Januarie 2017
10
Blaarsiektes op mielies:
Wat hou die nuwe seisoen in?
I
n ‘n ideale omgewing is dit moontlik om te voorspel hoe die
seisoen gaan lyk en watter probleme om te verwag. Die voor-
koms van peste en plae is totaal en al afhanklik van hoe die om-
gewingstoestande gaan lyk tydens die kritiese groeistadia van
die gewas.
Die siektedriehoek (
Figuur 1
) illustreer hierdie beginsel die beste,
waar ‘n siekte slegs kan voorkom met oorvleueling van al drie die
faktore, naamlik die gasheer, patogeen en geskikte omgewings-
toestande.
Dit alles ontwikkel in tyd en dit bepaal wanneer die infeksie
plaasvind, hoe vinnig die siekte vestig, die epidemie ontwikkel en
wat die uiteindelike skade sal wees. Daar is heelwat modelle wat
die voorkoms en ontwikkeling van sekere blaarsiektes op verskeie
gewasse kan voorspel en selfs wanneer om beheermaatreëls toe
te pas al dan nie.
Daar is nie nuwe blaarsiektes in Suid-Afrika wat die produsent
onkant behoort te vang nie. Dit is gewoonlik eerder die voorkoms
van siektes in areas waar dit voorheen minder van belang was,
wat verras. Dit is dikwels die direkte gevolg van klimaatstoe-
stande wat verander. Daarom is dit belangrik dat produsente die
bekende blaarsiektes op mielies kan herken en ook weet wanneer
‘n mens kan verwag om dit te sien.
Slegs die regte diagnose van ‘n siekte sal bepaal of die beheer-
strategie suksesvol sal wees of nie. Een van die algemeenste foute
wat produsente steeds maak, is byvoorbeeld om swamdoders op
siektes wat deur virusse, bakterieë of selfs fisiese skade (sonbrand
en windskade) veroorsaak word, toe te dien.
Dit lei gewoonlik tot groter skade as gevolg van onnodige inset-
kostes wat aangegaan word en die uiteindelike opbrengsverlies
weens die werklike probleem (wat nie korrek aangespreek word nie).
Grysblaarvlek, bakteriese streep- en sonbrandskade word soms
deur die ongeoefende oog verwar. Die beheer van die probleme
is baie verskillend, of in sommige gevalle geensins moontlik nie. ‘n
Baie goeie plaaslike verwysingshulpmiddel sal die produsent
ondersteun om siektes te herken en dan die regte bestuursbesluite
te maak.
Pannar Saad se gratis slimfoontoepassing,
Sprout
(
Figuur 2
), is
een só ‘n voorbeeld waarin die belangrikste siektes wat op mielies
in Suid-Afrika voorkom, opgesom is met ‘n kort beskrywing daar-
naas. Dit stel die produsent in staat om sy plaaslike landboukun-
dige of chemiese verteenwoordiger beter oor die betrokke siekte in
te lig sodat die korrekte aanbeveling gemaak kan word.
Vóór dit sal voorkom, het die belangrikste mielieblaarsiektes unieke
behoeftes in terme van omgewingstoestande. Verder bepaal die
fisiologiese groeistadium van die plant ook wanneer sekere siektes
hulle verskyning sal maak.
Die belangrikste mielieblaarsiektes waarvoor die produsent dié
seisoen op die uitkyk kan wees, is saamgevat in
Tabel 1
en die
groeistadia waarna verwys word, is in die diagram (
Figuur 3
)
geïllustreer.
Die algemeenste blaarsiekte wat in meeste mielieproduserende
areas van Suid-Afrika voorkom, is noordelike mielieblaarskroei
(witroes) (
Foto 1
). Die siekte word veroorsaak deur die swam
Exserohilum turcicum
.
Omgewingstoestande wat die siekte be-
vorder, is matige (18°C - 27°C), vogtige
toestande en lang douperiodes. Die swam
oorleef op mielieblaarreste en meervou-
dige sekondêre infeksies vind gedurende
die seisoen vanuit bestaande letsels plaas.
Die letsels word gewoonlik eerste op die
onderste blare opgemerk en soos spore
onder gunstige toestande uit hierdie letsels
vrygestel word, infekteer dit die blare
boontoe en kom ‘n mens die effek teë waar
die siekte in die plant opkruip.
Bruinroes (
Foto 2
) word gewoonlik eerste
in die seisoen op die jong mielieplante
waargeneem. Die siekte word veroorsaak
deur die swam
Puccinia sorghi
. Omge-
wingstoestande wat die siekte bevor-
der, is matige temperature (16°C - 25°C)
en vogtige toestande (>95% humiditeit).
Bruinroesinfeksie word bevoordeel deur
dou/mistoestande – veral gedurende die
nag wanneer spore op die blaaroppervlak
ontkiem en die blaar deur die huidmondjies
penetreer.
OP PLAASVLAK
Omgewingstoestande / Nuwe seisoen
Geïntegreerde plaagbeheer
RIKUS KLOPPERS,
senior navorsingsbestuurder en
VICKY COETZEE,
plantpatoloog, DuPont Navorsing
Figuur 1: Die plantsiektedriehoek.