Background Image
Previous Page  50 / 52 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 50 / 52 Next Page
Page Background

48

Beste Grootneef

v

oorspoed ou Neef, op 2015!

Mag dit elke Vrydagmiddag ná

tjailatyd reën.

Hier oor die Feesdae het ons by

die familie in die groot stad gaan

kuier. Kyk, dáár is darem vir jou mense...

En elk probeer om op sý manier ‘n bestaan

te maak.

By robotte kan jy enige ding koop – van

‘n tuinslang tot ‘n pap snoek! En by elke

parkeerplek is daar ‘n span wat jou kar wil

oppas. Ons het gou geleer om soos ‘n perd

met oogklappe aan, uit die kar te klim en

nie links of regs te kyk nie. As jy oogkontak

maak, het jy ‘n karwag in diens. So raak

jy nes die stedelinge wat botweg by me-

kaar verby beur, almal sonder naam.

Dit help ook nie regtig om ‘n karwag met ‘n kopknik in diens te

neem nie – buurman, Jan Grey, vertel dat toe hy uit die Kolon-

nade stap, was sy bakkie én die karwag skoonveld. Buurman sê hy

hou van ‘n karwag as hy op Ellispark gaan rugby kyk. As deposito

gee hy die man ‘n halwe R100 noot. Indien die wag én sy bakkie

ná die wedstryd nog daar is, kry die wag die ander helfte van die

R100 noot. Dis nou om in paaiemente te betaal!

‘n Ander ding wat jy nie in die stad doen nie, is om mense te groet.

Jy kry ‘n skewe kyk én ‘n hand vol vere wanneer jy vir iemand

waai. Hier is in elk geval soveel karre, jy sal lyk soos Hitler, as jy die

heeltyd so in die ry groet!

Die ander ding is hoe mense ry. Woes man, woes. Dis nie van spasie

en “ubuntu” en sulke mooi goed nie. Dis ry om dood te ry en elke

man vir homself. Almal druk voor jou in ook. Toe ek myself die

ander dag kry, het daar soveel karre voor my ingedruk dat ek terug

was in die stadsneef se motorhuis...

En as jy eers op die snelweg is, dan bly jy in jou baan al gaan jy

ook staan. Dis nogal pret om wanneer ‘n stadsjaap amper in jou

kattebak inry, die briek so liggies te raak – jy sien net hoe “dip” die

ou se bonnet hier agter uit jou truspieël se sig uit!

Dis ook nie net van flikkers gooi as die spul van baan verwissel nie.

Nee – die klomp gly so gelydelik voor jou in soos ‘n Addo olifant. As

jy weer sien, is hy daar.

Die beste ding van die stad, is die pad terug Vrystaat toe!

Nee kyk, dis beter hier gunter in die vlaktes. Hier op ons ou dorpie

is die grootste verkeersknoop wanneer ouers hul kinders Vrydae

by die skoolkoshuis kom oplaai. En dan word elke wuif ten minste

opreg bedoel.

Ou Neef, dit is van die seëninge wat sommer so met ons is en waar-

van ons nie altyd notisie neem nie. En dit is om as gemeenskappie

búíte die stadspoorte ‘n bestaan te maak.

Groete op die Oosgrens.

Kleinneef

E-POSSE

aan Groot neef

Dis beter buite die

stadspoorte

Lesers is welkom om ‘n e-pos aan Kleinneef te stuur by

kleinneef@graingrowers.co.za

.

Januarie 2015