Background Image
Previous Page  44 / 52 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 44 / 52 Next Page
Page Background

Januarie 2015

42

Meer oor die Riversdal Wintergraan

Bedryfskomitee Inligtingsdag

D

ie jaarlikse Wintergraan Bedryfskomitee Inligtingsdag het

in September verlede jaar buite Riversdal plaasgevind.

Ongeveer 230 produsente en bedryfsrolspelers is deur

mnr Hendrik Joubert van Uitkyk Boerdery verwelkom.

Dit is verblydend om hierdie mate van produsentebelangstelling en

ondersteuning vir bewaringsboerdery in die Suid-Kaap te sien.

Mnr Hannes Otto van die Ottosdal Geenbewerkingsgroep het sy

ondervindinge rakende bewaringsboerdery in die noorde, gedeel

met die Suid-Kaapse produsente. Hy het eerstens ‘n agtergrond van

die Ottosdal-area geskets: Hul ontvang ongeveer 400 mm - 450 mm

reën per jaar en ken droogte.

Hulle het vir dekades daar geploeg en hoofsaaklik mielies geplant.

Otto het tong in die kies vertel dat sy wisselboustelsel vroeër jare

hoofsaaklik uit die afwisseling van geel- en witmielies bestaan het!

Dit was vir hom ‘n groot stap om oor te skakel, maar hy het gesien

dat ploeë ‘n ploegblad vorm en het gou agtergekom dat sodra dit

gebreek word, sy opbrengste verbeter.

Hy het sy onkruid ook altyd meganies beheer en ‘n land is ten

minste ses tot sewe maal per jaar bewerk. Hy vertel dat ná ‘n besoek

aan Argentinië en Brasilië sy oë oopgegaan het. Hy het vir hom

‘n geenbewerkingsplanter aangeskaf en stadig maar seker begin

oorskakel. Hy noem dat hy aanvanklik baie bang en onseker was,

maar kon gou sien hoe die lewe terugkom in sy grond. Sy plante is

gesond en sy opbrengste het verbeter.

In 2006 was daar slegs drie produsente in die area wat met geen-

bewerkingsmetodes begin het. Ander was baie skepties, maar be-

langstelling het elke dag gegroei en produsente in die area het een

vir een begin oorskakel. Een van die redes hiervoor is dat hierdie

metodes insetkoste dramaties verlaag. Hul het in die verlede

ongeveer R80/ha tot R100/ha aan diesel spandeer waar hierdie

benadering dieselkoste na ongeveer R25/ha afbring. Otto het

genoem dat bewaringsboerdery nie net daaroor gaan om geld te

spaar nie, maar dat ‘n persoon se benadering en denke ten opsigte

van boerdery heeltemal moet verander.

Otto vertel ook verder dat die navorsingskapasiteit in hulle area

nie baie goed is nie, maar dat hulle groep self inisiatief geneem het

en in samewerking met die LNR, proewe op hulle eie plase begin

plant het om praktyke verder te verfyn. Ongeveer 14 produsente het

aan hierdie inisiatief deelgeneem om vinniger antwoorde te kry.

Dr Johann Strauss van die Wes-Kaapse Departement van Landbou,

Bosbou en Visserye het verder terugvoer gegee oor hulle onlangse

besoek aan Amerika en Kanada. Hy het ‘n uitstekende voorlegging

gelewer oor hierdie lande se praktyke en vordering in terme van

bewaringsboerdery en ook die ooreenkomste en verskille in

navorsing en boerderymetodes uitgewys.

Dr Strauss het ten slotte die praktyke met produsente gedeel waaruit

ons hier in Suid-Afrika kan leer en verder op kan bou en navors.

Na afloop hiervan is ‘n verskeidenheid van proewe besigtig, wat

insluit: Smoorgewasse; koringkultivar- en demonstrasiestroke;

kanolakultivars; kanola sny-demonstrasies; kanolasaaidigtheid;

voergraan-demonstrasieperseel; voergraan sny-demonstrasie; dek-

gewasse demonstrasie; plantervergelyking, wisselboubesigtiging;

skyfplanter saaidigtheid-demonstrasie; N-byproduk en mikro-ele-

ment demonstrasies.

AKTUEEL

LIANA STROEBEL,

ontwikkelingskoördineerder, Graan SA

1: Hannes Otto van Ottosdal.

2: Dr Johann Strauss gee terugvoer oor die toer.

3: Die gehoor luister aandagtig.

4: Bespreking in ‘n kanolaland.

5: Agtergrondinligting oor die betrokke proef word verskaf.

6: Produsente het hier die geleentheid om self deur die gewasse te stap en resultate van nader te bekyk.

1

4

5

6

2

3