Background Image
Previous Page  17 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 17 / 44 Next Page
Page Background

Figuur 2: Pannar Saad se

Sprout

-slimfoon-

toepassing is ‘n goeie en gratis verwysing vir

die belangrikste gewassiektes.

Figuur 3: Mieliegroeistadia en die beheer van blaarsiektes.

Bron: Pannar Saad

*Risiko vir gestremde kopontwikkeling (

arrested ear devolopment

[AED]) is hoog indien stremming gedurende die V10-

tot V14-groeistadium voorkom. Vermy addisionele benatters en mengsels.

**R1 (bestuiwingsperiode) – baie belangrik om enige vorm van stremming te vermy.

Bestuursriglyne

Algemene bestuursriglyne vir die risikobestuur van mielieblaar-

siektes sluit in:

Plant weerstandbiedende mieliebasters.

Plant ‘n mieliepakket en moenie net konsentreer op een vatbare

baster met ‘n hoë opbrengspotensiaal nie.

Bewerking en wisselbou om siektedruk te verlaag.

Bewaringsbewerkingspraktyke met al die voordele wat dit

bied, bevorder ongelukkig die oorlewing van blaarsiektes soos

grysblaarvlek en noordelike mielieblaarskroei, aangesien die

swamme hoofsaaklik in die mielieplantreste oorleef. Siekte-

beheer in ‘n bewaringsbewerkingstelsel is krities, om die werk-

like voordele daarvan te kan geniet.

Die oordeelkundige gebruik van geregistreerde swamdoders

in ‘n goeie swamdoderspuitprogram kan die meeste van die

swamsiektes op blare effektief beheer.

Die ekonomiese regverdigbaarheid van ‘n duur chemiese inset

is egter belangrik en faktore soos die mielieprys, opbrengs-

potensiaal en siektevatbaarheid van die baster en risiko van

siekte in sekere areas is van groot belang. Moenie onoor-

deelkundig spuit nie. Dit is belangrik om te onthou dat die

primêre doel van swamdoderbespuitings siektebeheer is. Dit

beskerm genetiese opbrengspotensiaal en verbeterde staan-

vermoë is sekondêr en ‘n bonus.

‘n Geïntegreerde beheerstrategie van al die bogemelde is die

beste benadering tot risikobestuur.

Daar is heelwat ander blaarsiektes waaraan nie in hierdie artikel

aandag gegee word nie, omdat hulle minder algemeen of spora-

dies voorkom. Dit beteken egter nie dat dit nie groot opbrengs-

verliese onder die regte toestande kan veroorsaak nie. Dit

is raadsaam om steeds ‘n goeie bron of kenner te raadpleeg as

verdagte simptome waargeneem word, sodat betyds opgetree

kan word.

4: Sonbrand-/droogtestremmingsimptome op

mielieblare.

5: Bakteriese blaarstreep.

6: Mieliestreepsiekte.

4

5

6

15

January 2017

OP PLAASVLAK

Geïntegreerde plaagbeheer

Blaarsiektes op mielies