Julie 2015
80
Daar word ook jaarliks ‘n vergelyking van die werklike syfers teen die
beplande syfers gedoen.
Daar moet, net soos in alle ander boerderye, toekomsbesluite ge-
neem word. Hier speel die geskiedenis en begroting dan ‘n aktiewe
rol om die toekoms te voorspel en die effek van verandering teen
te meet.
Hierdie bygehoue inligting, gee ook ‘n aanduiding van watter as-
pekte in die boerdery as ‘n gegewe gesien moet word en wat as
‘n veranderbare inset gesien moet word.
Aspekte wat gesien word as ‘n gegewe, word aanvaar en planne
sal rondom hierdie aspek gemaak word. Ander aspekte sal aktief
bevraagteken en ondersoek word. Goeie waarneming is ‘n vereiste
in hierdie boerdery. Agt oë sien baie meer raak as twee.
Die Blanckenberg-voorgeslagte het nie verniet gesê: “Dit is altyd
die moeite werd om iewers op die plaas heen te ry, want jy sal altyd
iets sien wat reggemaak moet word of wat verkeerd gedoen is.”
Dit geld vandag nog. ‘n Te doen lys word in die kantoor bygehou
en so word seker gemaak dat aksies en strategieë reg geïmplemen-
teer en uitgevoer word. Die werkers op die plaas is ook al deel van
hierdie waarnemings. Soms sal die werkers een van die bestuurders
laat kom om seker te maak dat die aksies reg uitgevoer word.
Volgens Koos maak hulle in dié boerdery steeds baie foute. “Foute
is ‘n integrale deel van boerdery en dit moet bestuur word.”
Volgens hulle is foute daar om hulle nederig te hou. “Ons moet leer
uit ons foute, erken dat ons foute maak en erken dat ons nie oor
alle kennis beskik nie en dat ons baie by ander mense kan leer,”
noem Koos.
Studietoere, boerevereniging-studiegroepvergaderings, besoeke
deur verteenwoordigers en baie oplees, is van die plekke waar
nuwe inligting ingewin word.
Die Blanckenbergs besef ook dat elke plaas – gegewe sy hulpbron-
ne, beperkinge en geleenthede – ‘n unieke stelsel moet implemen-
teer. Hulle weet ook dat elke stelsel deur ‘n klomp besondere
suksesfaktore gedryf word; en sou ‘n gedeelte van ‘n ander boer-
dery se stelsel dus by jou geïmplementeer word, moet dit eers
getoets word voor grootskaalse implementering kan plaasvind.
Soms moet die aksie dalk ‘n bietjie verander word om by die plaas
se stelsel aan te pas.
Graanverbouing
Die stelsel wat gebruik word om graan op Klipheuwel en ander
plase te verbou, moet dan ook volhoubaarheid verseker. Om hier-
die rede word minimumbewerking toegepas. Die melkery se afval-
stowwe word op die lande aangewend en wisselbou is ‘n integrale
deel van die boerdery.
“Alle vertakkings moet mekaar komplementeer en sodoende sal
die banksaldo ook gekomplementeer word,” glo Koos. Tans word
graanverbouingsmetodes ondersoek om die bedekking van die
lande te verbeter en sodoende risiko te verlaag.
Navorsing wat op Klipheuwel gedoen word, help ook om die
volhoubaarheid van die besigheid te verseker. Kultivarproewe is
een van die mees belangrike aspekte van graanverbouing en daar-
om word daar vir baie jare (meer as 40 jaar al) kultivarproewe op
dié plaas aangeplant. Die gebruik van chemiese middels om on-
kruide, peste en plae te beheer, is baie belangrik en daarom word
heelwat werk ook in dié verband op Klipheuwel gedoen.
Kontrole oor die gebruik en toedien van insette, is van kardinale
belang. Die toedien van middels word altyd gekontroleer teenoor
die hektare toegedien en die hoeveelheid gebruik. Dieselkontrole
is net so belangrik omdat trekkers regdeur die jaar oor-en-weer
aangewend word. Die dieselgebruik van die trekkers word gereeld
gemonitor en gemeet en dit is alles tot voordeel van die boerdery.
Koos glo dat graanprysbestuur in hierdie boerdery van kritiek
belangrik is. Graanpryse word verskans en hier waar baie graan
aangekoop moet word, bly die gebruik van die termynmark ‘n groot
voordeel. Met die kennis van hoeveel dit kos om te produseer, is
dit maklik om te besluit wat ‘n goeie prys is of nie. Net so weet
die bestuur hoeveel vir graan betaal kan word en of dit die moeite
werd is om ander alternatiewe te gebruik.
Hierdie boerdery, gegewe hul beperkinge en geleenthede, is voor-
waar ‘n goeie voorbeeld van hoe dinge reg gedoen word.
Vir verdere inligting kan Koos Blanckenberg by 021 971 1604 of
Pietman Botha by 082 759 2991 gekontak word.
8: Die werkersmag wat hoofsaaklik by die lande betrokke is.
Jy moet meet om te kan weet en jy moet weet om te kan besluit
8
OP PLAASVLAK
Bestuurspraktyke