Background Image
Previous Page  18 / 52 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 18 / 52 Next Page
Page Background

OP PLAASVLAK

Geïntegreerde plaagbeheer

– Deel 8

PJ PIETERSE,

Departement Agronomie, Universiteit van Stellenbosch

Kiesieblaar (

Small mallow

)

WINTERREËNVALSTREEK

Onkruide in die

Reeks

d

aar kom sewe

Malva

-spesies in Suid-Afrika voor, maar

kiesieblaar, wat oorspronklik van Europa is, is die enig-

ste spesie wat ‘n ekonomies belangrike onkruid is. Dit

kom wydverspreid in Suider-Afrika voor en word in

landerye, tuine en versteurde plekke aangetref.

Dit is waarskynlik deur vroeë setlaars ingevoer as medisinale plant

en word deur inheemse Suid-Afrikaanse bevolkings, skynbaar

sonder nadelige gevolge, ingeneem as ‘n teenvoeter vir lintwurms.

Dit is redelik smaaklik en word geredelik deur vee gevreet. Indien

vee egter te veel daarvan inkry, kan dit giftig wees, veral vir

skaaplammers, wat ook vergiftig kan word deur melk wanneer die

ooie baie kiesieblaar gevreet het. Wanneer henne van die plant

vreet, kan die eierwitte pienk word en die geel word bleek.

Kiesieblaar is ‘n matige mededinger en dit kan tot 30% verliese

in koring veroorsaak. Dit kan ook die werking van oeswerktuie

belemmer wanneer dit teenwoordig is met oestyd. Dit dien as

alternatiewe gasheer vir kromnekvirus, wat ‘n ernstige virussiekte

by aartappels, tamaties, tabak en ertjies kan veroorsaak. Daar is ook

gevind dat kiesieblaar ‘n beduidende negatiewe allelopatiese in-

vloed op garsplante gehad het.

Kiesieblaar is ‘n een- of tweejarige plant en kan plat of halfreg-

op groei en tot 1,5 m hoog word. Dit het ‘n sterk, diep penwortel-

stelsel en die stingels is rond tot hoekig met kort, stewige hare

en kan groen tot witterig van kleur wees. Die saadlobblare is

hartvormig. Die blare is enkelvoudig, afwisselend gerangskik en

rond tot waaiervormig met baie fyn haartjies aan beide kante. Dit

het getande rande en is tot 5 cm lank en 8 cm breed. Die stele is tot

12 cm lank en bedek met fyn haartjies.

Die blomme is wit tot ligpers, kom in die blaaroksels voor en is tot

15 mm in deursneë. Dit het vyf kroonblare wat op die punte inge-

snoer is. Die vrugte is afgeplatte, skyfvormige doosvrugte wat nege

tot elf eensadige hokke bevat. Die sade is donkerbruin en niervor-

mig en tot 1,5 mm lank. Dit is gerond aan die een kant en die

oppervlak is bedek met fyn, vratagtige strukture.

Voorkoms en verspreiding

Kiesieblaar kom wydverspreid in Suid-Afrika voor, maar is veral in

die Kaapse provinsies ‘n lastige onkruid, veral in boorde en winger-

de waar dit onder gunstige toestande ‘n groterige bos kan word.

Dit kan in byna enige grondtipe groei. Dit verkies ‘n habitat

wat hoë intensiteit lig ontvang en vermeerder met verhoogde

grondvrugbaarheid. In die Suid-Kaap groei kiesieblaar gewoonlik

baie welig in die omgewing van skaapkraaltjies in die hoeke van

kampe. Dit beskik oor ‘n lang penwortel wat dit in staat stel om lang

droogteperiodes te oorleef.

Kiesieblaar plant slegs met saad voort. Dit kan enige tyd van die

jaar ontkiem met ‘n hoogtepunt in die herfstyd in die winterreënval-

streek. Dit kan blom vir 46 tot 92 dae ná ontkieming, maar die saad

kan ná slegs 15 dae ná blom, ryp word.

Plante wat in die lente ontkiem, kan blom as dit slegs ‘n paar

sentimeter hoog is, maar kan dan oorleef om as tweejarige plante

meer saad te produseer. Tot 5 000 sade per plant kan geproduseer

word. Die saad kan deur water, voertuie en diere versprei word.

Sade beweeg onbeskadig deur die spysverteringskanaal van

monogastriese diere en soveel as 700 kiemkragtige sade per dag

is al deur ‘n perd uitgeskei. Waarnemings het getoon dat skape ook

‘n belangrike verspreider van die saad deur die spysverterings-

kanaal is.

Die sade is klein en ontkiem vlak. Alhoewel groot hoeveelhede

saad jaarliks geproduseer word, ontkiem relatief min daarvan

die volgende jaar omdat die sade redelik rustend is. Daar word

gespekuleer dat kiesieblaarsade vir langer as 100 jaar kiemkrag-

tig kan bly in die grond. Ontkieming van saad is redelik sensitief

vir soutstremming, is nie liggevoelig nie, maar word bevorder

deur skarifikasie. Ligte bewerking behoort dus saadontkieming te

stimuleer.

Beheer

Chemiese beheer

Die lys van onkruiddoders wat vir kiesieblaar geregistreer is wat in

die publikasie

A guide for the chemical control of weeds in South

Africa

genoem word, word in

Tabel 1

aangetoon. Daar is ook ‘n paar

onkruiddoders en toepassings bygevoeg wat geregistreer is nadat

die gids gepubliseer is asook sommige nie-selektiewe onkruiddo-

ders wat nie spesifiseer watter onkruidspesies beheer word nie,

maar wat wel effektief teen kiesieblaar is as daar nie weerstand is

nie. Kiesieblaar is van die breëblaaronkruide wat meer gehard is

en nie so geredelik met alle selektiewe breëblaaronkruiddoders

beheer word nie. Selfs glifosaat is nie altyd effektief om kiesieblaar

te beheer nie.

Sover bekend, is daar nog nie enige weerstand êrens in die wêreld

in kiesieblaar waargeneem nie. Dit is egter steeds belangrik dat

antiweerstandsmaatreëls toegepas word om te verhoed dat weer-

stand teen onkruiddoders ontwikkel.

Wetenskaplike naam:

Malva parviflora

Afrikaanse naam:

Kiesieblaar

Engelse naam:

Small mallow

16

Januarie 2015