die seisoen op hierdie stadium effe laat maak, is

daar verskeie ander onsekerhede waarop die produsente moet let

wanneer hulle bemarkingsbesluite neem.

Goeie bemarkingsbesluite gaan van kardinale belang wees en al

die moontlike faktore moet oorweeg word. Probeer risiko sover as

moontlik vermy en maak gebruik van die geleenthede wat die mark

bied om die oes stelselmatig en oordeelkundig te bemark.

OP PLAASVLAK