88
Beste Grootneef
o
u Neef, ek sit die anderdag in NAMPO se biertuin en
luister hoe die manne by die tafel langs my visvang-
stories uitruil. Die een storie wat oral opduik, maak nie
saak in watter biertuin jy sit nie, is oor Vaaldam se groot
babers. “Nee,” sê die een ou, “duikers wat die wal in die
Vaaldam moes regmaak, het bang geword vir die babers
daar onder op die bodem. So groot soos haaie! Hulle moes toe
omdraai terug boot toe...”
So verskuif die toneel na die Zambezi se tiere. Die tweede ou laat
loop toe met die storie van die groot tiervis wat in die Kariba gevang
is. Dié het so woes aan die lyn gespook, dat die ou besluit het om
die vis saam te vat huis toe. Daar gekom, is die vis in die bad mak
gemaak. Die vis en die hengelaar raak toe so geheg aan mekaar, dat
die ou sy vis elke dag so ‘n rukkie uit die water haal, om bietjie te
gesels en om die huis en die werf vir die vis te wys.
Ná ‘n maand of wat kon die vis toe heeltemal sonder water klaar-
kom en was tiervis se kind teen daardie tyd heel danig met die hon-
de op die werf. Die vis het naderhand leer blaf ook en het saans
sommer voor die kaggel lê en slaap. As die bakkie van die dorp af
kom, was die vis tussen die bondel honde, al om die bakkie, om vir
die baas te sê welkom tuis. Die moeilikheid het egter gekom met die
eerste groot reën, toe die vis versuip het...
“Ja,” se die derde ou, “dis nog niks – die
piranhas in die Amasone is so kwaai, die
ander dag het ‘n ou op ‘n kanoe sy hand in
die water gedruk om af te koel. Hy hoor toe
net krrr, en toe hy sy arm oplig, was net sy
vingerbene oor, al die vleis afgeëet!”
So het die biertuinwyshede heen en weer
gedryf – harmonie en gemoedelike samesyn.
Want dit was NAMPO en vir ‘n dag lank was
dit ‘n oorgawe aan totale verwondering aan
die groot trekkers en stropers. Vir ma los jy
met die inkomslag, sodat sy haar eie koers
vat – solank julle mekaar net weer vieruur
by die hek kry.
Op ‘n manier is NAMPO vir die land se boere
‘n pelgrimstog. Ver om te ry, groot verkeer
met ‘n eie “North Gate” en “South Gate”,
maar lekker man, lekker.
Die stukkie kommer wat die sagste sosatie
egter nie kon wegneem nie, is die halwe
oes op die land en die man van die bank se
strammigheid oor planttyd in Desember.
En die grond. Want dit lyk of die owerstes
in die goewerment elke week ‘n ander
grondplafon uitdink.
Buurman sê dat indien die staat al die geld wat op vliegtuie en
duikbote gemors is, in grond belê het, was daar al lankal harmonie
en vrede in onse land soos geen biertuin kan bring nie.
Kyk maar elke week se geelbladsye. Weekliks is daar hope plase in
elke distrik in die mark. Die goewerment kan elke week top plase
koop en toevertrou aan nuwe boere. Ons klomp ou manne sal
help met raad en daad om enige nuwe span touwys te maak. Dit
gebeur oral dat buurmanne mekaar help. Dit was deur al die eeue so,
‘n pes of ‘n plaag word nie deur ‘n draad gekeer nie. Dis tog in jou
belang ook dat buurman ‘n sukses maak.
Ou Neef, ‘n wiel sal altyd rond bly. Dis tog nie nodig vir die goewer-
ment om te kyk of ‘n vierkantige wiel gladder sal werk as ‘n ronde
een nie. Eintlik kan ons die goewerment so goed laat lyk met grond-
sake, want die plase is daar en so ook die welwillendheid om die
nuwe manne te wys wat, waar en hoe.
Maar dan moet die goewerment mét ons praat en nie ván ons nie.
Groete op die Oosgrens!
Kleinneef
E-POSSE
aan Groot neef
Samesyn in ‘n biertuin
Lesers is welkom om ‘n e-pos aan Kleinneef te stuur by
kleinneef@graingrowers.co.za.
Julie 2015