7
KANTLYN
Op die
Gee gerus jóú mening van die kantlyn af:
estiedv@mweb.co.za083 490 9449
Die koste van kunsmis word tans as ‘n groot uitdaging beskou siende
dat dit in baie gevalle die enkel duurste insetveranderlike in verskeie
graan- en oliesaadverbouings (ongeveer 40% van direkte koste) is.
–
Hoe mededingend is ons graan- en oliesaadbedrywe in ‘n globale konteks?
SA Graan/Grain
, Desember 2016
40%
January 2017
Omkring op jou kalender
8 en 9 Maart 2017: Graan SA Kongres op NAMPO Park
16 - 19 Mei 2017: Graan SA se NAMPO Oesdag
Droogte lang die teerpad
Beste Grootneef
Namakwaland is droog, baie droog, en alle produsente bly op
soek na ‘n bietjie voer vir hul diere. Só kry ons by ‘n weldoener ‘n vrag voer teen
‘n billike prys en ons is weg met die lorrie om dit te gaan haal. Die voer was in
sakke wat wissel van 50 kg tot 100 kg en ons het maar gelaai – te bly oor die
geleentheid. Klaar gelaai, sê die oom ons kan nog ‘n ton oplaai...sonder beta-
ling. Te bly vir die meevaller láái ons. Toe het ons natuurlik geen idee hoe swaar
die vrag is nie.
DS KOOS KIRSTEN
WOORD
Uit die
d
ie lewe word meermale in die Bybel met ‘n wedloop ver-
gelyk. Alle mense neem aan hierdie wedloop deel, maar
nie almal bereik die wenpaal nie. Slegs diegene wat
volgens die reëls van die Bybel deelneem, kom uiteindelik
by die regte eindstreep aan. Dit beteken dat slegs die
ware gelowiges die wenpaal bereik en in aanmerking kom vir die
prys. Die prys is die Ewige Lewe.
In Hebreërs 12 word ons aangemoedig om in hierdie wedloop te
volhard. Hier wys die skrywer ons op ‘n paar belangrike sake wat
ons voortdurend in gedagte moet hou. In die eerste plek is daar baie
gelowiges wat hierdie wedloop reeds voltooi het. Ons lees van hulle
in die Bybel. Hulle optrede is vir ons opgeteken sodat ons deur hulle
optrede aangespoor kan word om in hierdie wedloop te volhard.
Verder moet ons nog drie ander dinge ook doen.
Ons moet elke las afgooi – en ook die sonde wat ons so maklik
omring. Die laste waarvan hier gepraat word, is alle mensgemaakte
reëls, voorskrifte en wette waarmee ons probeer om die Here te
paai of sy guns te wen. In die Bybelse tyd het die Jode hard pro-
beer om die Here volgens hulle eie wette en voorskrifte te dien.
Die Here Jesus het hulle baie skerp hieroor aangespreek, want al
hierdie goed maak gelowiges net moeg en laat hulle tou opgooi in
die wedloop van die lewe. Wat die sonde betref, moet ons dit ook
nalaat. Om in die sonde te volhard, is om deur digte bosse te pro-
beer hardloop. Hulle omring jou en verhinder dat jy enigsins vor-
dering maak. Verder moet ons ons oë op Jesus Christus gevestig
hou. Soos elke goeie atleet op die wenpaal ingestel is, moet ons
op Christus ingestel wees. Hy is die Outeur en Voleinder van ons
geloof. Dit beteken dat geloof in ons begin, voortgesit en voltooi
word. Hy begin dit met ons wedergeboorte, sit dit voort deur sy
Woord en werking van die Heilige Gees en voltooi dit deur alles aan
ons te gee wat ons nodig het om tot die einde toe te volhard.
Daarby het Hy met sy dood en opstanding vir ons die pad waarop
ons moet hardloop, oopgemaak. As ons op hierdie pad bly, sal ons
by die wenpaal uitkom. As ons van hierdie pad afwyk, sal ons
verdwaal en uiteindelik die wenpaal en die prys misloop. Die gevolg
sal die ewige dood – weg van die Here af – wees. Ons het pas met
die nuwe jaar begin. Dit sal ook weer ‘n jaar vol uitdagings wees
– soos wat die afgelope jaar was. ‘n Jaar waarin ons maklik moede-
loos en moeg kan word. Laat ons dan voortdurend die woorde
van Hebreërs 12 in gedagte hou sodat ons nie moeg word en uitsak
uit die wedloop, die geloof en die lewe nie.
Baie geluk aan
Agnes Motaung van
Klerksdorp wat vir die
Desember-uitgawe van
SA Graan/Grain
die
gratis Bybel gewen het.
Ons ry lekker, maar toe ons stop om by die Weskuspad aan te sluit, sien ons
Die Here Sewentien so 200 m ver staan. In die pad rol hulle twee matte oop en
vra ons moet daarop gaan trek. “Menere, die lorrie is oorlaai, julle moet asse-
blief na die naaste weegbrug toe gaan,” sê hulle.
Die weegbrug is 30 km suid in die teenoorgestelde rigting. Ons soebat, ons pleit,
ons praat van die droogte...Ons sal enige boete betaal, maar alles tevergeefs.
Volgens die skaal is die lorrie met 800 kg oorlaai; ons moet aflaai en regpak dat
elke as sy regte gewig dra en ons moet gou maak; die twee vangers wil uitval.
Dit is drie-uur, baie na aan vyfuur. Hulle wys ons ‘n plek waar ons moet aflaai en
dan weer kom weeg, later nog net 10 kg, wat ons met ‘n emmer uitskep. Maar
ai tog, toe is die vrag nie reg tussen die aste versprei nie. 100 kg-sakke moet
geskuif word en ons is net twee manne. Gelukkig ry die uitvalspan en die twee
baie inskiklike dames wat agterbly, sê toe ons kan maar los.
Wat nou gemaak met die voer wat oral in klein sakkies rondstaan? Hulle bied
aan dat daar naby kontrakteurs is wat dit kan verwyder en stoor – natuurlik teen
groot koste. Ons wys dit van die hand en bel die oom by wie ons die voer gekry
het – 40 km daarvandaan. Hy kom gou met al sy werkers en laai dit op sy lorrie.
Ek gesels weer met die twee dames oor ons voer wat moet agterbly en ons is
300 km van die huis af waar dit moet wees en ons het dit so bitter nodig. Hul
raad aan ons is toe baie goed: Ry ‘n entjie weg, laai dit weer op en sorg dat julle
nie weer gevang word nie. Ons boete is R3 500.
Die goeie oom – nou al 93 jaar oud – wat boerdery ken en weet hoe moeilik dit
hier in Namakwaland gaan, bied aan om die boete te betaal. Ja, die droogte vang
‘n mens dikwels...selfs langs die teerpad.
Jou neef uit Namakwaland