Background Image
Previous Page  69 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 69 / 92 Next Page
Page Background

Volgens die Internasionale Handelsentrum (2015) is die grootste

hoeveelheid mielies wat Malawi die afgelope vyf jaar uitgevoer het

500 000 ton, waarvan die meeste na Zimbabwe, Kameroen en die

Kongo gegaan het.

Verenigde State van Amerika

Die VSA is onder die voorste witmielieprodusente, met ‘n gemid-

delde jaarlikse witmielieproduksie van ongeveer 3,5 miljoen ton.

Volgens die Amerikaanse Departement van Landbou (2015) gebruik

die land self gewoonlik ongeveer 2,3 miljoen ton. Die hoeveelheid

wat vir uitvoer beskikbaar is, is dus ongeveer 1,2 miljoen ton. Die

VSA se witmielie-uitvoere gaan gewoonlik na Colombia, Costa

Rica, El Salvador, Guatemala, die Honduras, Japan en Mexiko. Dit

is onwaarskynlik dat Suid-Afrika uit die VSA sal invoer, aangesien

die GMO-gene wat die VSA produseer, meestal nie geregistreer vir

plaaslike produksie of vir invoer na Suid-Afrika goedgekeur is nie.

Mexiko

Mexiko is die wêreld se sesde grootste mielieprodusent, derde

grootste mielie-invoerder en sesde grootste mielieverbruiker. Guns-

tige weerstoestande regdeur Mexiko se gewasproduserende streke

het in 2015 tot hoër produksieverwagtinge gelei.

Daar is databeperkings op die Mexikaanse mielieproduksie en

daarom is dit nie moontlik om tussen wit- en geelmielieproduksie

te onderskei nie. Die Internasionale Graanraad beklemtoon egter

dat ongeveer 90% van Mexiko se mielieproduksie wit is. Die

Mexikaanse landbouministerie meen dat hulle totale mielie-oes

24 miljoen ton in 2015 kan beloop. Daar word nietemin verwag

dat Mexiko as gevolg van die toenemende verbruik van tortillas,

10,9 miljoen ton mielies (wit sowel as geel) sal invoer.

Uitvoerperspektief

Suid-Afrika is tradisioneel ‘n netto uitvoerder van mielies, maar

hierdie seisoen sal ‘n ander uitdraai hê. Graan SA verwag dat hierdie

jaar se uitvoere vanaf 2 miljoen ton in die 2014/2015-bemarkings-

jaar tot 580 000 ton hierdie seisoen sal daal.

Tradisioneel gaan uitvoere na Afrika-, Europese, Asiese en Ameri-

kaanse markte. In 2014/2015 was die groot geelmieliekopers by-

voorbeeld Taiwan, Japan, Suid-Korea, Portugal, Saoedi-Arabië en

Italië.

Grafiek 1

dui Suid-Afrika se mielie-uitvoere aan.

Die jaar se mielie-uitvoere sal na verwagting hoofsaaklik aan die

BLNS-lande, naamlik Botswana, Lesotho, Namibië en Swaziland,

gaan. Die Suider-Afrikaanse streek sal hierdie seisoen na verwag-

ting as gevolg van die lae oesverwagting in die groot produseren-

de lande ‘n toenemende vraag na mielies toon.

Volgens die Voedsel- en Landbou-organisasie (2015) kan die streek

se mielieproduksie jaar-tot-jaar met 26% daal. Suid-Afrika, Zambië

en Malawi, wat belangrike mielieproduserende lande is, verwag al-

mal laer oeste as gevolg van ongunstige klimaatstoestande.

Suid-Afrikaanse produksievooruitsig

Hierdie jaar se mielieproduksie sal die laagste wees sedert die 2006/

2007-produksieseisoen, wat ook deur droogte geraak is.

Grafiek 2

dui die groot afnames in witmielieproduksie aan wat verwag word.

Die NOK se vierde witmielieproduksieskatting is 4,7 miljoen ton.

Dit is die laagste oesskatting sedert die 2006/2007-produksie-

seisoen. Die sentiment in die boerderygemeenskap dui verder daar-

op dat die finale opbrengste dalk laer as die geskatte oes kan wees.

Die produksie van geelmielies word op 5,1 miljoen ton geskat, wat

die laagste oesskatting sedert 2010/2011 is.

Suid-Afrikaanse verbruiksvooruitsig

Hoewel mielieproduksie beduidend sal afneem, lyk dit asof ver-

bruik die teenoorgestelde rigting gaan inslaan. Voordat die be-

markingsgedeelte bespreek word, is dit belangrik om te beklemtoon

dat daar ‘n verskil tussen die produksiejaar (Grafiek 2) en die bemar-

kingsjaar (

Grafiek 3

) is.

Die 2006/2007-produksiejaar kan byvoorbeeld met die 2007/2008-

bemarkingsjaar vergelyk word. Vanaf die 2007/2008- tot die

2014/2015-bemarkingsjaar het geelmielieverbruik met 17% gestyg

(Grafiek 3).

Die toename in verbruik is hoofsaaklik gedryf deur die toenemende

vraag uit die veevoerbedryf. Terselfdertyd het die verbruik van

witmielies met 19% gestyg. Die verbruik van witmielies het gevolg

op ‘n toenemende vraag na voedsel as gevolg van die groeiende

bevolking. Die totale mielieverbruik het met 19% gestyg. Suid-

Afrika se mielieverbruik vir 2015/2016 word op 10,1 miljoen ton

beraam, wat ‘n skrale 0,5%-styging sedert die vorige jaar verteen-

woordig. Toenames word hoofsaaklik in voedselverbruik verwag.

Slot

Daar is nie voldoende witmielievoorrade op die wêreldmark nie.

Suid-Afrika sal potensieel ongeveer 50 000 ton witmielies uit Zambië

invoer. Daar is nietemin nie ‘n onmiddellike behoefte in die land nie,

aangesien die stroopproses steeds aan die gang is. Die Zambiese

mielieprys is ook steeds beduidend hoër as die Safex-mielieprys.

Daar is ‘n beperkte moontlikheid dat Suid-Afrika witmielies uit die

VSA en Mexiko kan invoer. Mexiko gaan ook ‘n netto invoerder van

mielies wees. Geelmielie-invoere sal na verwagting voortgaan, hoof-

saaklik uit die Suid-Amerikaanse en Swartsee-streek.

Dit is vir produsente belangrik om die NOK se finale opbrengsskat-

tings dop te hou, aangesien dit die werklike grootte van hierdie jaar

se mielieproduksie sal toon, wat ‘n beduidende impak op die bewe-

gings in mieliepryse kan hê.

GRAANMARK-OORSIG

OP PLAASVLAK

SA Graan/

Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie

67

July 2015