Background Image
Previous Page  18 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 18 / 44 Next Page
Page Background

Die gebruik van pariteitspryse

vir bemarkingsbesluite

p

ariteitspryse word gewoonlik aangewend wanneer

markanalises en prystendense bestudeer word. Dit is

immers belangrike konsepte – veral in die Suid-

Afrikaanse markkonteks en die werking van die plaas-

like mark.

Dit dien ook as maatstaaf en riglyn om die tendense in die mark te

analiseer – wat kan bydra tot beter besluitneming met die oog op

bemarking. ‘n Goeie vertrekpunt vir die gebruik van in- en uitvoer-

pariteitspryse is om vertroud te raak met die betekenis van hierdie

konsepte en hoe dit in die plaaslike mark inpas.

Wat is in- en uitvoerpariteitspryse?

In- en uitvoerpariteitspryse is konsepte wat gebruik word wanneer

daar verwys word na die pryse van produkte wat van een bestem-

ming na ‘n ander in- en/of uitgevoer word. In kort beteken dit eint-

lik net dat ‘n invoerpariteitsprys die prys sal wees wat die invoerder

van die produk sal betaal om die spesifieke produk op ‘n spesifieke

plek gelewer te kry.

Hierdie prys sluit die verskeie kostes verbonde aan die aankoop

van die produk in – wat vanaf die aankoopprys van die produk tot

en met die vervoer-, hanterings-, finansierings- en versekerings-

kostes om die produk op ‘n sekere plek te kry, insluit.

Die uitvoerpariteitsprys aan die ander kant, is die pryse wat ont-

vang sal word wanneer die produk na ‘n sekere bestemming uitge-

voer word. Die uitvoerpariteitspryse is dus die prys wat ontvang sal

word, met die kostes wat in ag geneem moet word, reeds afgetrek.

In Suid-Afrika wissel die gemiddelde jaarlikse mielieproduksie in

normale jare tussen 11 miljoen ton en 12 miljoen ton. Dit oorskry

egter die plaaslike verbruik van mielies – wat gemiddeld so rondom

10,5 miljoen ton per jaar is.

Wat dit beteken, is dat Suid-Afrika in normale jare meer mielies

produseer as wat plaaslik verbruik word, daarom word Suid-Afrika

in sulke gevalle genoodsaak om ander bestemmings te vind vir die

mielies wat nie plaaslik verbruik word nie en dan moet die mielies

uitgevoer word.

Wanneer mielies uitgevoer word, beteken dit dat Suid-Afrika met

die internasionale mark moet meeding om mielies internasionaal

verkoop te kry. Dit beteken dan dat Suid-Afrikaanse pryse nader

aan uitvoerpariteitspryse verhandel en in die meeste gevalle groot-

liks in lyn is met internasionale pryse.

As plaaslike produksie om een of ander rede, soos byvoorbeeld

die droogte, minder is as wat die plaaslike verbruik is, word Suid-

Afrika genoodsaak om mielies in te voer en sodoende die tekorte

wat plaaslik ontstaan, aan te vul.

Dit sal veroorsaak dat die plaaslike pryse dan nader aan die invoer-

pariteitsvlakke verhandel. Die pariteitspryse kan dus gesien word as

die bandwydte waartussen die plaaslike pryse die meeste van die

tyd verhandel – met die uitvoerpariteitspryse aan die onderkant,

terwyl die invoerpariteitspryse as die boonste band dien (

Grafiek 1

).

‘n Pariteitsprys is die pryse van die fisiese produk wat gelewer

word by ‘n spesifieke bestemming. Die pariteitspryse wat bereken

word, moet dus sover moontlik die pryse van die spesifieke bestem-

ming waarvandaan die produkte ingevoer en/of waarnatoe dit

uitgevoer word, weerspieël. Dit sal verseker dat prystendense met

mekaar korreleer.

Die spesifieke pryse van sekere markte met wie Suid-Afrika handel

dryf, is egter nie altyd geredelik beskikbaar nie en daarom moet

daar na ander alternatiewe gekyk word om internasionale verge-

lykbare pryse te verkry.

Die “pariteitspryse” van witmielies (

Grafiek 2

) word byvoorbeeld

bereken met die Amerikaanse witmieliepryse as basis. Dit dien

meer die doel van ‘n internasionale vergelykende prys siende dat

daar nie witmielies van die VSA af ingevoer word nie, maar wel van

Mexiko af. Die pryse toon steeds ‘n goeie vergelykbare tendens

– wat tot ‘n groot mate dieselfde doel kan dien as die normale

pariteitspryse.

Hoe kan pariteitspryse gebruik word?

Deur pariteitspryse met Safex-pryse te vergelyk, kan daar vinnig

vasgestel word waar die huidige plaaslike prysevlakke lê. Is dit

redelik aan die hoë kant – wat by invoerpariteitsvlakke sal wees – of

is dit aan die lae kant – wat by uitvoerpariteitsvlakke is?

Dit is ook ‘n goeie aanduiding rakende die moontlike risiko in die

mark in terme van prysbewegings. In die meeste gevalle wanneer

die pryse naby aan die invoerpryse verhandel, is die moontlikheid

van verdere skerp prysstygings redelik beperk.

Daar is egter baie ander faktore wat ‘n rol in die prysbewegings

speel. Dit moet noukeurig saam met pariteitspryse oorweeg

word. Aan die ander kant wanneer die pryse nader aan die uitvoer-

pryse verhandel, is die moontlikheid van verdere skerp prysdaling

redelik beperk.

LUAN VAN DER WALT,

landbou-ekonoom: Graan SA

GRAANMARK

-oorsig

– 23 November 2016

OP PLAASVLAK

Januarie 2017

16