Background Image
Previous Page  14 / 52 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 14 / 52 Next Page
Page Background

Wanneer knyp oliesadepryse jou?

p

rodusente koop met planttyd produksie-insette teen

kleinhandelpryse om later sonneblomsaad en sojabone

teen groothandelpryse te verkoop. Die vlak van hierdie

groothandelpryse kan jou wins en volhoubaarheid

bepaal. Word die prys wat jy behaal net deur vraag en

aanbod in die vrye mark bepaal of speel markkrag ook

‘n bepalende rol?

Onvoorsiene prysbewegings het al in die oliesademark sonder

fundamentele redes voorgedoen en verliese veroorsaak. Die nuwe

perskapasiteit en gepaardgaande groter mededinging behoort tot

markomstandighede te lei waarin onseker prysbewegings hopelik

minder gaan voorkom.

Wanneer behaal sonneblomsaad

bogemiddelde pryse?

Sonneblomsaad het gedurende die afgelope vyf jaar bogemid-

delde pryse gedurende September, Oktober, November, Desember

en Januarie behaal. Sonneblomsaadpryse verkeer dus gewoonlik

tydens planttyd teen bogemiddelde prysvlakke.

Dit kan in 2014 egter ‘n uitsondering wees omdat die pryse vir

sonneblomsaad 16% laer was as die gemiddelde prysvlakke vir

‘n normale jaar in Oktober. Tydens die skryf van hierdie artikel

(3 Desember 2014) het sonneblomsaadpryse verder begin daal en

die langer termyn tendens van laer pryse na-plant (ná Desember)

begin navolg (

Grafiek 1

).

Wanneer is die pers van sonneblomsaad

bogemiddeld hoog?

‘n Bogemiddelde hoeveelheid sonneblomsaad word maandeliks

tydens die sewe maande vanaf Mei tot November gepers. Die

perssyfer daal egter skerp tussen November en Desember. Sommige

aanlegte word vir die Desembervakansie gesluit met ‘n gevolglike

daling in vraag en pryse. Pryse is ook laag en ondergemiddeld vanaf

Februarie tot Augustus omdat nuwe seisoen produsentelewerings

vanaf Maart tot Julie voldoende sonneblomsaad vir persdoel-

eindes voorsien.

Pryse begin eers vanaf einde Augustus te herstel. Die pers van

sonneblomsaad is bogemiddeld vanaf Mei tot November. Die pers

van sonneblomsaad neem tussen Maart tot Mei met 43% toe en

die vraag na sonneblomsaad vanaf Mei behoort pryse dus beter

te ondersteun.

Pryse behoort nie eers vier maande later positief op die hoër

perstempo te begin reageer nie. Dit kan wees dat markkrag ‘n

rol speel om pryse vanaf Mei tot Augustus langer as wat nodig is

onder druk te hou (Grafiek 1).

Wat is die onmiddellike prysvooruitsigte

vir sonneblomsaad- en sojaboonpryse?

Volgens die indeks daal sonneblomsaadpryse ná die Desember-

aanplantings per maand met 2,4% tot prysvlakke in April wat tus-

sen 9% en 10% laer is as in Des mber (

Grafiek 3

).

Sonneblomsaadpryse het in 2014, anders as in ander jare, reeds

aan die begin van Desember teen ondergemiddelde pryse verkeer

en indien pryse die dalende tendens sou navolg kan verwag word

dat pryse in April laer kan wees.

Indien produsente voorraad kon opberg en later geleidelik prys,

sou dit beter ondersteuning aan sonneblomsaadpryse kon bied.

Sojaboonpryse behoort volgens die vyfjaar-prysindeks vanaf

die prysvlakke in Desember geleidelik tot in Maartmaand te daal,

waarna pryse skerp tot in Mei sal daal tydens die lewering van

die sojaboonoes.

Die huidige prysvlakke vir sojabone is reeds vir Desember 2014

onder die gemiddelde prys vir die afgelope twaalf maande en in-

dien prysvooruitsigte op die vyfjaar-prysindeks gebaseer word,

kan verwag word dat sojaboonpryse tussen Desember- en Mei-

maand met 12% kan daal. Laer ruoliepryse en VSA-voorraadvlakke

weeg ook op pryse. Die prysing van ou seisoen sojabone gedurende

Desember en Januarie kan dus ‘n goeie oorweging wees.

Hoe vergelyk die pers van sonneblomsaad

met die pers van sojabone?

Grafiek 2

vergelyk die maandelikse pers van sonneblomsaad oor

‘n vyfjaar-periode met die pers van sojabone. Die perstempo van

sonneblomsaad en sojabone toon tussen maande ‘n negatiewe

korrelasie.

Gedurende sekere maande verhoog die perssyfer vir sonneblom-

saad relatief teenoor die perssyfer vir sojabone. Gedurende die

volgende maand verhoog die perssyfer vir sojabone weer relatief

teenoor die perssyfer vir sonneblomsaad.

Die blyk asof die perssyfers van sonneblomsaad en sojabone ge-

durende die 2013/2014-persindeks ook met die vyfjaar-gemiddel-

de persindeks grotendeels ooreenstem. Verwerkers mag dus

voorkeur gee om in sekere maande meer sonneblomsaad as soja-

bone te pers. Hoër persvolumes volg dalk nie noodwendig laer

grondstofpryse nie. Die deurlopende voorsiening van olie en olie-

koek aan afnemers speel ook ‘n belangrike rol.

Dit blyk asof verwerkers voorkeur daaraan gee om gedurende

September, Desember en Junie die pers van sonneblomsaad te

verhoog en gedurende Januarie, April, Mei en Julie die pers van

sojabone te verhoog. Let wel: Sojabone word teen bogemiddelde

vlakke vanaf April tot Oktober gepers (

Tabel 1

).

WESSEL LEMMER,

senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA

GRAANMARK

-oorsig

3 Desember 2014

OP PLAASVLAK

12

Januarie 2015