

OP PLAASVLAK
‘n Blik op die saadpryse vir die
2016/2017-produksieseisoen
CORNÉ LOUW,
senior ekonoom: Graan SA
en
LANDI KRUGER,
datawetenskapkoördineerder: Graan SA
INSET
-oorsig
s
aad as produksie-inset maak tans ongeveer 13% van ‘n
mielieprodusent se lopende produksiekoste uit, terwyl
dit tien jaar terug 10% daarvan uitgemaak het en 15 jaar
gelede 5%.
Mieliesaadpryse het vir die 2016/2017-produksieseisoen
gemiddeld met 6,9% gestyg. Op ‘n gemiddelde basis het sonne-
blomsaadpryse met 7,4% gestyg, graansorghumsaadpryse met
8,3% en sojaboonsaadpryse met 7%.
‘n Goeie barometer waarteen prysstygings gemeet kan word, is die
Produsente Prys Indeks (PPI). Vir 2016 tot dusver was die gemiddel-
de PPI-styging 7,45%. Dit wil sê op ‘n gemiddelde basis het saad-
pryse die produksiekoste-inflasie van Suid-Afrika nagevolg.
Volgens Graan SA se Produksie/Insetwerkgroep het mieliesaadpry-
se van gewilde kultivars met 7% gestyg.
Saadkoste per ton geproduseer
Graan SA het ‘n studie gedoen waarin die koste van saad teenoor die
opbrengs daarvan vergelyk is. Met ander woorde, die produktiwiteit
van die saad oor tyd is ondersoek. Die studie is vir Suid-Afrika
gedoen en met dieselfde studie in die VSA vergelyk.
Grafiek 1
toon die saadkoste per hektaar gedeel deur die opbrengs
wat behaal is. Die resultate toon dat die styging in saadkoste
proporsioneel vêr groter was as die styging
in opbrengs vir beide Suid-Afrika en die
VSA. Die verhouding tussen die koste van
saad en die opbrengs daarvan het egter in
Suid-Afrika heelwat vinniger toegeneem as
in die VSA (Grafiek 1).
Kultivars verskil van mekaar in een of
meer van ‘n verskeidenheid eienskappe.
Elkeen het dus ‘n unieke aanpasbaarheid en
opbrengspotensiaal.
Volgens die LNR-Instituut vir Graangewasse
(LNR-IGG) stel hierdie kultivarverskeiden-
heid alternatiewe beskikbaar wat goed be-
nut kan word en die volgende is belangrike
riglyne vir kultivarbeplanning wat oorweeg
moet word:
Moet nooit ‘n staatmakerkultivar binne
een seisoen met ‘n nuwe of onbekende
een vervang nie.
Kultivarverskeidenheid versprei risiko.
Plant ‘n reeks kultivars wat verskil in
groeiseisoenlengte en eienskappe.
Kultivars moet aanpas by ‘n spesifieke opbrengspotensiaal,
maar moet in staat wees om aan te pas by hoër en laer
potensiaaltoestande.
Hersien kultivars jaarliks.
Sien
Tabel 1
tot
Tabel 4
vir prysvergelykings tussen verskillende
maatskappye. Let daarop dat pryse kan verskil afhangende van
pitgroottes en saadbehandelings.
Riglyne met die aankoop van saad
Met die aankoop van saad is daar ‘n aantal faktore waarop produ-
sente moet ag slaan:
Wees daarop bedag dat pryse vir verskillende verpakkings geld,
naamlik in 15 kg-, 20 kg- en 25 kg-sakkies of in pitverpakkings
van 60 000 of 80 000 pitte per sakkie. By sonneblomsaad is daar
ook 150 000 en 180 000 pitte per sakkie-verpakkings beskikbaar.
Die nuwe kultivars is merendeels die duurder kultivars. Verseker
dat die kultivars onafhanklik deur die LNR-IGG getoets is en dat
die prestasie bewese is. Moet nie onnodig groot risiko’s met ‘n
nuwe kultivar loop nie.
Neem kennis van die agronomiese eienskappe, aanpasbaar-
heid, opbrengsprestasie en -stabiliteit, kwaliteitseienskappe
en siekte- en plaagweerstand van ‘n spesifieke kultivar voor
dit aangekoop word. Raadpleeg die LNR-IGG se 2016
Mielie
Inligtingsgids
(MIG) of die betrokke kundiges.
Maak seker met aankope dat die kwaliteit van die saad aan al die
Grafiek 1: Plaaslike versus internasionale saadkoste per opbrengs.
Julie 2016
58