Background Image
Previous Page  19 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 19 / 44 Next Page
Page Background

Vrywaring

Sover moontlik is alles gedoen om die akkuraatheid van hierdie inligting te verseker. Graan SA aanvaar egter geen

verantwoordelikheid vir enige skade of verliese wat gely word as gevolg van die gebruik van hierdie inligting nie.

In beide hierdie gevalle is dit duidelik dat die pryse vir ‘n kort ruk

met ‘n piek bo die invoerpryse en onder die uitvoerpryse verhan-

del. Die mark sorteer homself egter weer uit en die pryse begin weer

in lyn te verhandel met die pariteitspryse.

Die pariteitspryse kan ook waardevolle inligting bied wanneer

bemarkingstrategieë oorweeg word. Dit dui op moontlike risiko

in terme van prysebewegings wat in die mark kan voorkom.

Grafiek 3

toon die wit- en geelmieliepryse tesame met die bereken-

de in- en uitvoerpariteitspryse vir lewering in Julie 2017.

Die Julie 2017-termynpryse verhandel tussen die in- en uitvoer-

pariteitspryse. Daar is nog heelwat onsekerhede in die mark oor

watter kant toe die pryse nader aan die tyd behoort te beweeg.

Wat wel daardeur vasgestel kan word, is die moontlike prysrisiko in

die mark.

Indien die produksie gunstig is vir die seisoen en ‘n goeie oes

realiseer, kan die pryse nader aan die uitvoerpariteitsvlakke ver-

handel. Uit Grafiek 3 kan vasgestel word dat die moontlike af-

waartse prysrisiko tussen R450/ton en R500/ton is. Dit kan dus in

die oorweging van bemarkingstrategieë gebruik word.

Sou ‘n bemarkingsopsie, soos byvoorbeeld ‘n put-opsie, jou

R200/ton kos, kan jy deur R200/ton te spandeer jouself teen ‘n

moontlike R500/ton afwaartse prysrisiko beskerm. Die potensiaal

vir opwaartse beweging in die mark – gegewe die scenario in

Grafiek 3 – is ongeveer R450/ton.

As die mark opwaarts na die invoerpariteitsprys beweeg, word

die R200/ton bemarkingskostes met die opwaartse beweging van

die mark gedek. Dit kan ook handig gebruik word wanneer ingewik-

kelde bemarkingstrategieë vir prysrisikobestuursdoeleindes ge-

volg word.

Sommige strategieë kan, in kombinasie met mekaar, pryse binne ‘n

sekere bandwydte laat beweeg – waardeur die pryse verkieslik nie

moet gaan nie. Die gebruik van pariteitspryse kan tot ‘n groot mate

suksesvol aangewend word om die prysvlakke waarteen die strate-

gieë uitgevoer moet word, te bepaal.

Ten slotte

Die gebruik van in- en uitvoerpariteitspryse is maar net een van

vele instrumente wat gebruik kan word vir die bepaling van prys-

tendense. Daar is ook waardevolle inligting daarin opgesluit – wat

op verskeie maniere aangewend kan word vir bemarkings- en ver-

skansingbeplanning.

Dit is egter belangrik om in gedagte te hou dat ander faktore saam

met pariteitspryse in aanmerking geneem moet word om die

prentjie in konteks te sien. Deursigtige inligting in die mark is van

uiterse belang ten einde goeie bemarkingsbesluite te neem.

Elke individu se voorkeure in terme van inligting wat gebruik word,

verskil en elkeen gebruik wat vir hom goed werk. Op die ou einde

is die hoeveelheid relevante inligting en die akkurate interpretasie

daarvan, die deurslaggewende faktor wanneer dit by die neem van

akkurate bemarkingsbesluite kom.

Grafiek 1: Safex-geelmielies en Argentynse in- en uitvoerpariteitspryse

gelewer in Randfontein.

Bron: Graan SA

Grafiek 3: Safex-*wit- en geelmieliepryse en in- en uitvoerpariteite vir

lewering in Julie 2017 gelewer in Randfontein.

Bron: Graan SA

*Pariteitspryse in Grafiek 3 sluit nie WM-premie in nie

Grafiek 2: Safex-witmielie VSA* in- en uitvoerpariteit gelewer in

Randfontein.

Bron: Graan SA

*Weeklikse VSA witmieliepryse

(Sluit nie-GMO-premie in)

17

January 2017

...‘n invoerpariteitsprys die

prys sal wees wat die

invoerder van die produk

sal betaal om die spesifieke

produk op ‘n spesifieke

plek gelewer te kry.