Background Image
Previous Page  21 / 52 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 21 / 52 Next Page
Page Background

19

January 2015

Dra ook sorg dat enige onkruiddoder onder goeie spuittoestande

en die korrekte dosis toegedien word op onkruid wat nie groter as

die vierblaar-stadium is nie. Té hoë en té lae dosisse veroorsaak

hoë seleksiedruk vir teikensetel- en nie-teikensetelweerstand on-

derskeidelik. Wissel ook die gebruik van ‘n effektiewe onkruiddoder

so gereeld as moontlik af met ander onkruiddoders met ‘n ander

werkswyse (met ander woorde in ‘n ander werkswysegroep).

Alternatiewe beheer

Met die oog op voorkoming en bestuur van onkruiddoderweer-

stand, is dit noodsaaklik dat daar nie net op chemiese beheer

staatgemaak word nie. Fisiese verwydering is effektief wanneer

plante jonk is, maar baie tydrowend.

Die diep penwortel van goed gevestigde plante maak dit baie moei-

lik om met die hand uit te trek en meganiese bewerking is ook net

deels effektief indien die wortel onder die grondoppervlak afgesny

kan word.

Vlak bewerking is effektief om kiesieblaarsaailinge te beheer in-

dien dit uit die grond gepluk kan word of die wortel onder die

grondoppervlak afgesny word. Vinnig groeiende gewasplante of

smoorgewasse kan kiesieblaar onderdruk omdat die saailinge ‘n

hoë ligbehoefte het.

Kanadese navorsing het getoon dat bandplasing van bemesting

onder die gewassade die voorkoms van kiesieblaar kan verminder.

Kiesieblaar blyk meer volop te wees in minimumbewerkingsitua-

sies. Boerderystelsels wat bewerking, beweiding, lang rotasies en

vroeë bespuitings met onkruiddoder insluit, verlaag kiesieblaar-

populasies.

Bedankings en verwysings

Die volgende persone het die artikel krities deurgelees en voorstelle

ter verbetering gemaak waar nodig: Prof Andy Cairns (Universiteit

van Stellenbosch), dr Erik Eksteen (Syngenta), mnr Org Lotter

(Bayer CropScience), mnr Jim McDermott (Du Pont), mnr Hannes

Schoeman (Monsanto), mnr Frik Potgieter (Nulandis) en mnr Dirk

van Eeden (Terason).

Die lys van geregistreerde onkruiddoders is verkry vanuit die pu-

blikasie:

A Guide to the chemical control of weeds in South Africa: A

CropLife South Africa Compendium

. Bestel by

info@cropsolutions

.

co.za

of 011 079 4199.

Inligting is ook verkry vanuit die boek

Onkruide in gewasse en

tuine in Suidelike Afrika

en is beskikbaar by die LNR-Instituut vir

Graangewasse, Privaat sak X1251, Potchefstroom 2520. Kontak

Mary James by 018 299 6253 of

JamesM@arc.agric.za .

Die boek

Probleemplante en indringeronkruide van Suid-Afrika

deur

Clive Bromilow is ook geraadpleeg en is beskikbaar by die meeste

boekhandelaars of raadpleeg die webtuiste van die uitgewers by

www.briza.co.za .

Lesers kan die pamflet

Volhoubare gewasproduksie in die teen-

woordigheid van onkruiddoderweerstand

ook in PDF-formaat

verkry van die skrywer van hierdie artikel by

pjp@sun.ac.za .

Dit

is ook (in Engels) beskikbaar by die CropLife SA-webtuiste (

http://

www.croplife.co.za/Portals/13/Croplife_Documents/Sustainable%20

crop%20produc tion%20 in%20 the%20presence%20of%20

herbicide%20resistance.pdf

).

Inligting is ook vanuit die volgende

bronne verkry

https://florabase.dpaw.wa.gov.au/browse/profile/4961 http://www.herbiguide.com.au/Descriptions/hg_Smallflowered_Mallow.htm http://www.ipm.ucdavis.edu/PMG/PESTNOTES/pn74127.html

5: ‘n Blom van die kiesieblaar.

5