Background Image
Previous Page  20 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 20 / 44 Next Page
Page Background

OP PLAASVLAK

Wanneer koop jy gewoonlik kunsmis aan?

CORNÉ LOUW,

senior ekonoom: Graan SA

INSET

-oorsig

k

unsmis is ‘n graan- en oliesadeprodusent se grootste

uitgawe. Dit kan tussen 30% en 50% van ‘n produsent se

lopende produksiekoste uitmaak. Omdat kunsmispryse

gedurende die jaar uitermate kan wissel, kan die tyd van

aankope ‘n reuse verskil in kostebestuur en wins maak.

Graan SA het die gemiddelde maandelikse prys met behulp van

plaaslike kunsmispryse sedert 2004 bereken en dit teen die totale

jaarlikse gemiddeld opgeweeg ten einde ‘n indeks te bepaal – en

dit op ‘n grafiek aangedui. Hierdie resultate illustreer wanneer kuns-

mispryse tradisioneel en/of op ‘n gemiddelde basis op sy hoogste

of laagste is. Die afgelope jaar (2016) se pryse verskyn ook op die

grafieke (

Grafiek 1

tot

Grafiek 4

). Die blou lyn verteenwoordig die

langtermynindeks en die rooi lyn 2016 se indeks.

Dit is duidelik dat die afgelope jaar presies die teenoorgestelde

tendens as die tradisionele tendens getoon het. By feitlik al die

kunsmisgrondstowwe was pryse vroeër in 2016 hoër as later in die

jaar – waar pryse tradisioneel aan die begin van die jaar op hul laag-

ste is.

Hierdie tendens is veroorsaak deur internasionale kunsmispryse wat

gedurende 2016 deurlopend skerp gedaal het. Afhangende van die

grondstof, het internasionale kunsmispryse tussen 17% en 63% in

2016 afgeneem.

Uit hierdie statistiek is dit duidelik dat die tydsberekening van

kunsmisaankope nie eenvoudig is nie. Die afleiding wat gemaak kan

word, is dat dit wel belangrik is om na historiese tendense te kyk,

maar nog meer om deurlopend op hoogte te bly van nuwe wendinge

en verwikkelinge in internasionale en plaaslike markte.

Dit is hierin wat Graan SA vir sy lede ‘n belangrike rol wil speel om

sodoende seker te maak dat hulle op hoogte is van die nuutste

tendense, verwikkelinge en verwagtinge. Sodoende kan lede

ingeligte besluite oor die tydsberekening van hul kunsmisaankope

neem.

Grafiek 1: KAN se historiese prysbeweging oor ‘n jaar sedert 2014 en die

tendens in 2016.

Grafiek 3: MAP se historiese prysbeweging oor ‘n jaar sedert 2014 en die

tendens in 2016.

Grafiek 2: Ureum se historiese prysbeweging oor ‘n jaar sedert 2014 en die

tendens in 2016.

Grafiek 4: KCL se historiese prysbeweging oor ‘n jaar sedert 2014 en die

tendens in 2016.

Januarie 2017

18