

Maak op PANNAR se besproeiingsbasters staat
vir buitengewone resultate. Ons ondersteun
jou met nuttige boerdery oplossings en praktiese
advies vir optimale produksie. Gebruik ons
kundige advies tot jou voordeel.
® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2016 PANNAR BPK
2016/IMAIZE/A/05A
www.pannar.com infoserve@pannar.co.zaSaam boer ons
vir die toekoms
™
BESPROEIINGSBASTERS
BIED JOU ’N
HELPENDE HAND.
UITSONDERLIKEPRODUKTE
ENGEWASPAKKETTE
ULTRAMODERNE
NAVORSINGEN
ONTWIKKELINGSTEGNOLOGIE
GEWASVOORSORG
OPTIMALISEER
PRODUKSIE
GEWASBESKERMINGS-
BESTUURSPRAKTYKE
59
vereistes – ook aan dit wat op die sakkie staan – voldoen, veral
ten opsigte van die eenvormigheid van pitgrootte en pitvorm.
Wanneer GM-kultivars (Bt- of RR- of dubbelgeen-kultivars) aan-
gekoop word, maak seker dat die tegnologiefooi by die pryslys
ingesluit is en dat konvensionele mielies vir die toevlugsarea
bykomend aangekoop word. Maak ook seker dat almal wat die
saad hanteer, GM-eienskappe op saadsakke kan uitken en ook
van konvensionele kultivars kan onderskei.
Sekere saadlotte word met middels behandel wat ‘n verskil aan
die prys maak.
Beding vir korting waar moontlik. Verskeie maatskappye het
kortingstrukture vir volume aankope, bevestiging van bestelling,
vroeë lewering en vroeë betaling.
Ten laaste, kontak saadmaatskappye en hul verteenwoordigers
vir meer volledige besonderhede rakende pryse en verskillende
verpakkings.
Behandeling van saad
Saadmaatskappye staan nie in vir die kwaliteit van saad indien
saadbehandeling nie deur die saadmaatskappy self of deur ‘n ge-
registreerde chemiese verskaffer wat toerusting en prosesse gebruik
wat ISO-geakkrediteer is, gedoen word nie.
Ingeval ‘n chemiese verskaffer die behandeling doen, moet hy kan
verseker dat die behandeling nie die kieming sal beïnvloed nie. Die
chemiese middel wat gebruik word, moet ook onder Wet 36 van
1947 geregistreer wees en verkieslik deur die saadmaatskappy vir
die spesifieke kultivar aanbeveel word. Behandeling van Rhizobium
is uitgesluit.
Daar word dus aanbeveel dat produsente wat nie saad aankoop
wat reeds behandel is nie en dit later wil laat behandel, dit in
samewerking met die saadmaatskappy moet doen.
Riglyne vir die aanplant van Bt-mielies
Met die aankoop van Bt-saad, word ‘n tegnologie-ooreenkoms
onderteken, waarin ‘n produsent onderneem dat die saad volgens
voorgeskrewe riglyne aangeplant sal word.
Een van die belangrikste riglyne sluit die plant van ‘n toevlugsarea in.
Daar is twee opsies wat gevolg kan word:
Óf ‘n 5%-aanplanting van nie-Bt-saad waar stronkboorders nie
chemies beheer mag word nie;
Óf ‘n 20%-aanplanting van nie-Bt-saad waar die chemiese
beheer van stronkboorders wel toegepas kan word.
Indien die 5%-opsie uitgeoefen word, moet elke 100 ha mielies
aangeplant, uit 5 ha nie-Bt-mielies en 95 ha Bt-mielies bestaan. Sou
die 20% opsie uitgeoefen word, moet elke 100 ha mielies dus uit
20 ha nie-Bt-mielies en 80 ha Bt-mielies bestaan.
Bykomend tot die vereiste persentasie nie-Bt-mielies, is daar ook
spesifieke maatreëls wat geld by die aanplanting van ‘n toevlugs-
area. Toevlugsareas moet onder andere só geposisioneer word dat
Bt-mielies nie verder as 400 m vanaf ‘n toevlugsarea aangeplant
word nie, ten minste twee buitegrense van die Bt-aanplanting gedek
word, mag nie uit minder as ses rye bestaan nie en toevlugplante
mag nie tussen Bt-plante geposisioneer wees nie.
Mielies wat in die toevlugsarea geplant word, moet ook dieselfde
groeitempo as die Bt-mielies hê en moet ook binne sewe dae van
mekaar geplant word.