

Die fisiese eienskappe van kunsmis:
Watter vrae moet jy vra?
M
et die heersende uitdagende landboutoestande, is die
versoeking om die goedkoopste insette te bekom, groter
as ooit tevore. Die risiko verbonde aan die koop van
sub-standaard insette moet sorgvuldig oorweeg word,
aangesien dit boerderyrisiko verhoog en tot ‘n laer inkomste en baie
frustrasie kan lei.
Die aankoop van kunsmis is geen uitsondering nie. Die doel van
hierdie artikel is om die kunsmisaankoper daarop te wys en breë
riglyne te verskaf ten opsigte van eienskappe waarna opgelet moet
word tydens die aankoop van kunsmis.
Afgesien van die chemiese samestelling van kunsmis, is die fisiese
eienskappe van uiterste belang tydens die hantering van kunsmis.
Om kunsmis akkuraat toe te dien, is ‘n konstante vloei en strooi-
wydte met die minimum afwyking baie belangrik. Om dit te ver-
seker, moet daar aan sekere eienskappe in die produksieproses
aandag gegee word.
Hier volg ’n aantal van die belangrikste vrae wat gevra moet word:
Is die korrels ewe swaar?
Dit is welbekend dat swaarder korrels wyer as ligter korrels sal
strooi. Die gewig of digtheid van ‘n spesifieke kunsmistipe beïn-
vloed dus die toedieningspeil en die strooiwydte van ‘n implement
wat kunsmis breedwerpig toedien. Hoe meer eenvormig die digt-
heid, hoe beter sal die produk strooi.
Hoe groot is die korrels?
Die gemiddelde deursnee van ‘n kunsmiskorrel behoort tussen
2 mm en 4 mm te wees. Hoe nouer die band van die korrelgrootte-
verspreiding, hoe makliker is dit om die optimale kalibrasie en ver-
spreiding van die kunsmis te verseker.
Die digtheid en korrelgrootte van kunsmiskorrels bepaal tot watter
mate uitsakking (segregasie) sal plaasvind. Dit gebeur wanneer ‘n
massa-vermengde produk weens vibrasie weer skei. Korrels van
dieselfde grootte en digtheid is minder geneig om te segregeer.
‘n Beter opsie is egter die gebruik van ‘n chemies verkorrelde pro-
duk waar elke korrel al die geregistreerde voedingselemente bevat
en die digtheid konstant is.
Die korrelvorm
Die korrelvorm is baie belangrik aangesien dit bepaal hoe die korrel
gedurende die toedieningsproses sal reageer. Die ideale korrel is
rond met ‘n gladde oppervlakte vir egalige en akkurate toediening
– hetsy gestrooi of geplaas.
Hardheid van korrels
Harder korrels word minder gedurende vervoer, hantering en toe-
diening van kunsmis beskadig. Gebreekte korrels veroorsaak stof
en ‘n variasie in die korrelgrootte – wat die verspreiding daarvan
beïnvloed. Stukkende korrels en stof veroorsaak ook dat korrels
as gevolg van oorbrugging saamklont. Dit het ‘n groot invloed op
lugdruktoerusting (
air seeders
) wat hierdeur verstop kan word.
Korrelhardheid word gemeet aan die druk (gewig) wat nodig is om
die korrel te breek. Dit behoort ten minste 3 kg (30 N) te wees.
Hoeveel stof is in die sak?
Die hoeveelheid stof in kunsmis het nie net ‘n nadelige invloed op
die toedienbaarheid van die produk nie, maar ook op die omgewing
en die werksplek. Kunsmisstof lei tot ‘n oortoediening reg agter
die implement, wat gewoonlik tot soutskok en die verstopping van
toerusting lei – selfs by baie lae lugvogtoestande.
Kunsmis se stofinhoud word bepaal deur die stof van die korrels te
skei en dit as ‘n persentasie van die totale gewig uit te druk.
Is dit geneig om te koek?
Die geneigdheid van kunsmiskorrels om aan mekaar vas te sit en
groot, harde klonte te vorm, word kunsmis se koekgeneigdheid
genoem. Daar kan verskeie oorsake wees, byvoorbeeld onver-
soenbare chemiese eienskappe van grondstowwe, die teenwoor-
digheid van stof of die hardheid van die produk.
Klonte in kunsmis beïnvloed die vloeibaarheid en verspreiding
van kunsmis nadelig. Goeie gehalte kunsmis word vervaardig
deur elke korrel se oppervlakte te behandel om stof en kunsmis se
koekgeneigdheid, teen te werk.
Doen jouself ‘n guns en dring aan op meer as net ‘n chemiese
ontleding van die produk wat aan jou gelewer word. Die ideale
fisiese eienskappe kan jou baie frustrasie, tyd en geld spaar.
JOHANN PEEK,
direkteur: Tegnies en Produksie, Omnia Kunsmis en
VOSSIE WILSNACH,
bestuurder: Chemtech, Omnia Kunsmis
1: ‘n Chemies-verkor-
relde kunsmiskorrel
(links) vergeleke met
‘n massavermengde
produk (regs) onder die
mikroskoop.
2: Goeie gehalte kunsmis
is vloeibaar en is nie
geneig om toerusting te
verstop nie.
1
2
FOKUS
Bemesting
Spesiale
39
July 2016
Produk-inligting