Background Image
Previous Page  46 / 52 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 46 / 52 Next Page
Page Background

Januarie 2015

44

Sosiale element in Agri SA-grond-

hervormingsplan gee deurslag

“E

k sou nie ‘n plan kon verdedig wat nie ‘n sosiale kom-

ponent in gehad het nie. Agri SA se alternatiewe grond-

hervormingsvoorstel het dié komponent in.”

Dit was die woorde van mnr Gugile Nkwinti (minister: Landelike

ontwikkeling en Grondhervorming) tydens ‘n mediakonferensie by

Agri SA se kongres op 16 Oktober verlede jaar in Pretoria.

Nkwinti sê hy het ‘n toespraak voorberei om Agri SA te versoek om

grondhervorming op ‘n sekere manier te hanteer, maar het daar

en dan besluit dat hy nie sy voorlegging gaan lewer nie en wou

slegs weet hoekom Agri SA so lank geneem het om dié raamwerk

voor te stel.

Hy sê hy het ‘n verskeidenheid reaksies op die raamwerk vir grond-

hervorming gekry. “Die eerste oproep wat ek die Sondagoggend

ontvang het net ná die 50/50-voorstel gemaak is, was van

mnr Gwede Mantashe, ANC sekretarisgeneraal. Hy het gesê: ‘Ek

het ‘n R2 miljoen plaas en nou wil jy die helfte nasionaliseer’.

“Voorstelle vir wat gedoen kan word aan die sosiale omstandighe-

de van die werkers op die platteland word aangespreek in dié

plan. Dit is ‘n ‘pragtige raamwerk’ waarby ons wil betrokke raak,”

het Nkwinti gesê.

‘n Interdepartementele taakspan van die regering en ‘n tegniese

taakspan van Agri SA sal uitkoms sewe, wat gebaseer is op hoof-

stuk ses van die Nasionale Ontwikkelingsplan, koördineer. “Die

proses vorentoe in terme van georganiseerde landbou sal wees

om dié plan aan die Agrisektor-eenheidsforum (Asuf) voor te lê, so-

dat dié forum ook insette van Agri SA en ander organisasies kan

kry om ‘n raamwerk saam te stel.

“Dit is belangrik dat plase die beste kans op sukses het. Ons wil

met grondhervorming beweeg van ‘n 90%-mislukkingsyfer na ‘n

90%-sukseskoers. Ons sal nooit sukses kan waarborg nie, maar

binne hierdie raamwerk sal ons data en ervaring kan kry,” het

mnr Johannes Möller (president: Agri SA) gesê.

Hoekom is dié waterskeidingsoomblik

so belangrik?

“Vandag (16 Oktober 2014) is die dag waarvoor ons aangetree het

by die wegspringplek; dit is hoegenaamd nie die eindpunt nie,”

het Möller gesê op die reaksie dat Nkwinti Agri SA se holistiese

plan vir grondhervorming aanvaar het.

Volgens Möller is grondhervorming ‘n gegewe. “Ons het geen

sin daarin om ‘n verdeelde toekoms tegemoet te gaan nie. Soos

wêreldekonomieë weer begin groei, sal die gaping tussen ryk en

arm eerder groter word as kleiner. Dit is hoekom grondhervor-

ming belangrik is; om aan meer mense in ons land toegang tot

grond te gee, maar ook tot ander hulpbronne wat belangrik is in

die ekonomie.”

Dit is belangrik dat die landelike ekonomie ontwikkel word en in

Agri SA se terme pas dit in by hul inisiatief om landelike gemeen-

skappe te help met opleiding en om entrepreneurs te ontwikkel.

“Ons wil onder andere plaaswerkers se vrouens oplei om entre-

preneurs te word, sodat die inkomste van gesinne op die platteland

kan verhoog. Derhalwe sal die landelike ekonomie gestimuleer

word, sodat die tempo waarteen Suid-Afrikaners verstedelik (meer

as 600 000 per jaar) verlaag kan word.”

Hy sê dit is nie onmoontlik nie, maar hoogs onwaarskynlik dat

Suid-Afrika in ‘n tweede Zimbabwe sal ontaard. “Die sektor van

produsente wat die swaarste in Zimbabwe gekry het, was die

ontwikkelende produsente. Hul produksie het meer geval as die

kommersiële sektor se produksie. Ons regering verstaan dat as

jy nie die waardeketting ontwikkel terwyl jy die primêre landbou-

sektor ontwikkel nie, sal dit op mislukking afstuur. Suid-Afrika se

middelklas is besig om te groei en daarom sal ons minder konflik

hê (al styg die ongelykheid oor tyd). Mettertyd sal die resultate vir

hulself spreek.”

Mnr Louw Steytler (voorsitter: Graan SA) meen voedselproduksie

sal slegs die nodige sukses bereik indien daar samewerking reg-

deur die waardeketting geskied. “Dit is nie ‘n kwessie wat georgani-

seerde landbou op sy eie kan hanteer nie. Deur die strukture van

georganiseerde landbou, kommersiële banke en agribesighede

betrokke te kry asook die prosesse van die kommoditeite wat

geproduseer word, sal ons die transformasie van ons landelike

gemeenskap vorentoe kan neem.

“Dryfkrag is kritiek nodig in die landbousektor en daar moet gekon-

sentreer word op kommoditeitbenefisiëring in landelike gebiede,

omdat dít is waar die werkskepping so dringend nodig is. Ons moet

almal saam die lot van diegene verlig wat in bitter armoede leef

en tans geen vooruitsigte het om hul lewens in die toekoms te

verbeter nie,” het hy gesê.

Mnr Senzeni Zokwana (minister van Landbou, Bosbou en Visserye)

wat die kongres op die tweede dag besoek het, sê dat die debat oor

grond nie agterweë gelaat kan word nie, maar aan die ander kant

moet ‘n mens ook nie emosioneel daaroor raak nie. “Ons moet

sensitief wees, maar ook bereid wees om te luister na verskillende

debatte rondom hierdie baie sensitiewe kwessie. Wanneer ons té

reaksionêr raak, verloor ons sig van wat ons kan bydra tot hierdie

debat. Eendag sal ons kleinkinders vir ons vra wat ons bygedra het

tot die kwessie van grond. Wat sal ons dan vir hulle sê?”

‘n Kwessie waarteen Zokwana sterk gekant is, is geweld in die

landbousektor. “Geweld teen produsente is geweld teen die hele

landbousektor. Geweld is nie net direkte geweld teen ‘n plaas-

werker of produsent nie, maar dit hou ook verband met diefstal,

dieremishandeling en sommer net om die lewe van mense in

boerderygemeenskappe ondraaglik te maak,” het hy gesê.

Ekonomie versus landbou

Dr Azar Jammine (direkteur en hoof ekonoom: Econometrix) het

aan die kongres ‘n oorsig gegee oor die ekonomiese stand van

sake tans in Suid-Afrika. “Sedert ongeveer die jaar 2000 het groei

in Afrika suid van die Sahara begin om bo die gevorderde ekono-

mieë (VSA, Europa en Japan) uit te presteer, omdat China tussen

8% en 12% per jaar vir die afgelope 25 jaar gegroei het. Die groei

het so toegeneem tot by die punt waar China nou voedsel en

materiaal nodig het en daarom het hulle vir Afrika nodig. Ongeveer

25 verskillende lande in Afrika is op soek na groei van tussen 4% en

8% per jaar vir die volgende vyf jaar,” het hy gesê.

AKTUEEL

RUTH SCHULTZ,

SA Graan/Grain

medewerker