

Julie 2016
18
PRAKTIESE MANIERE
om hierdie seisoen te oorleef
W
eens die droë 2015/2016-seisoen behoort daar baie
druk op die finansiering van insette vir die 2016/2017-
seisoen te wees. Produsente sal sorgvuldig moet besluit
waarop hulle hul kosbare fondse gaan spandeer.
Die skep van welvaart bestaan uit twee vraagstukke: Wat gepro-
duseer (ekonomiese probleem) en hoe dit geproduseer moet word
(produksieprobleem). Die produksievraag sluit in watter stelsel en
watter en hoeveel insette gebruik moet word vir produksie. (Die ge-
wasse wat geproduseer moet word, is weer ‘n vraagstuk vir ‘n vol-
gende artikel.)
In ‘n droogtejaar, soos vanjaar, is die probleemkolle baie duidelik
sigbaar. Dit kan gronddiepte, pH-probleme, wortelsiektes of talle
ander probleme wees. In hierdie kolle sal ‘n profielgat en die plant se
wortels die probleem mooi uitwys.
Potensiaalmikpunte
Die hulpbron, wat insluit grondtipe en gronddiepte, die voeding-
status van die grond en die langtermynreënval van die plaas
bepaal die produksiepotensiaal van die spesifieke land of kol in
die land. Die produsent moet hierdie hulpbron só bestuur dat dit
optimaal produseer deur te kyk na goeie boerderypraktyke – wat
insluit bewerking, bemesting, onkruid- en plaagbeheer asook
wisselbou. As daar ‘n afwyking van die langtermynopbrengste
teenoor die produksiepotensiaal is, soek die oorsaak en stel dit
reg. Maak seker dat die potensiaalmikpunte vir elke land met die
grootste omsigtigheid bepaal word. Gebruik hierdie mikpunte en
die huidige vogstatus van die grond om die bemestingsaanbeveling
en -beplanning daarvoor te doen.
Langtermynbemestingswerk wat vanaf 1979/1980 tot 1995/1996 op
Wildebeesfontein (proefplaas van die destydse OTK naby Bethal)
gedoen is, se resultate word in
Tabel 1
aangedui. In hierdie proef is
gedeeltes wat oor- en onder-potensiaal bemes is, getoets. Die effek
van noodbemestings is ook getoets.
Uit die inligting in Tabel 1 is dit duidelik dat die hoogste bemes-
tingsvlak nie noodwendig die hoogste opbrengste oor tyd lewer nie.
In ‘n spesifieke jaar kan dit wel die geval wees, maar as dit die jaar
nie gunstig is nie, kan die opbrengste selfs negatief wees. Bemesting
volgens potensiaal gee oor tyd die beste opbrengste. As die koste
bygereken word, sal die 20% laer-bemesting se rendement die
hoogste wees.
Presisieboerdery
Presisieboerdery is aanvanklik duur, maar die rendemente hierop is
net deur en deur die moeite werd. Deur die grond op ‘n ruitverwy-
sing te laat ontleed, kan die kalk en bemestingstowwe op die regte
kolle teen die regte hoeveelhede toegedien word.
FOKUS
Bemesting
Spesiale
PIETMAN BOTHA,
SA Graan/Grain
medewerker en
SAKKIE KOSTER,
Pioneer
BEMESTINGSBEHANDELINGS
PER JAAR
GEMIDDELDE OPBRENGS VAN
DIE LAASTE JAAR (T/HA)
GEMIDDELDE LANGTERMYNOPBRENGS VIR DIE
PROEF OOR 16 PRODUKSIEJARE (T/HA)
Volgens potensiaal (6,5 t/ha)
7,17
5,66
Volgens potensiaal + 20%
7,45
5,46
Volgens potensiaal - 20%
6,49
5,47
Volgens oesverwydering (6,82 t/ha)
6,77
5,46
Slegs N-bemesting van 130 kg/ha
6,24
5,32
TABEL 1: GEMIDDELDE MIELIE-OPBRENGSTE VIR DIE VERSKILLENDE BEMESTINGSTOEDIENINGS VIR DIE TYDPERK 1979/1980
TOT 1995/1996 OP DIE WILDEBEESFONTEIN-PROEFPLAAS (T/HA).
TABEL 2: VERSKILLENDE INSETBENADERINGS WAT GEBRUIK IS OM DIE EFFEK DAARVAN OOR TYD TE MEET.
BEHANDELING HOË INSETBENADERING
STANDAARD INSETBENADERING LAE INSETBENADERING
Tipe inset
Hoeveelheid van inset per ha
Hoeveelheid van inset per ha
Hoeveelheid van inset per ha
Stand
35 000 stand
30 000 stand
28 000 stand
Bemesting
Met plant = 20 N + 12 P
Bo-bemesting = 46 N
Met plant = 55 N + 12 P
Bo-bemesting = geen
Met plant = 100 kg KAN (28 N)
Bo-bemesting = geen
Onkruiddoder
Met plant = Dual @ 1,1 l/ha + Gesap-
rim WG @ 0,5 kg/ha (algeheel)
Opvolg = Gesaprim S @ 1,7 l/ha
Met plant = Dual @ 1,1 l/ha + Gesaprim
WG @ 0,5 kg/ha (strook)
Opvolg = Gesaprim S @ 1,7 l/ha
Met plant = Dual @ 1,1 l/ha +
Gesaprim WG @ 0,5 kg/ha (strook)
Opvolg = Gesaprim S @ 1,7 l/ha
Insekbeheer
Decis @ 105 ml/ha vir snywurm
Gaucho @ 120 g/50 kg saad as saad-
behandeling
Thiodan @ 650 ml/ha vir mieliestam-
ruspe
Decis @ 60 ml/ha vir snywurm
Gaucho @ 100 g/50 kg saad as saadbe-
handeling
Thiodan @ 650 ml/ha vir mieliestam-
ruspe
Dipterex in besmette kelke vir
mieliestamruspe
Brandstof
90 l/ha
90 l/ha
90 l/ha
Versekering
Brand en hael @ 3 t/ha
Brand en hael @ 2,5 t/ha
Brand en hael @ 2 t/ha
Rente
16,5% vir agt maande
16,5% vir agt maande
16,5% vir agt maande