Ottosdal No-Till Klub neem die
voortou met bewaringsboerdery
in Noordwes
‘n
Aantal jare gelede het produsente in die Ottosdal- en
wyer omgewing besef dat hulle lank gevestigde graan-
produksiepraktyke van intense grondbewerking, nie vol-
houbaar is nie. Erosie, as gevolg van bewerking, het in
sommige seisoene onaanvaarbare grondverliese tot gevolg gehad.
Ongesiens het die kwaliteit van die grond weens dekades van
bewerking ook agteruitgegaan wat die produktiwiteit ondermyn
het. Aan die besigheidskant het die koste aan arbeid, trekkers,
implemente en brandstof ook ‘n al groter wordende hap uit die
winsgewendheid van graanproduksie gevat. ‘n Koersverandering
moes dus gemaak word, maar waarheen?
Die eenvoudigste manier om ‘n oplossing te soek, is om ander
produsente wat ook al deur dieselfde probleme gekonfronteer
is en aanpassings gemaak het, te raadpleeg. Só is besoeke aan
ondermeer KwaZulu-Natal en Suid-Amerika gebring waar suksesvol
na bewaringsboerdery omgeskakel is.
Die voordele van bewaringsboerdery is deeglik in lande soos
Brasilië, Argentinië, Amerika, Kanada en Australië bewys. Bewa-
ringsboerdery het gronderosie weer tot die natuurlike tempo laat
afneem. Terselfdertyd het produktiwiteit toegeneem weens die
herstel van die grond se kwaliteit, verminderde afloop, beter grond-
waterhouvermoë en die kosteverlaging van brandstof en mega-
nisasie. Bewaringsboerdery was duidelik die enigste oplossing vir
die plaaslike probleem van onvolhoubare graanproduksie.
Ten spyte van groot onsekerheid en risiko, veral as gevolg van
Ottosdal se lae en wisselvallige reënval, het enkele pionierprodu-
sente besluit om bewaringsboerdery ook plaaslik toe te pas. En toe
werk dit, maar nie sonder haakplekke en groot aanpassings nie. Só
is vinnig geleer dat onkruidbeheer besonder goeie bestuur vereis
en dat gewasse dikwels nie so goed lyk soos die omliggende plase
waar die grond steeds bewerk word nie. Om ‘n deklaag van oesres-
te op die grond te laat wat minstens 30% van die grond bedek, is oor
die algemeen ‘n groot uitdaging in die westelike saaigebiede en het
ook aanpassings gevra.
Wisselbou, wat ook ‘n vereiste van bewaringsboerdery is, het waar-
skynlik die kleinste aanpassing geverg aangesien dit lankal deel
van baie produsente se gewasverbouingstelsels is. Die grootste
aanpassing was waarskynlik om die kopskuif te maak dat bewa-
ringsboerdery ‘n broodnodige alternatief vir produsente in daardie
streek is en ook baie suksesvol in enige situasie toegepas kan word.
Die Ottosdal No-Till Klub se lede het die kopskuif volledig gemaak
en weet uit eie ondervinding dat bewaringsboerdery by hulle werk
en baie voordelig in hulle produksiestelsels gebruik kan word.
Inteendeel, die produsente betrokke in die proses is vas oortuig dat
bewaringsboerdery die enigste volhoubare gewasverbouingstelsel
in daardie geweste is.
‘n Verandering na bewaringsboerdery vereis ook veranderings aan
akkerboukundige praktyke binne die stelsel, waarvoor daar plaas-
lik geen riglyne bestaan nie. Argentynse kenners beveel byvoor-
beeld aan dat die plantestand van droëlandmielies na minstens
40 000/ha verhoog moet word, die rywydte na sowat 50 cm verklein
moet word en dat planters met kouters eerder as tande toegerus
moet word.
Die onbeantwoorde vraag is watter aanpassings onder plaaslike
toestande gemaak moet word en daarvoor is die beste benadering
om produsente betrokke te maak in ‘n op-plaas innoverings
(navorsings) proses waar bewaringsboerderypraktyke onder elke
produsent se unieke omstandighede aangepas moet word.
Navorsing
Met finansiële ondersteuning van die Mielietrust en koördinering
deur die Bewaringslandbou Boere-Innoveringsprogram van
Graan SA, is ‘n sogenaamde “innoveringsplatform” (navorsings-
proses en -projekspan) deur die Ottosdal No-Till Klub met die
vrywillige samewerking van ‘n aantal rolspelers, soos navorsers en
landboubesighede, gedurende die 2013/2014-seisoen begin.
‘n Aantal klublede neem deel aan die proefwerk op hul plase en
is nie net toeskouers nie, maar word as “navorsers” gebruik, met
ander woorde hulle plant proewe en samel resultate self in. Waar
nodig, word die produsente ondersteun deur navorsers en ander
kundiges wat deel is van die projekspan. Van die proewe wat spesiale
vereistes het, word deur ‘n spesifieke persoon met ‘n spesiale
planter uitgevoer. ‘n Vereiste wat gestel is, is dat die proefresultate
wetenskaplik beoordeel moet kan word.
Die navorsing fokus tans op ses akkerboukundige praktyke ten
einde riglyne vir bewaringsboerdery daar te stel. Eerstens word die
9
January 2015
OP PLAASVLAK
Bewaringsboerdery
Bewaringsboerdery / Volhoubaarheid / Noordwes Provinsie
ANDRÉ NEL,
LNR-Instituut vir Graangewasse en
HENDRIK SMITH,
bewaringslandboufasiliteerder, Graan SA
“
...produsente betrokke
in die proses is vas
oortuig dat bewarings-
boerdery die enigste
volhoubare gewasver-
bouingstelsel in daardie
geweste is.
“