

Perfekte oplossings in
besproeiingsbestuur
KAAPSTAD - Hoofkantoor
Posbus 696, Brackenfell 7561
Tel: +27 21 917 7177
Faks: +27 21 917 7200
GAUTENG
Posbus 11052, Randhart 1457
Tel: +27 11 908 2204
Faks: +27 11 908 5312
MPUMALANGA
Suite 63, Postnet X 11326, Nelspruit 1200
Tel: +27 13 755 3510
Faks: +27 13 755 3505
www.agriplas.co.zaDoen navraag by jou naaste besproeiings handelaar oor Agriplas Produkte
FOKUS
Bemesting
Spesiale
Oor- en ondertoediening van duur insette, soos kunsmis en kalk, word
in die proses voorkom. Dit kan die bemestingsaanbeveling teenoor
konvensionele aanbevelings merkwaardig laat verskil, alhoewel dit
nie noodwendig die koste gaan verminder nie. Die opbrengste sal
egter dramaties verskil en op die ou einde die winsgewendheid ook.
pH
‘n Aanvaarbare pH-vlak in die grond is die basis waarop produksie en
die reaksie van ‘n land op bemesting berus.
‘n Absolute minimumvereiste vir mielieverbouing is ‘n pH(KCL) van
4,6, terwyl die norm van 5 en hoër ideaal is. Bekalking van lande sal
die elemente soos fosfaat en kalium, wat in die grond vir opname
vasgelê is, beskikbaar stel. Op dié manier kan daar dalk ‘n bespa-
ring gerealiseer word. Raadpleeg jou landboukundige om te hoor
waar jy moontlik kan sny sonder om opbrengs in te boet.
Voedingstatus van die grond
Die voedingstatus van die grond, veral die P- en K-inhoud, is van
kardinale belang vir die bepaling van bemestingshoeveelhede
wat toegedien moet word. Waar die voedingstatus van die grond
opgebou is tot aanvaarbare vlakke, of selfs bo aanvaarbare vlakke,
kan dit sinvol gebruik word om ‘n jaar of twee te oorbrug – soos
navorsingswerk op Wildebeesfontein in Tabel 1 getoon het.
Uit Tabel 1 is dit duidelik dat daar oor ‘n tydperk van 17 jaar nie
werklike groot verskille in opbrengs by die verskillende bemestings-
behandelings was nie, alhoewel verwag is dat groter opbrengsver-
skille oor die tydperk verkry sou word.
Die “slegs N-bemesting”, wat die noodbemesting verteenwoordig,
het geneig tot laer opbrengste in die laaste paar seisoene – alhoe-
wel dit tot ‘n mate opbrengs gehandhaaf het, soos die langter-
myngemiddelde aantoon. Let daarop dat die bemestingsvlak van
die proef wel baie goed was en alle elemente reggestel is voordat
daar met die proef begin is.
Uit die proef is dit duidelik dat, veral waar P en K voldoende is, daar
tog met sukses vir ‘n jaar of selfs twee teruggesny kan word. Die
terugsny van N kan wel gedoen word, maar dan moet ‘n N-analise
van die grond voor-plant gedoen word en met die landboukundige
bespreek word.
In oorwegende sandgronde sal omsigtigheid aan die dag gelê moet
word om nie te ver terug te sny nie. Die logingsprofiel van hierdie
grondtipes sal in so ‘n geval ‘n groot rol speel.
Ander insette
Daar moet nie net op bemesting gefokus word nie, maar die effek
van ander insette moet ook ondersoek word.
Die effek daarvan om ander insette aan te pas, is ook ondersoek.
‘n Proef op Wildebeesfontein is gedoen waar die effek van hoë,
standaard en lae insette oor ‘n periode van agt jaar getoets is. Die
bruto marges van die verskillende stelsels is oor tyd gemeet en
vergelyk. Op dié manier is beide die insette en uitsette binne die
stelsel getoets en gemeet. Met hierdie verskillende insette is die
stelsels vergelyk. Die resultate word in
Tabel 2
getoon.
PRAKTIESE MANIERE
om te oorleef