Background Image
Previous Page  49 / 52 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 49 / 52 Next Page
Page Background

47

Mazda se slim plan

– Die Mazda CX-5 DE Akera

d

ie Mazda CX-5 is ‘n middelklas sportnutsvoertuig

(SNV), wat alreeds in 2012 geloods is. Dit het destyds

slegs met ‘n 2 liter-petrolenjin uitgekom.

Mazda het egter aan die einde van 2014 hierdie voertuig

weer in Suid-Afrika met ‘n aansienlike string verbete-

rings herloods, sodat dit nou ook as ‘n bruikbare gesinsvoertuig ‘n

aantreklike oorweging vir die landboumark is.

Die Mazda CX-5 is nou beskikbaar met ‘n 2,2 liter-dieselenjin en die

topmodel in die CX-5 reeks, die Mazda CX-5 DE Akera, het permanen-

te vierwielaandrywing. Die ander modelle is voorwielaandrywing.

Daar is twee weergawes van die 2,2 liter dubbel-turbo ondersteun-

de dieselenjin beskikbaar. In die voorwielaangedrewe model is

daar die ekonomiese weergawe, wat ‘n kraglewering van 110 kW

het en ‘n wringkrag van 380 Nm opwek. Sy gemiddelde brandstof-

verbruik is 5,7 liters per 100 km.

Die CX-5 DE Akera met sy permanente vierwielaandrywing het

egter meer krag nodig en daarom is die enjin gestel om ‘n krag-

lewering van 129 kW te bied en maksimum wringkrag van 420 Nm

te lewer.

Koppel hierdie kragtige enjin aan ‘n besonderse ligte, maar sterk

bakwerk, dan het jy ‘n voertuig wat uiters gewillig is.

Die CX-5 DE Akera is die eindproduk van Mazda se weldeurdagte

ontwikkeling. Die ontwerp is nie net aantreklik en lugdinamies nie,

maar aandag is veral in die ontwerp van die bakwerk gegee aan die

uitsigpotensiaal wat die bestuurder het.

Om die bestuurder se gesigsveld te vergroot, is die kantspieëls

byvoorbeeld ‘n paar sentimeter geskuif. Dit is verfrissend om vir ‘n

slag in ‘n voertuig te sit wat slim beplan is om die bestuur- en ry-

ervaring werklik genotvol te maak.

Die CX-5 se wielbasis is 2,7 m lank. Dit tel onder die langstes in

die middelklas SNV-segment wat ‘n ruim gemaksone binne die

kajuit verseker. Beenspasie vir die agterste passasiers is die beste

in sy klas.

Om die agterste pakruimte te vergroot, kan die agterste sitplekke

op drie plekke afslaan. Deur byvoorbeeld die middelste gedeelte

van die agtersitplek af te slaan, kan ‘n fiets vervoer word, terwyl

daar steeds sitplek vir twee passasiers agter is.

Die CX-5 is ruim, gemaklik en kragtig. Dit het al die veiligheidstoe-

rusting en padbeheerstelsels wat ‘n mens van ‘n kwaliteit SNV

verwag. Die nuwe reeks CX-5 is van vooraf van kop tot toon

herontwerp om ekonomies, veilig, stylvol en kragtiger as sy

2012-voorganger te wees.

GERRIE SMIT,

lid van die SA Motorskrywersgilde

WIELE

vir die plaas

Die Mazda CX-5 DE Akera met vierwielaandrywing is die vlagskip in die reeks en kos R456 100.

January 2015