Background Image
Previous Page  47 / 52 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 47 / 52 Next Page
Page Background

45

January 2015

Volgens Jammine is dit slegte nuus dat MIV/vigs besig is om toe

te neem, maar die goeie nuus is dat die verhouding van sterf-

tes as gevolg van MIV afneem en gevolglik is daar ‘n verbetering

in die lewensverwagting van Suid-Afrika se bevolking. “In die lang

termyn sal daar dus meer monde wees wat gevoed moet word,

met die gevolg dat daar ‘n toename in die behoefte aan landbou

sal ontstaan.

“Verstedeliking raak ook al meer ‘n algemene verskynsel in Suid-

Afrika en nêrens is dit méér prominent as in Afrika suid van die

Sahara nie. Byna tweederdes van mense in Suid-Afrika woon in

stede in vergelyking met ‘n derde sowat 30 jaar gelede,” het hy gesê.

Verder sê hy is regerings steeds belas met groot vlakke van skuld

wat aangegaan is om die 2008/2009-finansiële krisis te probeer red,

ten spyte van die groot hoeveel geld wat in die wêreld se finansiële

markte ingesit is.

Stakings in verskeie industrieë is vir hoër lone en die Reserwebank

spreek sy vrees uit dat nog hoër salarisse wat aan werkers gegee

word, hoër inflasie kan veroorsaak. “Die styging in inflasie is egter

baie matig, omdat ‘n groot deel van hierdie looneise eenvoudig

verhoogde meganisasie veroorsaak. Die loonkoste as ‘n geheel

neem nie werklik meer toe nie, maar meer mense verloor hul werk,”

het Jammine genoem.

1: Dr Azar Jammine meen dat inflasie sal afneem oor die volgende paar maande tot onder 6% van die boonste vlak van die inflasiemerk. “Die repokoers

op 5,5% is laer as die inflasiekoers van 6,4%. Die Reserwebank meen dat dit nodig is om terug te beweeg na ‘n vlak waar rentekoerse bo inflasie styg,

anders sal mense nie spaar nie.”

2: Graan SA se afgevaardigdes wat die Agri SA kongres bygewoon het, is voor: Ramodisa Monaisa (Graan SA-hoofbestuurslid), Jan Grey (Graan SA-

hoofbestuurslid), Victor Mongoato (visevoorsitter: Graan SA), Louw Steytler (voorsitter: Graan SA), Andries Theron (visevoorsitter: Graan SA) en

Israel Motlhabane (Graan SA-hoofbestuurslid). Agter: Jaco Minnaar (Graan SA-hoofbestuurslid), Kallie Schoeman (Graan SA-hoofbestuurslid),

Cobus van Coller (Graan SA-hoofbestuurslid), Chris Schoonwinkel (Graan SA-hoofbestuurslid), Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder:

Graan SA) en Willem Groothof (Graan SA-hoofbestuurslid).

3: Johannes Möller, regs, het sy voorgangers – Boet Fourie, Chris du Toit, Japie Grobler en Lourie Bosman – by Agri SA se 110de jaarkongres verwelkom.

“Jul bydraes tot ons organisasie is steeds vir ons ‘n bron van inspirasie waarop ons kan voortbou,” het hy aan dié oud-presidente van Agri SA gesê.

4: ‘n Mediakonferensie is na afloop van die beleidsessie “Die pad na sinvolle en volhoubare grondhervorming” gehou, waar media die geleentheid gekry

het om aan minister Gugile Nkwinti (links voor), Johannes Möller, Phenias Gumede asook Dan Kriek (links agter), Louw Steytler en Theo de Jager vrae

te stel. Johannes Möller is tydens kongres herkies tot president van Agri SA, terwyl Dan Kriek aangewys is as die nuwe visepresident, in die plek van

Theo de Jager. Phenias Gumede is herkies tot die tweede visepresident van Agri SA.

5: Senzeni Zokwana het tydens sy besoek aan die kongres op 17 Oktober verlede jaar gesels oor sy visie vir die landbousektor. “Kom ons werk saam om

te verseker dat al ons mense toegang het tot voldoende, veilige en voedsame kos, om sodoende ‘n gesonde en aktiewe leefstyl te kan handhaaf. Tans

dra landbou slegs 2,7% by tot ons ekonomie. Om dié syfer te verhoog, moet ons meer in dié sektor investeer. Indien ons wil hê dat produsente bystand

vir ons land moet bied, moet ons meer markte vir ons produsente kry en ons moet seker maak dat die omgewing bevorderlik is vir produsente om in te

floreer,” was sy woorde.

6: Kongresgangers kon self ook standpunt inneem. Cobus de Klerk (voorsitter: Sybokhaarvereniging) het onder andere vir minister Zokwana gesê dat

hy die kongres se tema “Gesinsboerdery binne ‘n transformerende samelewing” ten volle ondersteun. “In die Oos-Kaap is daar plase wat vir honderde

jare in dieselfde familie bly – ons moet dit erken en daarby hou.”

1

2

4

6

3

5