Background Image
Previous Page  14 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 14 / 44 Next Page
Page Background

Januarie 2017

12

OP PLAASVLAK

Geïntegreerde plaagbeheer

Vroeë tekens van roesinfeksie is sowat vyf dae na infeksie as

klein vlekkies op die blare sigbaar en dan ontwikkel volwaardige

roespuisies (tien tot 14 dae) (Foto 2) waaruit spore vrygestel word.

By vrystelling kan dit oor groot afstande deur die wind versprei

word. Hierdie spore kan selfs dieselfde plant dadelik, binne die-

selfde seisoen, weer infekteer.

Nog ‘n belangrike mielieblaarsiekte is grysblaarvlek (

Foto 3

) wat

deur die swam

Cercospora zeina

veroorsaak word. Omgewings-

toestande wat die siekte bevorder, is matige tot hoë temperature

en hoë humiditeit (>95%).

Die siektesimptome word veral rondom blomtyd sigbaar – alhoe-

wel dit onder hoë siektedruktoestande vroeër reeds waargeneem

kan word. Dit is ‘n blaarsiekte wat veral in KwaZulu-Natal en die

oostelike Hoëveld voorkom, waar mis en/of hoë humiditeit en hoë

temperature heers.

Daar bestaan ook ‘n mate van ‘n wanpersepsie dat die spore van

die swam slegs luggedraagd is en met die wind en reën versprei.

Spore kan wel met die wind versprei, maar dit is sekondêre spore

wat later in die seisoen van een aanplanting tot die volgende kan

versprei – en gewoonlik oor korter afstande.

Die werklike bron van die siekte is egter plantreste van die vorige

seisoen waarin die swam oorleef en sodra die toestande gunstig

word in die nuwe seisoen, word spore vrygestel wat die onderste

blare van plante infekteer.

Hierdie letsels produseer nuwe spore wat weer namate die groei-

seisoen vorder, vrygestel word en met reënspatsels en wind ver-

sprei na nuwer blare hoër op in die plant. Dit is veral grysblaarvlek

wat dikwels met sonbrand/droogtestemming (

Foto 4

) verwar

word. Nodeloos om te sê dat droogteskade nie beheerbaar is nie

en dat die onnodige toediening van ‘n swamdoder die produsent

‘n dubbele terugslag toedien. Nie een van hierdie bogemelde

swamblaarsiektes is saadgedraagd nie.

Bakteriese blaarstreep (

Foto 5

) is ‘n siekte wat veral in die westelike

produksieareas voorkom en hierdie simptome word met dié van

grysblaarvlek verwar. ‘n Bakteriese siekte kan nie met swamdoders

beheer word nie en só ‘n bespuiting kan ‘n duur fout wees – sonder

enige resultaat.

Mieliestreepsiekte (

Foto 6

) word deur die mieliestreepvirus ver-

oorsaak. Dit is ‘n komplekse siekte, waar die virus deur ‘n blad-

springer oorgedra word. Die omgewingstoestande affekteer die

voorkoms, oorlewing en verspreiding van die bladspringer – wat

die voorkoms en intensiteit van die siekte bepaal.

Soos in die geval van bakteriese siektes kan mieliestreepvirus nie

met ‘n swamdoder beheer word nie. Beheer van mieliestreepvirus

kom neer op ‘n kombinasie van maatreëls om die risiko van die

siekte te verminder of te beperk. Alhoewel insekdoders as saad-

behandelings effektief is en voorkom dat die bladspringers op

jong plante voed en die virus oordra, is dit geensins ‘n waarborg of

‘n kitsoplossing vir die siekte nie.

2: Bruinroes.

3: Grysblaarvlek.

Blaarsiektes op mielies

2

3